Lisensie-slenter: Polisie vra samewerking van slagoffers  

lisensie

Argieffoto.

Die polisie in die Vrystaat het ʼn beroep op mense gedoen om na vore te kom as hulle dalk ook slagoffers was van ʼn lisensie-bedrogskema by die Lengau-toetssentrum in Bloemfontein.

Sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 39-jarige man is Vrydag net na 12:00 by die toetsterrein vasgetrek met bedrieglike dokumente in sy besit.

“Die man van Botshebelo sal Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog,” het Mpakane gesê.

Mpakane het gesê die man is deel van ʼn sindikaat wat by die Lengau-toetssentrum te werk gaan.

Na bewering maak die sindikaat misbruik van niksvermoedende slagoffers wat na die sentrum kom vir hul lisensies.

“Hulle bied dan vir die slagoffers hulp aan teen ʼn ‘minimale fooi’ van tussen R2 500 en R4 000,” het Mpakane gesê.

Volgens haar word die slagoffers dan opdrag gegee om in die kantoor te gaan wag tot die einde van kantoorure wanneer hul sal terugkeer met die lisensie.

“Die verdagte verdwyn egter en kom nooit weer terug nie.”

Die polisie het enigiemand wat op soortgelyke wyse deurgeloop het aangemoedig om ao. Amos Mlangeni by 072 226 7318 of by 065 808 1202 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ook n Idioot ·

Dit het gebeur by Mabopane lisensie kantoor ook. Ons het bewyse op die vervalsde lisensie wie die lisensie gedruk het en hoeveel ons betaal het

Jy bedoel korrup ·

Bly asb van die paaie af want mense soos in die berig genoem word, is net so skelm as die mense wat met hul saam werk. En dis die mense wat ongelukke veroorsaak en die oorsaak is van die hoë sterfte syfer op die paaie. Dis is hulle moordenaars en albei kante hoort in die tronk

Chris ·

Geen simpatie nie as jy oneerlik is kry vir jou. Is geen wonder daar is soveel ongelukke op die paaie nie , onbevoegde bestuurders met gekoopte lisensies. Keer hulle hier spring die korupte weer net op n ander plek uit.

Sê net ·

Ons het jare lank ‘n tuinier op ons kleinhoewe gehad met ‘n EC lisensie wat hy gereeld gaan hernu het, maar kon glad nie bestuur nie. Bied hom ons ou bakkie aan om meubels wat ons hom gegee het en boumateriaal na sy plek te vervoer. Hy kon nie ry nie!!!! Rate wissel kon hy glad NIE! Het hom probeer leer, neeeeee wat! Laas jaar toe ons oorsee trek, kon hy nog steeds nie bestuur, maar hy het sy lisensie en in die dorp word sy lisensie elke keer hernu. Laat mens wonder??

Jannie ·

Hierdie land bevorder korrupsie aangesien hulle stelsel in plek sit wat mense furstreer- stelsel is van lyn af, persoon wat hiermee of daarmee werk is op ete of verlof, ens.
Korrupsie sal stop as stelsels wat pynloos is geimplementeer word en as bekwame mense wat wil werk jou bedien
Ek neem nie mense kwalik wat betaal om vinnig gehelp te word nie, tyd is geld.

madels ·

Die enigste rede hoekom mense gevang word in die slenter is omdat hulle skelm hul lisensies wil kry… so geen simpatie, jammer

3s4e ·

Moes ‘n rot geruik het want die gewone amptenare is nooit na 12 daar op ‘n Vrydag.

Amanda Coetzer ·

Ek het 3 keer gegaan vir my lisensie, 2 keer gefail en dit was my fout. Vandat ek my wettige lisensie het bestuur ek nie net beter nie ek is meer waaksaam op die pad. Ek het nou die dag op 100km p/h my voorwiel gebars en onmiddelik geweet wat om te doen mense doen jul lisensies op die REGTE manier dan sal daar minder pad ongelukkie wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.