Limpopo-skool aan die brand gesteek

Foto: SAPD, Limpopo

ʼn Brand is Vrydagoggend gestig in die administrasiegebou van Shondoni Secondary School in Vuwani buite Thohoyandou in Limpopo.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die brand is omstreeks 05:16 gesig. “Die polisie is na die toneel ontbied. Die skoolhoof is eerste in kennis gestel van die brand by die skool. Met die beamptes se aankoms by die toneel is die gebou reeds afgebrand.”

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes by die veiligheidshek van die gebou ingebreek en toe die brand gestig het. Die volgende eiendom is in die brand verwoes:
– vier rekenaars
– drukkers
– ʼn kluis
– staalkabinet
– alle slotte is ook beskadig.

“Die waarde van die eiendom wat beskadig is, insluitend die gebou, is ongeveer R1,2 miljoen. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.”

Mojapelo het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Catherine ·

Brand maar af. Belastingbetallers sal mos weer een bou….Ja nee….

Boerseun ·

As jy daarvoor gewerk het nie sal jy nie daarvoor omgee nie.

Nita ·

Mnr. Lesufi haas jouself na die Afrikaanse skool en druk die leerders daar in sodat daar 70 tot 80 kinders in n klas sit en geen effektiewe onderwys kan plaasvind nie. Wanneer en waar was n ruk gelede wie weet hoeveel skole afgebrand?? Die kinders wil nie skoolgaan nie want om te slaag moet jy baie hard werk en dis te veel moeite.

Anna ·

Hulle wil hê daar moet nog skole gebou word….seker om dit ook af te brand!!…kinders ly daaronder…dan tjank die.ouers en party medias hul kinders het nie plek in skole nie ugh.ugh ugh.ugh

Heila Fourie ·

Ja blanke skole word oorweldig met engelsprekende kinders maar hul brand al hul eie skole af. waarom word die onreg nie aangespreek nie
Heila

Akademi Buktu ·

Limpopo is mos Malema se wêreld – hoekom was hy en sy EFF nog nie daar nie?

Pieter ·

Ek hou so baie van Presedent Trump ek gaan n vsa vlag voor my huis sit die man het die vermoë om die feite te spreek soos dit is en doen wat gedoen moet word om die vsa n beter plek vir sy mense te maak.

Marianne ·

“Ons” wil alles verniet hê, ons kry dit en vernietig dit wantbons wil beter hê…. wat moet mens doen on die meerderheid tevrede te stel?

Elsa ·

Dis tyd dat die mense opgevoed word en besef dat hul hul eie toekoms verbrand, ophou verwoes en saamwerk om ‘n beter toekoms vir hulself te verseker. Waar die die regering om by elke skool dan wagte te plaas anders gaan dit nie ophou nie…die wat aanhits moet opdok, sinnelose dade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.