Lisensiekantoor-korrupsie: Ses in hof

Argieffoto: www.services.gov.za

Argieffoto: www.services.gov.za

Ses amptenare van Johannesburg se lisensiedepartement het Donderdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn, in verband met beweerde korrupsie van meer as R4 miljoen.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê Victor Nkosi, Nompumelelo Olifant, Quimaal Sallie, Andre Witte, Mildred Njody en Micah Moyo is almal op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Nkosi, Olifant, Sallie en Witte sal op 14 Februarie weer in die hof verskyn, terwyl Njody en Moyo op 1 Maart weer in die beskuldigdebank sal wees.

“Drie van die verdagtes is in die week by hul huise in Soweto en Florida in hegtenis geneem, terwyl die ander drie, vergesel van hul regsverteenwoordigers, hulle by die Valke se kantoor in Johannesburg oorgegee het,” het Mulamu gesê.

“Die beskuldigdes het na bewering lede van die publiek, wat die departement besoek het, se uitstaande verkeersboetes van die stelsel verwyder sodat hulle hul bestuurslisensies en motorslisensieskyfies kon hernu, in ruil vir omkoopgeld.”

Mulamu het gesê altesaam 14 beamptes wat by lisensiekantore in Johannesburg werk, is al in hegtenis geneem. Nog inhegtenisnemings word binnekort verwag.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ondersoek deur die stad se interne forensiese ondersoekeenheid, onder leiding van genl. Shadrack Sibiya, het grootskaalse korrupsie by die Johannesburg-lisensiedepartement oopgevlek. Volgens die verslag het die stad R14 717 444 in 972 beweerde korrupte transaksies verloor.

Altesaam 72 beamptes is reeds uit hul poste geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PietM ·

Ek verstaan nie hoekom bestaande boetes se inligting van die stelsel verwyder moes word alvorens hulle lisensies kon hernu nie. Hernuwing van lisensies hou nie verband met boetes nie. Daar is ander prosedures wat gevolg moet word om die uitstaande boetes te in.

Gerda ·

So ver my kennis strek moet die stelsel nagegaan word vir uitstaande boetes alvorens die hernude lisensieskyf uitgereik word.

Lewies ·

Wat was die aanstellingsprosedure en vereistes gewees? Werkswaardes en integriteit moet tog deel van die voorwaardes wees vir aanstellings!! Leer die mense in beheer van aanstellings dan niks uit al die bedrogsake in hierdie land van ons nie? Miskien sal dit help om die wat aanstellings maak ook aanspreeklik te hou vir die werksprestasie van elke amptenaar in die staatsdiens en ander poste.

Kiepie ·

‘n Stelsel wat nie vlakke van magtiging toeken aan gebruikers nie en dus toelaat dat sommer enige gebruiker wysigings aan data kan aanbring is in elk geval ‘n bedrog risiko. Die stelsel behoort enige wysigings slegs deur hoër vlak administrateurs toe te laat en dan ook net met magtiging van ‘n tweede onafhanklike personeellid. So as jy jou uitgee vir ‘n toffie moet jy verwag om geëet te word.

wilma ·

hou in gedagte dat dai werknemers aangestel is deur middel van baantjies vi boeties. Gn integriteit betrokke..

Vel ·

Ja, baantjies vir boeties en dan is daar ook nie dieper as die vel gekyk vir aanstellings.

Pop ·

Lewies die enigste vereiste om aangestel te word is die kleur van jou vel. Donker in, lig uit!!

Piet Pompies ·

Ek het ‘n gebruikte voertuig privaat gekoop onwetend van uitstaande boetes van R1200, dit was ‘n projek voertuig en die waarde is minder as R10 000. Ons het alles wettig probeer om die kar op my naam te kry en die titelhouer van die voertuig wou ook nie saamwerk. So besluit ons om die kar te verkoop en lig die nuwe koper in oor die probleme.
Die koper kom haal die registrasie dokument en kom die volgende dag terug om die kar te kom haal, dit het hom R650 gekos om die boetes af te haal, COR te koop, Polisie klaring te kry en ‘n data dot sertifikaat te kry.
Hy is daar weg met die projek kar wat nou volgens wet wettig op die pad gebruik kan word terwyl die werklikke toestand uiters swak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.