Limpopo-skole nog sonder handboeke

Argieffoto

Argieffoto

Sommige skole in Limpopo het nog steeds nie hul handboeke vir die 2014 akademiese jaar ontvang nie, het Rapport Sondag berig.

“Die departement van onderwys maak ʼn groot bohaai op die radio om te sê dat die boeke afgelewer is, maar dit is nie so nie en dit is ʼn probleem,” het Sipho Mothobuka, die hoof van Laerskool Moloketla, aan die koerant gesê. Laerskool Moloketla is een van die skole wat nog nie hul handboeke ontvang het nie.

Daniel Ramatladi, ʼn wiskunde-onderwyser by die skool, het gesê onderwysers moet soms die hele handboek op die swartbord uitskryf.

Verslaggewers het agt skole in die Capricorn- en Mopani-distrik in Limpopo besoek om te bepaal of handboeke afgelewer is. Die mediaspan, van Rapport se susterskoerant, City Press, het bevind dat daar ernstige handboektekorte regoor grade en vakke bestaan. Dit is egter nie so erg soos die situasie in 2012 nie. Die skole wat nog vir die handboeke wag is Laerskool Moleketla, Laerskool Khethapoye, Laerskool Thaphane, Modumela Sekondêre Skool, Kabelo Sekondêre Skool en Moremotse Sekondêre Skool.

Elijah Mhlanga, woordvoerder vir die departement, het gesê die tekorte kan moontlik toegeskryf word aan die migrasie van leerlinge tussen provinsies aan die begin van die jaar. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Moenie bekommerd raak oor die onafgelewerde boeke dit moet nog uit die aparteids jare kom hulle vervoer het gebreek wag vir herstel werk sal seker nog so 20jaar vat kry vir julle

Linda ·

Ek is net hartseer dat die kinders altyd daaronder moet lei.My verstand kan dit nie inneem dat in ons moderne samelewing ń onderwyser ń handboek moet uitskryf op die swartbord nie! Het slim fone ontvangs daarso? Tegnologie moet gebruik word dan hoef daar nooit weer handboeke afgelewer te word nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.