Limpopo-sakeman in hof ná moord

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez en Fatima Patel. Foto: Facebook

Rameez Patel, die sakeman wat aangekla word van die moord op sy vrou en voorverlede week weer in hegtenis geneem is in verband met ʼn ander moord, het Woensdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Landdros Ndivhuwo Munyai het in die hof klem gelê op die staat se versuim om Patel weer in hegtenis te neem nadat hy glo sy borgvoorwaardes verbreek het. Munyai het bevraagteken hoekom die polisie en staat nie opgetree het nie nadat hulle ingelig is dat Patel glo op 17 Julie sy borgvoorwaardes verbreek het.

Volgens lt.kol. William Ramogobedi, die ondersoekbeampte, het Patel in Julie na Thoyoandou gereis sonder die nodige toestemming.

Patel, wat op borgtog van R250 000 vrygelaat is, is verlede maand weer in hegtenis geneem in verband met die moord op Tony Adams in 2013. Patel was Woensdag in die hof om in dié saak om borgtog aansoek te doen. Die staat het aangevoer dat Patel nie weer op borgtog vrygelaat moet word nie aangesien hy sy vorige borgvoorwaardes verbreek het.

Munyai het die saak tot Donderdag uitgestel wanneer hy na verwagting uitspraak sal lewer in die borgtogaansoek.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Rameez Patel op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martin ·

Maar hy kan mos maklik loskom. Sakeman en die rêgte identiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.