Piet van Wyk (55) se liggaam is Vrydag gevind nadat hy op sy plaas in die California-gebied deur ‘n onbekende aantal verdagtes aangeval is.
Maroela Media het Saterdag berig dat Van Wyk verskeie kere met ‘n stomp voorwerp oor die kop geslaan is. “Hy het verskeie oop wonde aan sy kop gehad,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.
Coetzee het aan Maroela Media gesê haar pa het die mooiste inheemse houtmeubels gemaak. “Hy was bekend as ‘Piet Bos’. Hy kon vir weke aaneen in die bos in vaar op soek na die perfekte boomstomp. Ek sien gereeld van sy handewerk in kroeë, hotelle en huise in die area.”
Coetzee sê haar pa het sy hele lewe in die omgewing gebly. “Hy was lief daarvoor om stories en grappies te vertel – veral skurwes. Hy het my soms mal van bekkommernis gehad maar ek het altyd geglo niks of niemand sal hom ooit kan seermaak nie.”
Coetzee sê die aanval op haar pa was ‘n groot skok en dat hulle sukkel om dit te verwerk. “Hy het sy foute gehad en soms slegte besluite geneem maar hy het altyd probeer om op sy manier weer reg te maak…hy was net ‘n mens.”
‘n Gedenkdiens vir Van Wyk word op Vrydag, 15 Augustus 2014 om 11:00 by Letaba Eco Park gehou.
Lees ook:
Boer in Limpopo vermoor
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
So onnodig en so sinneloos. En nogsteeds is dit nie op die prioriteitslys van hierdie wettelose land nie. So word maar net nog ‘n syfer aangeteken……………..
Ai, seer is my hart nou…….Piet Bos, jy het die mooiste, sielvolste oë, dis so jammer dat jy ook een van die statistiek moes word. Rus sag. Sterkte aan almal wat moet agterbly, mag God julle is Sy arms toevou.
Dis die probleem Leeutjie. Hierdie idiote dink nie aan môre nie. Hulle glo mos hulle kan op water loop. Hulle dink hulle kan ‘n plaas kry en woeps alles gebeur net. Hulle het GEEN idee wat boerdery behels nie. Ek sê jou iewers moet die Here ingryp want alles het hand-uit geruk………………….
Ek kan nie glo so persoon kan in n bos loop en daar gebeur niks met hom nie maar hy word by sy huis vermoor is dit nie siek nie…………………………dink aan almal wat vandag hartseer is en ek glo dit sal so 99% van S.A. wees……………….. :-(
Ek wonder of hierdie berig WAAR is?