Lisensiekantoor-werker gepos oor rassistiese video

‘n Skermskoot uit die video.

Die Ekurhuleni-metro het ʼn amptenaar van die Bedfordview-lisensiekantoor in Johannesburg afgedank nadat hy op video vasgevang is waar hy rassistiese aanmerkings teenoor wit mense maak.

Die voorval het op 20 Mei by die lisensiekantoor plaasgevind en is op video vasgevang. Die amptenaar sê onder meer in die video hy haat wit mense.

Themba Gadebe, woordvoerder van die Ekurhuleni-metro, het gesê daar is onmiddellik met dissiplinêre stappe begin nadat hulle van die video bewus geraak het.

“Die amptenaar het versuim om ʼn wesenlike skriftelike voorlegging te doen oor hoekom sy kontrak nie beëindig moet word en die metro het gevolglik geen ander keuse gehad as om die werknemer met onmiddellike inwerkingtreding te ontslaan nie.”

Gavin Sharples, ʼn motiveringspreker, het vroeër verduidelik hy was die betrokke dag by die lisensiekantoor en het gesien hoe die amptenaar ʼn jong man wat daar was vir sy bestuurslisensie verkleineer het.

“Dit was baie rassisties, wreed en hartseer.” Volgens Sharples het hy ingegryp waarna die amptenaar aggressief begin raak en hom rassistiese aanmerkings toegesnou het.

Sharples het gesê die amptenaar het onder meer op die jong man geskree en aan hom gesê hy bewys hom ʼn guns om Engels te praat. Die amptenaar het glo ook vir die jong man gesê hy is dom. ʼn Ander lid van die publiek het intussen ʼn video begin maak nadat Sharples tussenbeide getree het.

In die video kan daar onder meer gehoor word hoe die amptenaar sê wit mense maak hom siek, dat hy nie van wit mense hou nie en dat hy wit mense haat.

Sharples het intussen ná afloop van die amptenaar se afdanking gesê dit was nie sy bedoeling dat die amptenaar sy werk verloor nie. Hy het wel die Ekurhuleni-metro geloof vir hul spoedige optrede in die saak.

Volgens berigte is daar al voorheen klagtes teen die betrokke amptenaar aanhangig gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Netso ·

En jy hoor nooit weer ñ haan kraai daarna nie. Maar draai nou net die velkleur om dan was dit 3 jaar tronkstraf.

Muffin ·

Laat hy gaan. Was dit andersom was daar nog n kriminele saak gemaak en nie net af betaal nie.

Sieg ·

Dit kan nie waar wees nie, hulle almal haat wittes. Nóóit sal ek dit glo nie.

Frikkie Geld en huis ·

Dis nie regtig haat nie. Eintlik maar jaloesie.

jennefer ·

My dogter is vir die 2e keer gedruip tydens haar bestuurlisensie toets. Die beampte intimideer haar. Ek beveel haar toe om die toetsgrond in te ry en die aksie van ” agteruit tussen die paaltjies in te ry” te doen. In trane doen sy dit perfek, ook tydens elke les wat sy by bestuurskool gedoen het het sy dit perfek gedoen. Ons sal maar vir n 3e keer betaal.

@Jennefer ·

Hi, destyds toe ek my lisensie gedoen het, het die ou my ook geīntimideer. Ekt 3keer by dieselfde ou geland. Ekt in n plantelandse dorpie gedoen. My instrukteur het die derde keer gaan kla, ekt in n pothole net buite die toets terrein geval. Ek moes haar kar NET daar los en terug loop kantoor toe. Toe ons by sy kantoor kom, het hy agter in my I.D boek gekyk en gevra of ek weet hoekom ek gedruip het. Ekt gesê ja, my I.D gegryp en geloop. Die kar was gelukkig nig waar dit gelos is. Ekt dit geskuif na die parkeer area en my instrukteer gebel. Ons het n saak teen die ou gemaak. En ekt die ander toetsbeampte gekry, wat my laat slaag het tenspyte van die kar se handbriek wat gebreuk het, ek moes die voetbriek by die opdraend gebruik. Die eerste ou probeer my nog afpers wanneer hy my sien. Dis 7jaar later.

Zoro ·

Dis n tipiese voorbeeld van kaders ontplooiing – die toesighouer kan dié karakter nie tot orde roep nie – hulle moet die toesighouer ook aankla vir pligsversuim – dit is n landwye probleem – die minagting wat daarmee gepard gaan laat veel te wense –

Elna ·

Willem wat bedoel jy daarby as ek mag vra? Ek verstaan nie wat jy probeer se in jou kommentaar nie maat. Verduidelik vir ons asb.

Heidi ·

Die amptenaar is afgedank. Ek beskou as positief dat daar reeds aksie geneem is. Dit staan die klaer vry om klag van haatspraak in te dien.

Ellisras ·

Nee. Geregtigheid het nie geseëvier nie. Die bestuurder wat bewus was van die moes ook af gedank word. Daar moet kriminele klagtes kom. Die is nog net 10% geregtigheid

Sandy ·

Dit wil vir my voorkom of die ou ‘n biekie skuins loop. Dalk ‘ n drankie geniet tydens sy etensuur. Goeie nuus dat hy afgedank is. En die persoon wat dit afgeneem het, jy is nie die rede vir sy afdanking nie, en jy hoef nie sleg te voel nie. Al die wit mense wat in die moeilikheid is oor rassistiese opmerkings is ook afgeneem.

Wielspore ·

Great, well done!
In die video kan gesien word hierdie persoon het ‘n slegte houding teenoor alle mense en hy het oorgegaan na rassisme teenoor wit mense.
Hy verdien nie om met mense te werk, tronkstraf sal hom beter pas met sy bar houding.

HESTER ·

Baie goeie nuus.Maar sou tronkstraf vewrwelkom het , as ek ander berigte hier bo lees is die nie die eerste keer dat die man dit doen nie, gelukkig het ons nou selfone…….

Hanna Hoekom ·

Gaan die MRK nou ook betrokke raak? Gaan die man nou ook n boete moet betaal? Dalk tronkstraf soos die arme Vici Momberg? Ek hou nie my asem op nie…

HESTER ·

Ek twyfel of MRK sal betrokke raak, want as jy kyk wat in die land aangaan bestaan hulle net vir nie-blankes.

Devill ·

Waarom is enige iemand verbaas. Dit is die narratief van ons land!

Inge ·

Kudus to Sharples. Hy bly kalm wanneer iemand staan en SMEEK vir moeilikheid.

Wessel ·

Waar ek werk is daar ook Baie rassisme van swart Werkers teen oor wit kollegas….

Maar swart bestuur wil nie help nie en veral omdat die wat dit doen die bestuur is van Nehawu……..

Ons het ook Baie Goeie swart kollegas…

Maar hulle sal nooit saam staan om daar die mense tot boek te bring nie….

Dink Maar Hulle is bang en ……

chris ·

Selfone is fantasties. Mr Sharples het mos nou mooi gewys hoe.

Trojaanse Donkie ·

Onnie, as ons weer sien is hy minister van onderwys!

Elsa ·

Nou sit hy sonder werk. Die witte se skuld. Nou haat hy eers!

HESTER ·

Ek twyfel of MRK sal betrokke raak, want as jy kyk wat in die land aangaan bestaan hulle net vir nie-blankes.

HESTER ·

Vir hom kan ek net se :CRY ME N RIVER” Jy kry wat jou toekom

$ ·

Waarom word sy naam verswyg? Waarom word sy foto nie gepubliseer nie?
Penny Sparrow en Vicky Momberg se name en foto’s is wyd en syd uitbasuin; waarom word hierdie man se identiteit beskerm?

Lewies ·

Laat die brave manne aangaan. We will meet them toe to toe dan praat ons weer. Ons maats weet nie wat wag vir hul nie so laat dit gaan……………

anni ·

Yes yes, ek was so Bly oor hierdie goeie nuus. Een keer in n leef tyd dat n “witte” se kant gevat word. Die sleg supervisor moet ook afgedank word, hy /Sy sit doodstil in die kantoor kom nie uit om die uitvaagsel stil te maak nie.

Stem ·

Elna, Willem bedoel met geregtigheid wat seëvier, dat die amptenaar afgedank is.

Stan ·

Just another example how inconsistent and twisted justice in South Africa is! Would really like to know what the outcome of this case is going to be????

Bianka ·

Ek hoop van harte MM gaan n opvolg storie ook plaas. Gaan Afriforum en kie dit ook sommer opvolg? Daar moet beslis n voorbeeld van die ou gemaak word dat swart op wit rassisme, nes wit op swart rassisme, nie geduld mag word nie.

HP ·

Vatso! Ek dink die Ekurhuleni – Metro moet die hele MRK vervang of ten minste gaan leer wat haatspraak en rassisme is en hoe opgetree moet word teen diegene wat hulle daaraan skuldig maak. Nou nog net vir `n strafregtelike klag of twee.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
n Mens moet die vryheid van spraak kan hê, asook die reg om nie van iets of iemand te hou nie….maar moenie ander persone, waarvoor jy n diens moet lewer in die publiek, direk en persoonlik aanvat nie…dit is n ander saak…gaan betoog na werk of in jou vrye tyd dan op die sypaadjie met n bordjie voor jou bors wat almal in kennis stel van wat jy dink en hoe jy voel….maar moenie dit n persoonlike saak maak waar jy in diens van iemand anders is nie…ek gee nie om wie wat my haat nie…kom net uit my pad uit as jy in die publiek betoog en ek wil die sypaadjie gebruik om vrylik te kan beweeg….is ons almal dan nie geskep uit dieselfde bloed soos die Skepper sê nie?
.
.

Phil ·

Hoekom is die DA se jeugleier so stil oor hierdie aangeleentheid? Net nog n bewys dat die DA eintlik die ANC “lite” is………

kolla ·

Ag man, hierdie ou storietjie is nou al holrug gery. As die DA, ANC- lite is vir jou dan is dit ook oukei. Foeitog.

Tiaan ·

Vir dìe wie dit nog nie ervaar het het, gaan maak jou afspraak, of hernu jou lisensie by Bedfordview. My vrou het. Ek ken daardie man se houding goed, maar dit het lankal reeds oorgespoel na sy kollegas toe. Die dame wat die wat die oogtoets doen het vir my vrou gesê, “You should never be behind the steering wheel of a car, with or without glasses.” ‘n Man het sy ID boekie op die toonbank vergeet toe hy uitstap; iemand het aangebied om dit vir hom te neem. Die man in die video het gesê, “Let him go, then I can shout at him from a distance.” En so kan ek aangaan; en dit was net èèn dag se ervaring.

Jr ·

Hier in Merefong lisensie kantoor gaan dit presies die selfde. Onbeskof – both black and white officials

Japie Venter ·

Vra dat Afriforum julle help om n klag te lê vir rassisme dan kyk ons hoe word die saak hanteer.

Maro ·

Die rasistiese aanmerkings van beide kante is altyd so onnodig! Mense loop met soveel frustrasie en haat rond. Ek het al ñ duur les geleer. In ñ parkeer area myself so vererg en vinger gegooi, en toe ek by die spreekkamer kom was dit die dokter. Natuurlik met n rooi gesig daar gestaan. So passop, jy weet nie wie jy toesnou nie.

Swanna ·

Mooi man, nice, dit is wat gebeur wanneer jy dink jy is die “LAW” en nie ‘n werknemer van die “LAW” nie en dit is die probleem met almal van hulle wat daai houding het. Hoop daar gaan ‘n saak teen hom oop gemaak word vir rassime en dat behoorlik ook ‘n voorbeeld van hom gemaak gaan word.

Jr ·

Nee hy is nie rassisties. Hy het ” pyn van die verlede “. HA HA HA

Clipper ·

Mooi so, hy is sy werk kwyt, maar nou moet hy gelykheidshof toe vir n 2 jaar in die tronk en so R100k boete

Dirk Breytenbach ·

As jy vir moeilikheid soek sal jy selde indien ooit teleurgestel word! Kry vir jou en ek hoop die MRK en Afriforum werk met jou gal!

Boerin ·

Stem saam Clipper…ongelukkig is daai wet net vir die wittes..! MRK sal tjoepstil wees, besig met die Griek wat in Griekeland n opmerking gemaak het!

Doris Gouws ·

Dit is baie mooi dat hy onmiddellik uit diens ontslaan is want hoekom praat hulle so lelik met ons wittes ons behandel hulle goed en praat nie so nie,maar hulle dink hulle is menere en ons is vuilgoed, Mooi so lig hom uit sy possie uit dat hulle kan sien hulle moet alle rasse ewe goed behandel. Hulle moet sommer kyk na die wat n mens van die pad aftrek en brabb soek en as sy nie saamspeel nie behandel hulle jou soos n stuk vrot lap.

George ·

…dit was nie sy bedoeling dat die amptenaar sy werk verloor nie.
Nee man juig!!! Ek juig saam met jou

Roxy ·

Jy het gekry wat jou toekom. Is mos net ons wittes wat rassiste is. Inteendeel dink ek dit is net andersom. Ongelukkig verstaan ons nie julle taal nie, daarom dink julle is ok om rassistiese aanmerkings te maak sonder om uitgevang te word.

Dubbel standaarde ·

Hoekom word sy naam nie genoem soos wat Penny Sparrow sn orals in koerante was??? Hy moet selfde gestraf word!

Jannie van Niekerk ·

Melanie Verwoerd, die gewese ANC parlementslid sal hieroor sê: “Mens mag hom nie ‘n rassis noem nie want hy is mos swart en swartes is mos nie rassiste nie. Hy mag ook nie tronkstraf kry nie want mens moet in ag neem van dit wat hy gesê het oor waar dit vandaan kom.” Maar nouja , ek het nuus vir haar en vir hierdie ou: Ek voel ‘n veer of jy van my hou of nie. Ek hou ook nie van haar of van jou nie.

Jacques die Goodwoodianer ·

Crimen injuria, nee? O, oukei. Skuus man, ek’t gesog dis dalk ñ aanval op die persoon se geloofwaardigheid gebasseer op ras. Ek is seker verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.