Lise Brink: ‘Ons sal moet sien wat God hiermee gaan doen’

Danie Brink en sy vrou Lise.

Danie Brink en sy vrou Lise.

Lise Brink toon daagliks groot vordering en het begin praat.

Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand en Lise se man, het die personeel van die Unitas-hospitaal bedank vir hul ondersteuning.

“Lise fluister al sterker en praat meer samehangend. Soveel so dat ek vanoggend gewonder het of ek met haar moet gesels oor André en Rachel. Baie dankie vir elkeen se gebede vir Lise oor hierdie moeilike saak. Dankie aan die bekwame personeel van Unitas wat wonderlike leiding hiermee gee. Dankie aan suster Esmé – ek dink jou oordeel om nié die nuus vandag te breek nie, was in die kol.”

Volgens Brink is God se groot genade in Lise se lewe duidelik sigbaar. “Toe ek haar vandag herinner aan die amputasie, was haar woorde: ‘Ons gaan moet sien wat God hiermee gaan doen’.”

Maroela Media het vroeër berig Danie, Lise en hul vyf kinders was verlede jaar op 16 Desember in ʼn ernstige motorongeluk betrokke. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood terwyl Lise kritieke beserings opgedoen het.

ʼn Gedenkdiens vir André en Rachel word op 22 Januarie gehou. Die diens sal om 14:30 in die ouditorium van die Hatfield Christian Church (HCC) in Pretoria plaasvind.

Lise word tans in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion behandel. Haar linkerbeen is geamputeer en haar galblaas is verwyder ná die ongeluk.

Danie het vroeër gesê Lise sal ongelukkig nie die diens kan bywoon nie en die familie sal op ’n latere en private geleentheid ’n teraardebestelling vir André en Rachel hou.

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

Volg die ondersteuningsgroep op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Carel

Lise se volgende woorde gaan wees om haar kinders te sien. Sy gaan vra nog voor hulle haar gaan vertel, dan gaan hulle moet gereed wees daarvoor. Ek wonder of Danie daaraan gedink het? Ek hoop hy het alle scenarios in ag geneem om die nuus te breek. Ek hoop ook haar gesondheid gaan nie agteruit weens die nuus nie.

Jeannette

Dis n verskriklike ding wat met julle gesin gebeur het. Ek weet dat God julle hierdeur sal dra en ek wil julle net sterkte en seen van die Here toe bid. Baie baie sterkte vir julle

PJQN

Ons dink aan julle – sterkte.

Jene van Bergen

Terwyl Lise nog in die waakeenheid van die hospitaal is, sal sy na die kinders vra, maar dan kan Danie se hulle word nie nou toegelaat vir besoektyd nie. Ek dink die nuus van die twee kindertjies wat oorlede is, moet eers wag totdat Lise sterk genoeg is en uit die waakeenheid is. Hopenlik sal sy dan eers in n Hoesorg saal wees, dan kan Danie tesame met n sielkundige asook n dokter die nuus aan Lise vertel. Ek dink op hierdie oomblik as Danie vir haar se van die amputasie, verstaan sy nog nie regtig wat gebeur het nie… Lees meer »

wilma

Ons sing mos Genade Onbeskryflik Groot en so sal God Se Genade ook wees wanneer mamma Lise die nuus oor die dood van haar kindertjies moet hoor. Sterkte vir die gesin