Limpopo-plaasmoord: “Hy was ‘n reus van ‘n man met die kleinste hart”

Piet van Wyk. Foto: Verskaf

Piet van Wyk. Foto: Verskaf

“Hy was ‘n reus van ‘n man met die kleinste hart.” Só beskryf Mariesa Van Wyk Coetzee haar pa wat die naweek op sy plaas in die Letsitele-gebied buite Tzaneen in Limpopo vermoor is.

Piet van Wyk (55) se liggaam is Vrydag gevind nadat hy op sy plaas in die California-gebied deur ‘n onbekende aantal verdagtes aangeval is.

Maroela Media het Saterdag berig dat Van Wyk verskeie kere met ‘n stomp voorwerp oor die kop geslaan is. “Hy het verskeie oop wonde aan sy kop gehad,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, vroeër gesê.

Coetzee het aan Maroela Media gesê haar pa het die mooiste inheemse houtmeubels gemaak. “Hy was bekend as ‘Piet Bos’. Hy kon vir weke aaneen in die bos in vaar op soek na die perfekte boomstomp. Ek sien gereeld van sy handewerk in kroeë, hotelle en huise in die area.”

Coetzee sê haar pa het sy hele lewe in die omgewing gebly. “Hy was lief daarvoor om stories en grappies te vertel – veral skurwes. Hy het my soms mal van bekkommernis gehad maar ek het altyd geglo niks of niemand sal hom ooit kan seermaak nie.”

Coetzee sê die aanval op haar pa was ‘n groot skok en dat hulle sukkel om dit te verwerk. “Hy het sy foute gehad en soms slegte besluite geneem maar hy het altyd probeer om op sy manier weer reg te maak…hy was net ‘n mens.”

‘n Gedenkdiens vir Van Wyk word op Vrydag, 15 Augustus 2014 om 11:00 by Letaba Eco Park gehou.

Lees ook:
Boer in Limpopo vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa ·

So onnodig en so sinneloos. En nogsteeds is dit nie op die prioriteitslys van hierdie wettelose land nie. So word maar net nog ‘n syfer aangeteken……………..

Leeutjie ·

Dit is so Theresa. Wat my bekommerd maak is dat as ons plaasboere so uitgemoor word en die plase word beset, wie gaan sorg vir mielies, groente, sitrus, sonneblom ens, om nie eers te praat van lewende hawe nie. Soos met die elektrisiteit gaan ons blankes en ander rasse wat werk vir ons geld gestraf word.

Tamz ·

Ai, seer is my hart nou…….Piet Bos, jy het die mooiste, sielvolste oë, dis so jammer dat jy ook een van die statistiek moes word. Rus sag. Sterkte aan almal wat moet agterbly, mag God julle is Sy arms toevou.

Johann Roux ·

Tamz, dankie dat jy die klein dingetjies, dog so groot raaksien en ons weereens bewus maak dat die weg na die siel deur die oë is.

Seënwense vir jou.

Johann.

Theresa ·

Dis die probleem Leeutjie. Hierdie idiote dink nie aan môre nie. Hulle glo mos hulle kan op water loop. Hulle dink hulle kan ‘n plaas kry en woeps alles gebeur net. Hulle het GEEN idee wat boerdery behels nie. Ek sê jou iewers moet die Here ingryp want alles het hand-uit geruk………………….

Belinda ·

Ek kan nie glo so persoon kan in n bos loop en daar gebeur niks met hom nie maar hy word by sy huis vermoor is dit nie siek nie…………………………dink aan almal wat vandag hartseer is en ek glo dit sal so 99% van S.A. wees……………….. :-(

Louise Smal ·

Dit is SO hartseer, sinneloos!Wens ekt hom geken met sy liefde vir hout en meubels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.