Limpopo-plaasmoord: Eiendomsagent kom op lyk af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Eiendomsagent het Saterdagoggend op die liggaam van Bossie Badenhorst (64) afgekom op sy plaas Doelgerig naby Modimolle (Nylstroom) in Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die agent het kliënte na die plaas geneem aangesien dit te koop is. Badenhorst se liggaam is in die motorhuis gevind. Hy het ʼn wond aan sy agterkop gehad.

Volgens Otto het ʼn persoon wat op die plaas gewerk het intussen verdwyn. “Dit is nog nie bekend of enigiets gesteel is nie.” Badenhorst is vermoedelik al twee of drie dae terug vermoor. Hy het alleen gebly.

Polisiebeamptes is steeds op die toneel. Dit is nog nie duidelik hoe daar toegang tot die huis verkry is of hoeveel aanvallers daar was nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die moord kom net meer as twee weke nadat Jakes van Deventer (35) op ʼn plaas naby Bela-Bela (Warmbad) aangeval en vermoor is. Vier verdagtes het Van Deventer en sy verloofde, Monique de Souza (28), omstreeks 01:00 in hul huis oorval. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

J.Z ·

Ja oor plaas moorde,sal net ont kennins gemaak word maar,geen optreede nie,net dit is nie ons nie, dit is krimeneel moet nie na ons kyk nie.Die regering.

Moeggepraat ·

Ek hoop die arme mens het famielie wat omgee want 3 dae dood en niemand vermis jou nie klink vir my na ‘n bitter eensame einde.

John ·

En die losprys vir die suksesvolle arrestasie en vervolging van die moordenaars, is………??????

Delia ·

Ja John, vra ek ook!
As hy enige familie het, my diepste meegevoel.

wilma ·

Hoekom al di moorde dit geliefdes wat weerd aardig en koelbloedig dood ge.maak word dit baie seer om n ge liefde te verloor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.