Limpopo-studente maak amok

Skade aan 'n restaurant op die kampus. Foto: Twitter

Skade aan ‘n restaurant op die kampus. Foto: Twitter

Studente aan die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus het Maandagaand op ʼn verwoestingstog gegaan oor studieskuld.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die studente het buitebande oor die hele kampus aan die brand gesteek, asook by verskeie winkels ingebreek en dit geplunder. ʼn Sekuriteitsvoertuig is ook onder meer aan die brand gesteek.

“Die studente dring daarop aan dat alle uitstaande skuld afgeskryf moet word,” het Otto gesê.

Altesaam 13 studente is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld en die besit van beweerde gesteelde goedere. Hulle moet binnekort in die hof verskyn. Meer inhegtenisnemings word verwag.

Otto het gesê teen Dinsdagoggend was die situasie op die kampus kalm, maar die polisie se eenheid vir open­bare orde is op die toneel om dit te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

irene ·

Ons is nou moeg vir hierdie soort van nuus oor studente. Die regering doen niks dit is hul skuld . Hulle behoort geskors te word daar gaan nie eens werk vir hulle wees nie

Susan ·

Ek sien my komentaar word ook verwyder. Maar die waarheid is die waarheid.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Martin ·

Kyk Zuma en sy trawante het nou ‘n probleem. Hy het hulle toegelaat om die keer te wen, kyk waar sit hy nou. Waar gaan alles eindig, en waar gaan al die geld vandaan kom. Van wanneer af het ‘n student die rêg om aan ‘n unie te behoord en te staak. In my dae het jy betaal, geleer en jou bek gehou.

Shirley ·

Ja, ek stem saam. Maak al die Universiteite toe hulle is in elk geval bankrot. Ons blankes swot almal alreeds lang afstand want daar is nie plek vir ons op Universiteit nie. En ons betaal vir ons studies niemand subsideer ons nie.

zelda ·

As ek die universiteid was sou ek nou regtig die gelde nou hier maak. Sodat die skade kan herstel word. Hoe verwag hulle dat die skade herstel moet word as hulle minder gelde wil betaal.

anet ·

Ek kan nie verstaan dat alles gebreek, afgebrand en stukkend gegooi moet word nie. Die studente het vir die ANC gestem. Die studente moet hulle aanvalle teen die regering loods, en nie teen onskuldige mense nie, en ook nie eiendom so verniel nie. Hulle beskadig hulle eie toekoms, verstaan hulle dit dan nie?.

marianne ·

Gee en gee en gee… ons referring het dit belowe in ruil vir stemme. Kyk waar staan hulle nou. Die studente is stupid. Met al die ophoopende reperasie koste wat hulle veroorsaak kon die fondse – wat reeds nie bestaan nie – as borgskappe ingespan word. MY KIND IS 6 EK LAAT HOM BY DIE HUIS LEER HY KRY MINDER IN SY KOP MAAR HY IS VEILIG EN NIE ONDER VERKEERDE INVLOED NIE

Hettie ·

O nee, studente kan nie so genoem het om skuld af te skryf, nie!!!! Dis hul skuld om skuld te maak want hulle wil nie betaal nie en wil hê verniet! So sal erg optog en optog tot hulle wen ag nee!!!!!!!!

JWK ·

Daar is dit nou!! Volgende gaan seker groepwerk wees om grade/diplomas te kry en dan sal hulle aandring op betaling terwyl hulle swot. Soos my oorlede vader altyd gesê het “Let things develop”

122celeste ·

Dit was eers die standbeelde, toe die taalkwessie, toe die verhoging van studie geld, nou wil hulle niks betaal nie, nou breek hulle alles af, volgende is die meeste van die student gaan druip, dan kom daar weer n staking omdat hulle druip. Dit hou net nie op nie, daar is geen orde nie en die mense wat die besluite moet maak gee in. Wat volgende gaan gebeur is dat ons universiteite gaan raak soos ons staats hospitale. Dit val uitmekaar uit en almal wat op die oomblik ons kinders leer gaan oorsee sit. Vrek die land raak al hoe meer pateties!!!!!

Moeks ·

Soos dit in engels gese word “Big brawl for all” in hierdie geval free for all. Terwyl hulle besig is, kan my skuld nie ook maar afgeskryf word nie? Die enigste persone wat nog nie staak nie is die belastingbetalers.

Ouman ·

Baie werkgewers het hopelik al die lig gesien – as ‘n aansoeker by die betrokke instelling gestudeer het is dit goeie beleid om eerder ‘n student van ‘n ander universiteit aan te stel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.