Limpopo-reeksmoordenaar gevonnis

Godfrey Ntsieni (Foto: African Times)

Godfrey Ntsieni (Foto: African Times)

ʼn Voormalige student aan die Universiteit van Venda is Vrydag gevonnis op vyf aanklagte van moord en 4 aanklagte van verkragting.

“Godfrey Ntsieni (26) is in die Thohoyandou-hooggeregshof nege lewenslange vonnisse opgelê,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagte van diefstal.”

Die misdade is tussen April en Julie 2014 gepleeg.

Dié voormalige BSc-student het vroeër erken hy het twee vroue op die kampus van die Universiteit van Venda vermoor en twee vroue by Golgotha- informele nedersetting.

Hy het vantevore in die hof aangevoer hy het moontlik in sy slaap geloop toe die misdade gepleeg is, en hy was seker iemand het hom by ʼn “donker kultus ingelyf” en sy gedrag was “buite sy beheer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gesiggie ·

Jy het in jou slaap geloop… toe jy die misdade gedoen het, genade dit is erg… as jy slaap dan slaap jy…. of het jy dalk gedroom”? en toe doen jy dit regtig… ag nee wat jou sop storie gaan nie werk… bly maar eerder agter tralies, en as jy dan besluit om dan weer in jou slaap te loop, sal die tronk tralies jou keer om nie verder te gaan….

Frederiks ·

Die vonnisse sal seker samelopend uitgedien word met die 15 jaar vir twee aanklagte van diefstal.

GES ·

Hulle het die vermoë om die ongelooflikste verskonings uit te dink en verwag dat mense dit moet glo. Dit is snaaks hy het nie Jan v Riebeeck ook by misdaad probeer betrek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.