Limpopo-polisie keer 46 aan oor openbare geweld

Argieffoto

Altesaam 46 persone, tussen 19 en 49 jaar oud, is in Limpopo in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings vandeesweek in die Lebowakgomo- en Modjadjiskloof-polisiëringsdistrikte.

Dit volg ná 40 persone, tussen 21 en 45 jaar oud, in Lebowakgomo buite Polokwane (Pietersburg) in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewelddadige betoging by die Olifantspoort-wateraanleg, het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Twee werknemers was op 25 April omstreeks 15:15 aan diens toe ʼn groep persone al singend by hulle opgedaag het. Hulle het die sleutels van die wateraanleg geëis. Die sleutels is met krag van een van die werknemers afgeneem. Die betogers het die waterverskaffingstelsel afgeskakel.”

Ngoepe het gesê die polisie het vinnig reageer en drie persone is aanvanklik in hegtenis geneem. Sewe-en-dertig persone is daarna ook in hegtenis geneem.

“Die polisie is op 28 April weer in kennis gestel van ʼn inbraak by die wateraanleg en hulle het vinnig reageer. Met hul aankoms het beamptes gesien kabels is gesny en rekenaars is gesteel.”

Ses persone, tussen 19 en 49 jaar oud, is intussen by Ga-Sekgopo langs die R81 tussen Polokwane en Mooketsi in Modjadjiskloof buite Tzaneen in hegtenis geneem. “Betogings het ʼn paar dae lank voortgeduur. Lede van die gemeenskap het aan ʼn gewelddadige betoging deelgeneem en die pad met klippe, rommel en buitebande, wat aan die brand gesteek is, versper. Die polisie het ingegryp en die persone in hegtenis geneem. Die pad is intussen skoongemaak.”

Die verdagtes sal binnekort in die twee onderskeie landdroshowe verskyn. “Die situasie in die twee gebiede het intussen gestabiliseer, maar lede van die polisie se eenheid vir openbare orde monitor steeds die gebied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter du plessis ·

Die naam moet verander na openbare moniterings eenheid,en ek betwyfel die getalle seker net 4 ou mense gearesteer.

Boerin ·

Ek wonder wat nou vd gearressteerde oproeriges word? Ek het seker die berigte gemis waar daar tronkstraf gegee was…ek sien net orals tot in Brits word mense in hegtenis geneem…vir Wat? Om netnou weer los te loop en lekker te lag omdat almal se hande afgekap is , more kom toi toi die kaders by die hof en bring als tot stilstand ! Eintlik kan mens net lag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.