Limpopo-polisie vernietig daggaplantasie

Foto: SAPD/Verskaf

Foto: SAPD/Verskaf

Die polisie in Limpopo het Vrydag dagga met ʼn straatwaarde van nagenoeg R5 miljoen vernietig in Louis Trichardt.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het polisiebeamptes Vrydag op ʼn daggaplantasie met 840 daggabome afgekom. Mulaudzi het gesê die plantasie was op munisipale gronde.

Die plantasie is aan die brand gesteek. Mulaudzi het gesê die eienaar van die plaas was nie tuis nie. “Ons kon hom nie vind nie maar ons het op gesteelde goedere afgekom en dit na die plaaslike polisiestasie geneem.”

Die polisie het ook talle honde van die plaas verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

franklin ·

Waarom nie die plante bymekaar maak verwerk die blare tap die olie af + gebruik as dagga nol vir vloeistof vir motors.

lillian ·

En toe is almal seker op ‘n lekker “high”!!! LOL!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.