Listeriose: Dít moet jy weet

‘n Mikroskopiese blik op listeriose.

Listeriose is ʼn ernstige siekte wat veroorsaak word deur die bakterie, Listeria monocytogenes.

Dit word aan mense oorgedra deur die inname van besmette voedselprodukte. Enigiemand kan listeriose opdoen hoewel swanger vroue, bejaardes, mense met ʼn verswakte immuunstelsel of onderliggende toestande soos diabetes, kanker of MIV/vigs meer vatbaar is.

Grootste uitbreking nog

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevestig die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika is die grootste wat nog ter wêreld aangeteken is. Meer as 700 gevalle is tydens 2017 aangemeld en meer as 900 gevalle sedert die uitbreking begin het. Meer as 180 mense is reeds dood.

Voorvalle is in al nege provinsies aangemeld, maar veral in Gauteng. Die bron van die uitbreking is intussen geïdentifiseer as die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane wat polonie, Weense worsies en kouevleissoorte vervaardig. Alle produksie is gestaak en alle Enterprise-produkte is herroep.

Argieffoto: Pixabay

Wat is die risiko vir die verspreiding van listeriose in huise en klein winkels?

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) kan die kossoorte wat by die uitbreking betrek word, waaronder polonie en Weense worsies, buite en in hul verpakking met die bakterie besmet wees. Listeria monocytogenes kan voortgaan om te vermenigvuldig in die kos wat in ʼn yskas gehou word.

“Daarom moet almal wat polonie of enige ander vooraf bereide vleisprodukte in hul yskas gehad het, hul yskaste, eetgerei, snyplanke en kombuisoppervlakke deeglik skoonmaak en ontsmet. Winkels moet ook hul rakke, yskaste en oppervlakke waar vleisprodukte geberg is deeglik skoonmaak. Masjinerie wat vir die sny van vleis gebruik is, moet uitmekaargehaal, gewas en ontsmet word.”

Hoe kan listeriose voorkom word?

Listeria kan vermenigvuldig in kos wat in die yskas gehou word. Om dit te voorkom, word aanbeveel om yskastemperature onder 4 °C te hou en vrieskastemperature onder -18 °C. Gaan die yskastemperatuur gereeld na en maak seker dat kos so koud moontlik gehou word, sonder dat dit bevrore raak.

Argieffoto: Pixabay

Volg altyd goeie koshigiëne:

  • Kook rou kos deeglik aangesien bakterieë bo 70 °C doodgemaak word.
  • Was jou hande voor jy kos voorberei, voor jy eet en nadat jy die badkamer besoek het.
  • Was rou vrugte en groente deeglik voor jy dit eet.
  • Skei rou en gekookte kos en moenie kombuisgereedskap en oppervlakke meng wanneer jy kos voorberei nie.
  • Bedek kos met plastiek of foelie, of sit dit in houers voor jy dit in die yskas plaas. Maak seker kos lek nie sap op ander kosprodukte uit nie.
  • Gebruik oorskiet-, vooraf gekookte en kitsklaar-kossoorte so gou moontlik. Hoe langer dit in die yskas geberg word, hoe groter is die kans vir listeria om te groei.

Simptome van listeriose

Die inkubasietydperk wissel van drie tot 70 dae.

Simptome is gewoonlik lig en sluit in:

  • koors,
  • spierpyne,
  • ongesteldheid,
  • naarheid,
  • diarree.

Argieffoto: Pixabay

Dit kan ook na die senuweestelsel versprei en meningitis veroorsaak wat sal lei tot:

  • hoofpyn,
  • verwarring,
  • stywe nek,
  • verlies aan balans,
  • stuiptrekkings.

Hoe word listeriose gediagnoseer?

Diagnose word gemaak deur Listeria monocytogenes uit kliniese monsters te kweek soos bloed, serebrospinale vloeistof (CSF), vrugwater, plasenta of ander steriele liggaamsvloeistowwe.

Hoe word listeriose behandel?

Gastro-enteritis weens Listeria monocytogenes benodig gewoonlik nie behandeling nie. Meningitis of septisemie weens die bakterie kan lewensgevaarlik wees en moet met binneaarse antibiotika behandel word.

Bron:

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

fm ·

Dankie vir die feite Maroela Media.

Dit is baie belangrik om die yskas te ontsmet indien daar enige van die koue vleis of wors produkte in was aangesien dit al die ander kos sal besmet (of reeds besmet) het met die bakterie. Mense moet maar liefs vermy om daardie Footlongs (reuse viennas ) en Russians en chips te koop by die wegneemeetplekke net omdat dit goedkoop is of daardie groot Vetkoeke met die Russians in.

Gaar ·

As die Russians in diep vet gebraai is soos in “Russian & Chips” is die kieme dood. Spek (bacon) is ook veilig as jy dit behoorlik gaarmaak. Dis net kos wat jy nie gaarmaak nie vootdat jy dit eet, wat gevaarlik kan wees. Dink biltong.

fm ·

Dankie vir die feite Maroela Media.
Dit is baie belangrik om die yskas te ontsmet indien daar enige van die koue vleis produkte in was aangesien dit al die ander kos sal besmet (of reeds besmet het) met die bakterie. Mense moet maar liefs vermy om daardie Footlongs (reuse viennas ) en Russians en chips te koop by die wegneemeetplekke net omdat dit goedkoop is of daardie groot Vetkoeke met die Russians in wat miskien besmet kan wees.

Johann ·

ANC LEGACY! Totale verval van basiess stelsels en prosesse… onbesonne en onbevoegde mense wat bloot nie omgee wat die gevolge is as iets nie beheer word nie. En dan wil hulle n Nasionale Gesondheids Plan afdwing?

Peet Ebersohn ·

Wanneer produk besmet is kan hy nog gebruik word ek wil graag weet aangesien die berig lees bo 70 grade braai of kook vernietig jy die bakteriee.

Frikkie Geld en huis ·

Die bron van uitbreking is geïdentifiseer as die Enterprise Foods aanleg in Polokwane. Sowat ‘n maand gelede was die bron van uitbreking geïdentifiseer as ‘n hoenderslagplaas by Hartebeespoort. Dit is dus duidelik dat die departement van gesondheid , soos alle staatsdepartemente, nie weet wat hul doen nie. Enterprise Foods moet privaat gesondheidsdienste aanstel om hul aanleg te fynkam vir die bakterië en die departement van gesondheid ry, indien hul aanleg onbesmet bevind word.

Peet Ebersohn ·

Voeer jare het ons nog n gesonheid inspekteur gehad wat winkels en slagpale besoek het en as daar fout was het hulle dit net daar gestop en afgekeur. Nie n swak ANC regering nie mense moet eers Dood gaan voordat een miskien wakker skrik.

YOLANDA ·

Wat is die verskil of verban tussen Salmonella en Listeriose?

marous ·

Die gesondheids dept van die land is seker baie trots want …. dis die grootste listeriose uitbraak in die wereld.

t ·

Ons vaar nie te sleg as dit by rekords kom nie; hoogste moordsyfer, hoogste verkragting syfer, hoogste werkloosheid, hoogste kaping syfer. Welgedaan ANC! Julle gaan van krag tot krag…

Amelia ·

Ek lees alles en ek dink aan ons land. Is dit nog die moeitewerd om te leef?
Met plaasmoorde en ek wil amper se verval van gesondheidsdienste en dan ook die gereelde inspeksies wat enige plek moet handhaaf wat kos hanteer, water wat riool in het en ag man hier in Suid Afrika weet ek regtig van niks wat nog mooi en goed werk nie. Dalk moet ek maar dai worsies en vleisies ens koop en in grootmaat eet. Dink dit is n beter dood as om keelaf gesny te word.

C ·

Wow ek vind dit nogal verstommend hoe SA in paniek gevang word. Ewe skielik omdat daar iewers n vinger gewys kan word
Realiteit is dat Listeriose al verlede jaar bekend gemaak is dat die kiem sy draai maak en vanaf 1 Januarie 2017 al 945 sake aangemeld is…

Hoekom is mense toe nie al paniekbevange en word getoets ens ens nie

Nee mense word eers paniekbevange omdat daar nou vinger gewys word hoeveel van ons eet polonie en russians en bacon en viennas al vanaf 2017 Januarie?

Ai mensdom, make prevention and just be prepared, take note of the symptoms, geen rede om nou paniek te swaai om ewe skielik te toets omdat jy verlede week polonie geeet het nie

Net ingeval ·

Amelia, skakel gerus vir SADAG indien jy moontlik hulp sou nodig hê. Moenie dat angs, oor ons land, jou lewe oorneem en vernietig nie.
To contact a counsellor between 8am-8pm Monday to Sunday,
Call: 011 234 4837 / Fax number: 011 234 8182
For a suicidal Emergency contact us on 0800 567 567
24hr Helpline 0800 12 13 14

Michelle van Rensburg ·

Onkundig; vra net is septisemia in hospitale nie ook geskoei op dieselfde beginsels as Listeriose in kos

Jacques ·

Hoe veilig is die verwerkte voedsel wat ons vir ons troeteldiere koop? Tog gebruik vervaardigers verwerkte dier en moontlik afval proteien bronne om in sulke kosse in te sluit, so indien hulle per toeval van die besmette materiaal gebruik het kring die uitbraak en effek van Listeriose selfs nog verder uit en kan ons troeteldiere lei dat die besmetting na ons en ons geliefdes oorgedra kan word.

Stan ·

Uitbreking van Listeriose het ook in Nieu Suid Wallis (Australië) opslae gamaak. Vier mense is al dood en die oorsprong is glo van Griffith wat bekend is vir sy goeie wyne en vrugte plantasies. Al die mense het spanspek van die spesifieke plaas geëet.

Nié nét vleis nie ·

As mens terug gaan na Sep/Oct se berigte, sal julle lees van ‘n man van PE wat ‘strictly vegan’ was, maw hy het géén dierprodukte gebruik nie, wat dood is en positief getoets was vir Listeria. Ek het toe al gesê, en ek sê dit ook nou weer, dat daar ‘n alledaagse groente en/of vrug is wat ook bydrae vir die gevalle.
Gesondheidsinspekteure moet bietjie hulle werk doen vir ‘n slag soos in die -80’s en vroeë -90’s, en nie net op hulle louere rus en salaris vat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.