Limpopo-tiener het glo sy pa vermoor

(Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Die polisie in Sekgosese (voorheen Soekmekaar) in Limpopo is op soek na ʼn 17-jarige tiener wat daarvan beskuldig word dat hy sy 47-jarige pa vermoor en sy liggaam daarna aan die brand gesteek het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn familielid het Donderdag omstreeks 12:30 op die toneel afgekom. Mpho Robert Mohale se liggaam was in vlamme gehul en hy was bedek met ʼn stuk golfysterplaat.

“Die polisie en paramedici is dadelik ontbied. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat bure gesien het hoe die oorledene se seun iets aan die brand steek. Hy het intussen spoorloos verdwyn en is nog nie weer gesien nie,” het Mojapelo bygevoeg.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgesluit word nie.”

Enigiemand met inligting kan ao Eric Mashego kontak by 082 468 8684.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.