Lise Brink verjaar in hospitaal

Danie, sy vrou Lise en van voor Rachel, Daniël, André, Johann en Mieke.

Danie, sy vrou Lise en van voor Rachel, Daniël, André, Johann en Mieke.

Lise Brink bring vandag haar 43ste verjaardag in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion deur terwyl haar familie voorberei op nóg ʼn operasie wat sy môre moet ondergaan.

Lise, haar man, dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en hul vyf kinders was op 16 Desember 2016 in ʼn ernstige motorongeluk. André (13) en Rachel (8) is in die ongeluk dood. ʼn Gedeelte van Lise se linkerbeen is reeds geamputeer ná die ongeluk en haar galblaas is verwyder.

Volgens Danie was Lise vanoggend helder tydens die familie se besoek. “Dieselfde liefdevolle God wat vir Lise 42 gelukkige verjaardae gegun het, het ook hierdie 43ste een beskik. Ons bly vashou aan al die waarhede oor God in hierdie moeilike tyd,” het hy gesê.

Op ʼn Facebook-ondersteuningsgroep vir die gesin het talle mense gelukwensings vir Lise geplaas.

Lise ondergaan môreoggend ʼn operasie vir ʼn drukseer aan haar kop. Sy moet nog kaak- en rugoperasies ondergaan, maar word nou eers vir ʼn seldsame soort longontsteking behandel voordat dokters dié operasies kan oorweeg. Sy word tans in ʼn isolasiekamer in hospitaal behandel om haar blootstelling aan kieme te beperk.

Danie het weer eens die publiek bedank vir al die boodskappe, ondersteuning en gebede wat die gesin daagliks ontvang.

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

Volg die ondersteuningsgroep op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Esme Strauss ·

My hart bly stukkend vir die gesin maar is Jesus dankbaar dat Hy hierdie mamma se lewe gespaar het….veels geluk Lize….ons ken jou nie maar jou gesin en familie se geloof is n voorbeeld vir almal van ons.

Sarie ·

Bàie geluk Lise. Mag ons hemelse Vader jou volkome laat herstel. Jou kinders het hul mamma bàie nodig…

Fanie Kemp ·

Dankie vir die pragtige Getuienis van Geloofsekerheid wat hierdie gesin uitstraal.
Baie geluk met verjaarsdag-herdenking en baie sterkte vir die pad vorentoe.

Celia ·

Weet Lise Brink van hul 2 kindertjies wat oorlede is? Die berig se sy is helder terwyl die familie haar besoek het? Baie serkte liefde en seen vir Lise en familie. Dankie vir julle geloof wat julle uitstraal. .

Lu ·

Danie Brink wat alles weet en besef, my trane is vir jou wat nog steeds sterk moet staan en alles bymekaar moet hou al wens jy dalk jy kan net in n hoek gaan sit en probeer vergeet.

Lulu ·

Danie Brink wat alles weet en besef, my trane is vir jou wat nog steeds sterk moet staan en alles bymekaar moet hou al wens jy dalk jy kan net in n hoek gaan sit en probeer vergeet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.