Listeriose: EFF beplan klasaksie

‘n Mikroskopiese blik op listeriose.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan ʼn klasaksie teen maatskappye wat betrokke was by die verspreiding van die dodelike bakterie, listeriose.

Julius Malema, leier van die EFF, het Donderdag die regering en die Nasionale Verbruikerskommissie blameer vir die “stadige tempo” waarteen die verspreiding van listeriose bekamp word.

“Die eerste stap sou wees om ʼn krisis te verklaar sodra die oorsprong geïdentifiseer is, as mens in ag neem dat die grootste uitbreking in ons land plaasgevind het,” het Malema bygevoeg. “Talle winkels op die platteland het nog steeds produkte wat met listeriose verbind word, en daar is boonop geen plan om daarmee weg te doen nie. Dié produkte kan moontlik weer in sirkulasie beland. Enterprise moet volle verantwoordelikheid neem vir die uitbreking en diegene wat hierdeur geraak is en die families van die persone wat gesterf het, vergoed.”

Malema het gesê die EFF se regspan sal volgende week dokumente by die hof indien teen die betrokke maatskappye.

Die Enterprise-aanleg in Polokwane, Limpopo, is deur die departement van gesondheid geïdentifiseer as die oorsprong van die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika. Die Enterprise-handelsmerk is ʼn filiaal van Tiger Brands. Tiger Brands het egter vandeesweek geweier om aanspreeklikheid te aanvaar vir die uitbreking en ontken enige direkte verbintenis tussen sy produkte en die afsterwe van 180 persone.

Laurence MacDoughall, Tiger Brands se uitvoerende hoof, het erken dat hulle lae vlakke van listeriose in Februarie ontdek het, maar het gesê aangetaste produkte is onder kwarantyn geplaas en die produksie daarvan is gestaak.

Die bakterie word wyd versprei in die natuur en kan in grond, water en plante voorkom. Diereprodukte en vars produkte soos vrugte en groente kan deur dié bronne besoedel word.

Lees alle vorige berigte oor listeriose op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Irene ·

Het hy nou die groot se oor alles in ons land waar is die regering nou

Justice ·

Daar is huidiglik seker nie `n erger en meer dodelike bakterie wat boere teiken as Malema self nie.

Lollie ·

Ou JM wil almal net altyd aan die pen laat ry! Hoekom laat almal hom maar net begaan?! Daar word duidelik gesê jy kry dit in water ook. Kyk na ons land se water, hoe is dit besoedel! Wie moet daar aan die pen ry? Mense soos JM! Hy wys na almal vinger en wil altyd vra vir vergoeding! Watse vergoeding kry enige witmens as iets hom tref?! Hy sit alewig bakhand en wil net hê!!!!!! Magtig, hy is erger as ń parasiet!
Hy kry baie te veel publisiteit en floreer daarop! Hy sê spring en almal kyk hoe vinnig en hoe hoog kan hulle spring! Wens hy en sy span rooi krewe wil in die see gaan spring!

pieterdp ·

Die Bakterie is skierlik baie sterker as in die verlede. Die kom in die algemeen in die omgewing voor soos wat die geleerdis ons mee deul. Selfs ou mense het die siekte op gedoen deur die eet van n spanspek. Dit wat n vrug is.
Nou hoe gaan die EFF hul saak dryf.

En . . . ·

En die plaasmoorde Malemma, daar kan jy beslis ook help, of hoe . . . ?

Amanda ·

Is al so siek en sat vir die mannetjie. Hy spoel sy mond uit oor alles en wil als boikot en afbreek maar kan nie aan ñ oplossing dink of raad gee om probleme op te los nie. Hy is nie hier om te help om die land op te bou nie maar eerder af te breek.

Elsa ·

Hehe , verseker nie ‘n briljante uitlating nie, droom voort malema, jy glip in waarvan jy niks weet nie, kry jou “huis” in orde…hou op paniek saai en mense aanhits, jy breek af…

Akademi Buktu ·

Julias, vertel sommer vir die werkers jy gaan sorg dat baie van hulle maar na jou toe kan kom vir nuwe werk, siende dat talle deur jou hul werk sal verloor. Ek troos my daaraan dat jy op ‘n pad van selfvernietiging is – soos ‘n motorkar met bestuurder wat die spoed so geniet dat hy al vinniger jaag totdat hy beheer verloor. Ek glo ‘n belangrike deel van jou leierskap gaan nie te ver in die toekoms nie hul rug op jou draai.

Amelia ·

Goed Mnr Malema, die firmas moet vergoed aan die dooies. Net soos die regering moet vergoed aan die wat dood is in die Inrigting se familie nadat hul dood is agv agterstalligheid. Nou wonder ek net, die rasistiese moorde, plaas, dorp waarvan ookal, en die regering doen niks vir verbetering nie en jy propageer moorde, nou wie gaan ons mense vergoed vir die dooies? Ek meen die meeste van ons mense wat gemoor word dra tog by tot versorging en die ekonomie? Dra mense in n gestig by? Gaan die wittes ook vergoed word wat aan listeriose gesterf het? Sommer net n onnosele vrou wat wonder oor die goed wat nie sin maak nie.

AG ASB TOG ·

OU JULIAS soek alweer GELD en support . dis ‘n gevaarlike mannetjie hierdie, die MRK en OVK en niemand keer hom nie .. hy doen en se net wat hy wil en hy het ‘n REGSPAN wat almal dreig en aanvat .. Die nodige stappe sal geneem word JULIAS, jy hoef nie die WERELD te probeer red nie, of soek jy GELD of nog STEMME??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.