Lions vs. Cheetahs-wedstryd gekanselleer

Saterdag se geskeduleerde Superrugby Unlocked-kragmeting tussen die Lions en die Cheetahs is gekanselleer.

Die twee spanne sou om 16:30 op Ellispark in Johannesburg kragte gemeet het. Die wedstryd is egter gekanselleer “ooreenkomstig Covid-19-protokolle”.

Volgens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) is die besluit geneem as deel van die voorgeskrewe voorsorgmaatreëls van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) om die risiko van verdere infeksie in die rugbygemeenskap te beperk.

Dit kom ook nadat die uitslae ontvang is van ʼn tweede reeks toetse op personeel van die Emirates Lions se senior span en afrigtingspersoneel, wat twee verdere positiewe gevalle aan die lig gebring het. Die toetse is gedoen nadat daar vroeër die week vier positiewe gevalle geïdentifiseer is.

Die spelers wat positief getoets het, het diegene met wie hulle noue kontak gehad het geïdentifiseer en isoleer hulself tans ingevolge die departement van gesondheid se riglyne. Die spelers is gesond en word deur die spandokter gemonitor, het Saru gesê.

Indien die wedstryd nie herskeduleer kan word nie, sal albei spanne twee punte ontvang.

“Om die verspreiding van die siekte te beperk is van nasionale noodsaak en hierdie eerste impak op die rugbyskedule is ʼn sterk herinnering aan hoe waaksaam ons gemeenskap moet wees en hoe streng ons moet wees om die reëls na te kom,” het Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, gesê.

“Veiligheid kom eerste en hoewel dit vir alle betrokkenes uiters teleurstellend is, is dit ʼn opskerping vir ons spanne en spelers oor die rol wat hul optrede sal speel om die kans op meer kansellasies te vermy.”

Die wedstryd tussen die Vodacom Bulls en die Cell C Sharks word nie geraak nie en word steeds om 19:00 op Loftus Versfeld gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael

Maar die spelers en personeel wat TB het en Vigs het wat hoogs aansteeklik is mag maar speel en werk. Hoe lank gaan die magspel van regerings nog voortduur en wanneer gaan mense begin weerstand bied teen die bedrog

Willem

Miskien moet hulle eers gaan leer hoe om ordentlik te toets want met hulle toets als positief. Het absoluut geen vertroue in die akkuraatheid van hulle toetse nie.

Dries

No problem. Het reeds al n wrang smaak in my mond oor rugby kwotas en black lives matter. Glad nie meer entoesiasties oor die sport nie

Dries

Gebruik my rugby kaartie geld liewer as skenking vir die boere wat swaarkry

Bittergal

Wie gee om. Stel glad nie belang in die Anc kwotasport nie.