Limpopo-polisie onderskep voertuigdiefstalsindikaat

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Die polisie in Limpopo het ʼn deurbraak gemaak om ʼn voertuigdiefstalsindikaat te stuit.

Polisiebeamptes in die Thohoyandou-gebied het ʼn man in hegtenis geneem en beslag gelê op agt gesteelde vragmotors, wat vermoedelik uit die land gesmokkel sal word.

Beamptes het ondersoek ingestel ná ʼn wenk van die gemeenskap oor ʼn sindikaat wat uit verskeie provinsies bedryf word, het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.

“ʼn 37-jarige man is by Mashau Thenga in hegtenis geneem in verband met die besit van gesteelde voertuie,” het Ngoepe verduidelik. “Tydens sy inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op vyf wipbakvragmotors en drie watertenkers.”

Die vragmotors is na beraming ongeveer R24 miljoen werd en ʼn voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat dit in ander provinsies gesteel is en na bewering uit die land gesmokkel sou word. “Die oorsprong van die vragmotors moet nog bepaal word en die ondersoek duur voort.”

Die verdagte sal binnekort in die Levubu-landdroshof verskyn en nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oom Kalahari ·

Dankie aan die Polisie in daai gebied vir hul flinke optrede en hoop hul trek al hierdie skelm diewe en smokelaars vas wat die land so geld kos en ruineer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.