Limpopo-plaasmoord: Werker en nog twee vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vrou Maandagoggend deur haar huishulp onder ʼn matras in een van die slaapkamers in haar huis in Limpopo gevind is.

Maroela Media het vroeër berig Rina Langenhoven (67) is op die plaas Silver Mist in die Haenertsburg-gebied, naby Tzaneen, vermoor.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie verdagtes, onderskeidelik 32, 35 en 45 jaar oud, is Maandagaand in Mshongoville in hegtenis geneem. Volgens Otto het een van die verdagtes voorheen op die plaas gewerk.

“Goed wat tydens die voorval uit die huis gesteel is, insluitend ʼn skootrekenaar, radio, televisie en selfone, is in hul besit gevind tydens die inhegtenisneming.” Otto het gesê die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof.

Lt.genl. Dannie Masemola, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir die vinnige inhegtenisnemings.

Langenhoven se hande was agter haar rug vasgebind en haar mond met kleefband toegeplak. “Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van haar dood is nie. Daar was wonde aan haar liggaam, maar dit is nie duidelik of dit meswonde is en of dit deur ʼn ander wapen veroorsaak is nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sumari ·

Nog ‘n werker betrokke? Hemel die die mense sorg vir julle en gee uit die goedheid van hulle hart vir julle werk en dis wat julle doen. Ondankbare klomp is julle. Barbare. Ek sal eerder iewers gaan bly met ‘n klomp honde en katte as om tussen mense te bly wat vermoor. Wens ek’t geld gehad om my eie eiland te koop. Sal my naastes saamvat.

Hein ·

So kan dit nou nie meer aangaan nie!. ‘n Paar dinge moet nou gebeur:
0. Hierdie is al die boere se probeem en almal moet saamwerk.
1. Boere moet besef hulle is ‘n teiken.
2. Landbou unies moet sorg dat hul lede se veiligheid op datum is en dat daar genoegsame radio, sel kommunikasie is, en partroleer wees op plase. Indien die boer nie wil saamwerk nie verbeur hy sy lidmaatskap.
3. Ongelooflike druk moet op regering geplaas word om beskerming vir boere te gee deur organiseerde landbou. Optog met trekkers soos in die ou dae na Uniegeboue.
4. Die streep moet nou getrek word en almal moet vasstaan.

Vic ·

Waar’s al die geweeklaag nou van ” hulle vang net die skuldiges as dit een van hulle is wat vermoor is”?

Delia ·

Ag toe nou Vic, daar is altyd die uitsondering op die reel..

LOUIS ·

Die boere sal maar afskrifte van al die werkers se id moet maak ,adresse van hulle en familie kry en ook n navraag by sap oor die betrokke person of daar iets nie alreeds teen hom is nie amper soos n it check.

Ekke ·

Nee , hierdie is ‘n geval van die werkgewer sal nie rus voor geregtigheid geskied nie.

Lynette ·

Vic, ek kan jou gou antwoord. Hulle is by die Wereldhof aangegee oor hulle niks doen wanneer wittes vermoor word , dus moet hulle gou n paar vang sodat hulle ons verkeerd kan bewys. Intussen moet die saak nog voorkom en dis n ope vraag hoeveel op ou end gevonnis sal word.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek sal graag wil weet of hier weer Zimbabwiers betrokke was. Dit word ook vertrou dat Maroela nie hierdie keer my kommentaar gaan verwyder nie , sooswat hulle al telkemale in die verlede gedoen het.

Annie ·

Gerhard lyk my hulle is kop in een mus met ons regering, vee alles onder die mat in. So nou het die polisie die 3 gevang yippeeeee, so nou betaal on belasting betalers vir hulle slaap en kos. Hoekom hulle nie vat en doen wat hulle aan ‘n ou dame gedoen het nie, dan is daar nog 3 krimenele minder.

johan ·

MENSE, LEES DIE BOEKE ,GEKNELDE LAND EN VERSKROEIDE AARDE, DIT IS PRESIES WAT NOU AAN DIE GEBEUR IS. DIE IS GOEIE LEESSTOF GLO MY.

tamboti ·

Ja hulle is gevang, ons sal graag alle detail wil he, SAP en regering dit is nou tyd om die feite openbaar te maak. Elke verdagte se afkoms,geskiedenis, rekord en verwante sake.
HIER MOET NOU ‘N VOORBEELD GESTEL WORD VIR ANDER PLAASAANVALLERS.

talitha ·

Watse lafhartige barbare wat n arme weerlose ou vrou aanrand en vermoor! Ek sê steeds dat hulle die doodstraf moet kry.
Gelukkig slaap God nie en sal hy hulle wel straf, want hier kom hulle mos gou weer uit die tronk, net om weer moord te pleeg

Lorna ·

Wie het moordenaars gevang SAP of die gemeenskap Vra maar net

Henry ·

Bring die Komando terug. Die referring het die Komando one ontbind met die doel om ons boere weerloos te laat. Alles in die land van ons wat nou gebeur is eindelik n verdoeselde oorlog teen die witmens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.