Limpopo-skool loop deur onder diefstal

Argieffoto (Foto: Unsplash/Pixabay)

Die polisie is op die spoor van ʼn onbekende aantal inbrekers wat Saterdag glo by ʼn skool by die Mbekwana-nedersetting digby Tzaneen in Limpopo ingebreek het en sokkertoerusting ter waarde van R6 000 gesteel het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die inbrekers het die slotte en kettings van die stoorkamer se deur gebreek om toegang te verkry.

Die inbrekers het seunsokkerklere in donker- en poeierblou , dertien paar sokkerstewels en twee sokkerballe gebuit.

Volgens Mojapelo is altesaam dertien verdagtes onlangs in die omgewing van Tzaneen in hegtenis geneem in verband met inbrake by huise en skole.

Die inbrekers wat by die skool in die Mbekwana-nedersetting ingebreek het, is egter steeds op vrye voet.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van dié verdagtes om kol. Cecil Machimani by 082 451 7181 te kontak of die Misdaadstopnommer by 08600 10111 te skakel.

Die voorval het plaasgevind net voor die beweerde diefstal van kospakkies uit ʼn stoor by die Smart Angels-kleuterskool in Greenfields Wyk 8 in Ekurhuleni in Gauteng. Maroela Media het berig dié kospakkies sou die volgende dag onder behoeftiges in die wyk versprei word.

Twee weke gelede het sowat 400 skole landswyd reeds onder vandalisme en diefstal deurgeloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Strandloper

Mooi ANC jul vogelinge doen jul naam gestand