Limpopo-toetssentrum gesluit

Argieffoto

Ses persone, insluitend drie rybewys-eksaminatore, is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en ʼn toetssentrum is Dinsdag in Limpopo gesluit.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), het gesê die ses persone is in hegtenis geneem ná ʼn 18 maande lange ondersoek deur die nasionale teenkorrupsie-eenheid en die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in die Nkowankowa- informele nedersetting buite Tzaneen.

“Geheime beamptes, wat onder Operasie Kode 14 werksaam was, het die beamptes uitgeken wat betrokke was in korrupsie-bedrywighede by die lisensiëringskantoor. Die ondersoek het tot die inhegtenisneming gelei van drie rybewys-eksaminatore en drie burgerlike fasiliteerders.”

Die beamptes, onderskeidelik 46, 49 en 55 jaar oud, sal vandeesweek in die Ritavi-landdroshof verskyn en die fasiliteerders, tussen 37 en 57 jaar oud, sal by hulle aansluit. Die siviele fasiliteerders het na bewering as middelmanne opgetree en die omkoopbetalings hanteer tussen die aansoekers vir rybewyse en die eksaminatore.

Zwane het gesê die toetssentrum is gesluit ná die eksaminatore in hegtenis geneem is. Twee eksaminatore is nog soek.

Hy het gesê daar was korrupsie en omkopery betrokke by die uitreiking van rybewyse. Hy het gesê dit lei tot die land se hoë ongelukskoers. “Motorbestuurders wat nie behoorlik opgelei is nie, maak foute wat voorkom kon word en veroorsaak onnodige ongelukke wat tot beserings en sterftes lei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Skokkend maar nogtans nie vreemd. Ek het ‘n voertuig gekoop sonder ‘n registrasie dokument met die ooreenkoms dat die vorige eienaar my daarmee sou help. Na ‘n se gesukkel met die lisensie kantore het ek die voertuig verkoop. Nog voordat die koper die voertuig kom haal het is hy deur die toets en op sy naam. Dit binne een dag en hy slaag COR terwyl die voertuig in my erf staan. Koste, R700

Johan. H. ·

Tronk to met die lot,, Moontlik sal dit dan vir ander n voorbeeld wees,,,

Pippy Langkous ·

Ek weet die hele land het korrupsie, maar Limpopo is elke dag in die nuus. Vrot!!!

Verduidelik baie.... ·

… talle motoriste HOORT NET EENVOUDIG NIE op die paaie nie!
Hierdie mense moet sommer aangekla word vir people endangerment…of so iets.
Hulle sit “dood” op die paaie!

Vermeende ·

My ervaring is, wanneer n blanke persoon getoet word dan word hulle op die ergste moontlike manier denkbaar getoets, dink self, wanneer laas het jy gehoor van n blanke wat met die eerste toets slaag, baie, baie lank laas.
Jy moet eers by n ryskool wees wat op sy beurt weer n verwant van die een of ander beampte is.
My seun ry al bakkie, trokke en trekkers van hy 6jaar oud is maar met elke toets kom hy nie eers by die toetsstasie uit nie, nou wil ek weet, hoe is dit moontlik, hoe kan hy n trok met n waa terug stoot sonder n vout by die silo maar kan sy bakkie nie parkeer nie. Is dit nou regtig so verkeerd om eerder n lisensie te koop.
Jy het n keuse van twee, betaal vir 20 afsprake om lisensie te kry of betaal minder op die swartmark.
Rassisme teen blankes skep hierdie korupsie.
My seun ry nou maar net met sy leerling lisensie.

Speedguard ·

@Vermeende………… die probleem is juis dat kinders leer om te bestuur maar nie op die K53 metode nie, dit is waar hulle ,hul punte verloor , ek stel voor ,kry die boek en leer jou seun die metodes en die volgordes hoe dit uitgevoer moet word, ek stem saam dat bestuurskole voorkeur kry want dit is waar hulle “inkomste” le, om hul statestiek te balanseer druip hul die kinders of aansoekers wat nie streng by die reels hou nie, ek glo daar is ‘n form van rassisme maar die groot oorsaak is geld, neem jou seun na ‘n alternatiewe toets sentrum , hy kan enige plek gaan , volpunte dat jy nie sy lisensie koop nie, ek weet van baie ouers wat vandag by hul kinders se grafte staan wat die roete gevolg het en hul self verwyt omrede hul die roete gevolg het. Sterkte en hoop ek werklik julle kom reg met iemand wat eerlik werk !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.