Listeria by Jhb-voedselafsetpunt gevind

Argieffoto: Pixabay.com

Die Stad Johannesburg het Vrydag gesê omgewingsgesondheidspraktisyns is tans hard aan die werk nadat tekens van Listeria vroeër vandag by ʼn voedselafsetpunt in die stad gevind is.

Dr. Mpho Phalatse, burgemeesterskomiteelid vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, het gesê monsters is na die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) geneem om getoets te word.

Phalatse, wat nie die naam van die voedselafsetpunt bekend gemaak het nie, het ʼn beroep op gemeenskapslede gedoen om nie paniekerig te raak nie, maar paraat te bly en te hou by voedselveiligheidsriglyne.

“Ek wil ons omgewingsgesondheidspraktisyns loof dat hulle hierdie potensiële bron van infeksie aan die lig gebring het. Ons wag vir bevestiging van ʼn laboratorium om te bepaal of dit wel die stam van die organisme is wat siektes veroorsaak. Ons behoort binne die volgende 24 tot 48 uur die uitslae van die toetse te hê,” het Phalatse in ʼn verklaring gesê.

“Intussen word inwoners gevra om by voedselveiligheidsriglyne te hou en hulle onmiddellik by hul naaste kliniek aan te meld indien hulle enige simptome ervaar wat met die siekte verbind word, veral swanger vroue, babas jonger as 28 dae, senior burgers bo 65 jaar en pasiënte wie se immuunstelsel onderdruk is.”

Volgens die departement van gesondheid is daar 17 verskillende stamme van die organisme, maar nie almal veroorsaak dat mense siek word nie.

Die grootste menslike patogeen in die Listeria-genus is L. monocytogenes. Dit is gewoonlik die oorsaak van die relatiewe skaars bakteriële siekte, listeriose, ʼn ernstige infeksie wat veroorsaak word deur kos wat met die bakterie besmet is.

Sedert 16 Januarie is altesaam 764 gevalle van listeriose oor die hele land aangemeld. In Johannesburg is 212 gevalle en 19 sterftes aangemeld.

Die staat se omgewingsgesondheidsinspekteurs het opdrag gegee dat persele wat as hoë risiko geïdentifiseer is, gesteriliseer moet word terwyl toetse gedoen word. Die ontsmetting van oppervlakke wat met kos in aanraking kom, kan help om die verspreiding van die siekte te voorkom.

Alkohol is ʼn doeltreffende oppervlak-ontsmettingsmiddel teen Listeria. Kwaternêre ammonium wat saam met die alkohol gebruik word, verleng die doeltreffendheid van die sterilisasie-aksie.

Phalatse het gesê sy sal saam met Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, werk om die regering se oorsigrol oor voedselhanteerders te verskerp en te verseker dat daar aan die vereiste standaarde voldoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

nikki ·

Al die pes wat ons tref is oor daar nie meer Gesondheidsinspeksies gedoen word by slagpale en slaghuise so ook by restaurante en eetplekke nie!!

Gerrit ·

…en jy weet natuurlike die bewegings van elke “gesondheidsinspekteur” in SA en is volkome vertroud met hul werkswyses en funksies.

Johan ·

Ek het nog op geen vertakking van die media gehoor wat die simptome van die siekte is nie. EIENAARDIG

Vermeende ·

Ons weet dat dit op vars vrugte en groente kom en die afsetpunt se naam word weerhou……….hoekom?
As dit moontlik JHB varsporodukte mark is dan verspry dit letterlik oornag oor die binne land.

Die grootste moontlikheid is die mark!

MissDemeanor ·

Die naam word weerhou want die laboratorium toetse word gedoen om te bepaal of dit n “strain” is wat siekte veroorsaak. Kan wees dat dit n skadelose “strain” is. Dus is dit nie nodig om die besigheid se naam te vroeg deur die modder te sleep nie. Intussen is daar sekerlik maatreels in plek om tydelik nie hul produkte te versprei nie.

Riëtte ·

Mmmm!!!
Moenie paniekerig raak nie maar wees versigtig.
Dis soos om te sê jou huis is omring met 1000 mense met ak’s maar moenie panic nie??

Plaas hulle toe die ding sy kop uitgesteek het daarvan ‘n bewusmakings veldtog gemaak het!!

Die 1 oorsprong is blykbaar van water, ekt dit al gese en se dit weer……as carte blanche al die vrot riviere en watersuiwerings aanlegte kon opspoor kan die mense mos aangaan met die ondersoek, 1/2 van die werk is al vir hulle gedoen.
#Catchawakeup!!!
Maar, dan moet jy jou kos, groente en vrugte met water afspoel??
Huh!!!????

Grassie ·

Ek het iewers gelees dat alkohol hierdie organismes vernietig. Jy moet die kos en werksoppervlakte met alkohol ontsmet. As jy nou jou maag binne ook met alkohol ontsmet as jy eet sal dit mos die paar organismes wat moontlik daar mag rondswerf vernietig en jy bly blakend gesond. Wat van ‘n lekker flessie rooi saam met elke maaltyd. Gesondheid!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.