Lise Brink ‘reageer op musiek’

Danie Brink en sy vrou Lise.

Danie Brink en sy vrou Lise.

Lise Brink word steeds vir ʼn longinfeksie behandel en sal weer geopereer word sodra die infeksie onder beheer is.

Haar man is dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand. Die egpaar en hul vyf kinders was op 16 Desember 2016 in ʼn ernstige motorongeluk. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood. ʼn Gedeelte van Lise se linkerbeen is reeds geamputeer na die ongeluk en haar galblaas is verwyder.

Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en bestuurshoof van Solidariteit, wat as familiewoordvoerder optree, het aan Maroela Media gesê Lise word met Franse medikasie behandel vir die seldsame tipe longontsteking wat sy opgedoen het. “Lise se infeksietelling het die afgelope twee dae afgeneem. Ons is baie dankbaar daarvoor.”

Lise word in ‘n isolasiekamer in die intensiewesorg-afdeling van die Unitas-hospitaal behandel om haar blootstelling aan kieme verder te beperk. Volgens Hermann sal Lise se mediese span Dinsdag weer vergader om te besluit oor die pad vorentoe.

Hermann het gesê die familie is dankbaar vir die afgelope paar dae se verbetering in Lise se toestand. “Daar is al hoe meer tekens dat sy besig is om wakker te word. Danie het vir haar haar gunsteling kunstenaar, David Wesley, se liedjies gespeel. Hy kon sien sy geniet ‘In Christ alone’ en ‘Wonderful, Merciful Savior’. Ons harte is dankbaar vir elkeen wat haar dra in hul gebede. Moet asseblief nie ophou nie.”

Lise se verdowing word ook steeds verminder, om te kyk hoe sy reageer.

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

Volg die ondersteunersgroep op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

*wondernet ·

Hoekom se dit in elke berig dat Andre en Rachel DOOD is, kan dit nie vervang word met oorlede.
Ek bid dat God die Brink gesin in sy hande sal dra!

lw ·

Dis goeie nuus. Baie sterkte aan die gesin. Christus sal jul dra daar waar jul te swak is deur al hierdie trauma sedert 16 Desember.

DPJ ·

Mag die drie enige God julle ryklik vertroos en koester met die Heilige Gees sodat julle kan weet Hy is oral.

Yolanda ·

Dra jul op in ons gebede. Weet iemand of die twee kindertjies al begrawe is en Lise al weet van hul heengaan. Baie sterkte vir Danie en familie, dis so baie om te verwerk. Mag die Here julle daagliks dra en krag gee, ons bid vir julle en spoedige herstel vir Lise.

Monica ·

Ek wonder net waarom moet daar ELKE keer na Dirk Hermann se VOLLE titel verwys word, almal weet tog wie die woordvoerder vir die gesin is?

lynette ·

Lise is steeds onder verdowinng en weet nog nie. Volgens vorige berigte sal die kindertjies begrawe word sodra sy herstel het sodat sy dit kan bywoon. My hart gaan uit na die familie en ek sal bly bid vir hulle.

Bokkie ·

Lise en Danie ons dra julle en jul geliefdes op in ons gebede. Lise jy is vir ons vroue n voorbeeld deur te bly veg ten spyte van jou beserings. Ons God is groot en sal jou hierdeur dra. Danie en Lise behou jul geloof in ons Hemelse Vader

Chris Ws ·

Ek simpatiseer met Dr.Brink en bid vir ‘n wonderwerk soos ons beleef het want my vrou was in ‘n soortgelyke toestand na iemand in ons vasgery het.My vrou het ook ‘n breinbesering opgedoen ,al 8 linker ribbes gebreek,linker bo arm gebreek en borsbeen gebreek en was 24 dae in ‘n koma.Dit is herstel na meer as 3 jaar maar die breinbesering se skade is daar.Geheue verlies,balaans probleme ,spraak probleem en gedeeltelike bewegings verlies aan die een kant.Sy doen daaglikse stap oefeninge met ‘n 3 poot kierie maar dit gaan vrek stadig.Maar sy verbeter al die pad met al haar daaglikse oefening program.Dr.Brink ek bid vir u want daar le ‘n lang pad van rehabilitasie voor NA u vrou uit die hospitaal ontslaan is.

ada ·

Ai Monica dit word met alle berigte gedoen. Vermy die artikel as dit jou so pla. Niemand forseer jou om dit te lees nie. Aan die familie en vriende en veral die gesin wil ek net sterkte toewens want daar gaan nog soveel hartseer voorle. Dink aan julle en Liewe Jesus sal julle as ouers en julle ander twee kinders vertroosting bring.

Cherokee ·

ada, ek redeneer net soos Monica. Gaan jy my nou ook vertel wat om wanneer te lees? Sy is reg wanneer sy sê dat berigskrywers bekende data oordryf, waarskynlik ter wille van effe langer berigte.

Gert Nel ·

EK KAN NIE SIEN HOE DIE MENSDOM IS NIE. AS N BERIG JOU NIE PAS NIE LOS DIT DAN DAT ANDER MENSE DIT LEES. ONTHOU JY HET DIT MISKIEN GELEES MAAR N ANDER HET DIT NIE GELEES NIE.
VIR DIE FAMILIE GOD IS GROOT.

bella ·

Musiek is die antwoord. My kleindogter na 9 weke in koma en lang herstel periode volkome genees. Barok musiek, die met stadige tempo soos hart klop is die antwoord. Vivaldi, Mozart, veral largo gedeeltes doen wonderwerke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.