Limpopo-studente loop glo uit oor ‘moeilike vraestel’

ul-onderwysstudente-biokot-eksamen

‘n Skermskoot uit die video. Foto: @BornToLeadSA/Twitter.com

Sosialemediagebruikers in die onderwys- en universiteitsektor is behoorlik aan die gons oor ʼn video van onderwysstudente wat glo geweier het om ʼn eksamenvraestel te skryf wat hulle onder meer as “te moeilik” beskryf het.

In ʼn video, wat Dinsdagaand op Twitter gelaai is, kan gesien word hoe sommige derdejaarstudente wat onderwys aan die Universiteit van Limpopo (UL) studeer, sê die vraestel vir opvoedkundige filosofie is te moeilik terwyl ander studente hulle vraestelle in die lug gooi.

In ʼn skermskoot uit die video is daar ook ʼn dansende student met ʼn blou rok aan wat lyk of sy kripnotas uit haar bra haal terwyl ander studente protesterend die eksamenlokaal verlaat.

Johannes Selepe, woordvoerder van die universiteit in Polokwane, het die voorval bevestig en gesê UL is besig met ʼn ondersoek om vas te stel wat presies gebeur het. Die ondersoek sal ook bepaal hoe die situasie en studente verder hanteer sal word.

Van die studente het intussen op sosiale media beweer die betrokke vraestel het nie by die kursusmodule gepas waarvoor hulle voorberei het nie. Volgens ʼn student met die Twitter-naam @ShutlowGriffey moes die studente ʼn vraestel skryf vir ontwikkelingstudies in opvoedkunde (HEDA032) en nie ʼn vraestel oor opvoedkundige filosofie nie. Boonop was die datum op die vraestel 20 Februarie 2018 en nie Dinsdag se datum nie.

Ander studente het glo beweer die dosent verstaan self nie die vak nie en het hulle nie goed genoeg voorberei vir die eksamen nie. Nog ʼn student het beweer haar klas kom sedert die begin van die semester nie met die betrokke dosent oor die weg nie en het klagtes ingedien oor sy metode van klasgee, maar niemand het hulle aan die klagtes gesteur nie.

Die studente beweer nou die dosent het gesê “die oordeelsdag het aangebreek” voor hulle die vraestel begin skryf het.

Selepe het gesê die betrokke dosent van die vak sal nie met die media kan praat alvorens die universiteit se ondersoek afgehandel word nie. Volgens hom het sake Donderdagoggend weer normaalweg by die universiteit verloop ná Dinsdagaand se voorval.

Lunga Ngqengelele, woordvoerder van die departement van hoër onderwys, het gesê hulle veroordeel die studente se optrede. Ngqengelele het ook gesê die universiteit moet sy reëls gebruik om teen diegene wat in dié geval fouteer het, op te tree.

Die UL se klasse is ook vroeër in Augustus opgeskort nadat studente se protesaksies by dié universiteit oor onder meer die nasionale finansiële hulpskema (NSFAS) se stadige uitbetalings van toelaes en beurse hand uitgeruk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

koos1 ·

Is dit die eerste direkte gevolg van gratis onderwys of is student te veel op politiek en te min op studies gefokus, of beide?

Friesperd ·

Genade! En hulle gaan op kinders losgelaat word om hulle te leer?

Nadia ·

MmMmMmM……. Dalk minder aandag gee oor hoe die Dosent klas gee en eerder oplet in die klas!

Wat te Joos????? ·

En hulle moet ons kids leer?????????
Nee kyk,,,,,,, wat het van SA geword???

kobus ·

Dis nou almal se skuld behalwe hulle eie skuld.nou vra ons hoekom is die staat skole so groot probleem.dis hoekom.en dis hoekom die ANC nou die wit skole wil vat.

PLP ·

My dogter is in haar finale jaar onderwys. Die vraestel is gewoonlik 2 uur lank of nog langer. Sy maak die vraestel soms in n halfuur klaar. dan moet sy nog wag dat n halfuur moet omgaan voordat sy mag loop. En sy kry omtrent vir al haar vakke n onderskeiding. Sy se party werk het sy al in standerd 6 geleer. Wys jou net ne. Die arme kinders van more. Ek dink party standerd sessies gaan hulle onderwysers onderrig

Johannes van Rooyen ·

Dis hkm almal onnosel bly ons moes maar suffer dis hkm SA se opleiding so goed was en nou niks beteken nie

IK ·

Dit wat my skuilnaam is word nie meer op skool gedoen. Die vrugte word nou gepluk. Tik ‘IQ’ in op internet (Google) en gaan kyk self. Gelyke regte=gelyke kwalifikasies.

Buffel ·

Wat het Forrest Gump se ma altyd gese: ” Stupid is as stupid does”. Goeie fliek by the way.

DES ·

En dis nou net hulle wat eendag top posisies kry bo ander wat WIL leer

Marius ·

In 2004 tydens my studies skryf ons die eerste vraestel in Finansiele Bestuur. Ons is slegs sowat 15 blankes uit 120 studente. Amper 80% van hulle druip die vraestel en is baie ongelukkig. Hulle moes die daarop volgende vraestelle makliker maak sodat hulle Kon deurkom. Baie van hulle is seker vandag in hoe poste.

Alida ·

Wat het die dept gedink. As jy verniet kos en slaapplek kry hoef jy mos nie te leer nie. Jaag hulle weg hulle mors almal se tyd en geld

Kommer ·

So hierdie is die land se toekomstige onderwysers wat vir ons kinders gaan skoolgee…

Druipelinge ·

Dit kom nou daarvan as kinders jaar na jaar deurgesit word as hulle moes gedruip het.Nou pluk hulle daardie vrot vrugte.

Shame ·

Baie oulik, daar kom die hordes selfone uit die sakke. En daar dog ek toe al die tyd dat selfone nie by die studente mag wees terwyl hulle eksamen skryf nie. Lekker “mobile crib notes”. Van die soort wat jy nie eens in jou bra hoef te pak nie.

pinkie ·

As ek so iets gedoen het in my dae as student 25 jaar gelede, sou ek geskors gewees het. Maar ek moes vir my studies betaal met ‘n studielening, so ek het my maar gedra en by die reëls gehou. Totale anargie. Sit hulle maar net deur.

madels ·

Nou wat het hulle verwag? Dat die antwoorde op hul tafels geplak sou wees sodat hul mooi alles kan afskryf? Ongelukkig word hul deurgesit al druip hulle en nou skielik omdat hul nooit geleer het nie, is die eksamen nou te moeilik.. siestog!

Cornette ·

Mmmmm dalk moes hulle geleer en nogmaals geleer het soos ons altyd gedoen het om te kon slaag!!
MAAR nee wat,hoekom sal enigeen van hulle omgee oor so iets?? Alles word mos met ñ goue telepeltjie vir hulle ingegee. Boonop is die slaagsyfers ook hoeka al so verlaag teen dit wat ons moes bereik in die jare toet – what the hell!!!!
Waar gaan dit eindig as kinders se leerders SO optree???
Totally chaos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.