Listeriose: Maatreëls ingestel om weg te doen met besmette voedsel

Grafika deur African News Agency.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het alle Suid-Afrikaners verseker dat alle kosprodukte wat besmet is met die listeria-bakterie veilig mee weggedoen is.
Molewa het gesê hulle is bewus van die hoë getalle mense in Suid-Afrika wat rommel vir kosoorblyfsels deursoek en is bekommerd oor besmette voedsel wat sodoende ingeneem kan word.

Sy het ook in ʼn verklaring gesê die landwye paniek het daartoe gelei dat mense verdagte kosproduke in hul yskaste in die asblik gegooi het. Sodoende het dit op ashope of in opvulterreine beland wat toeganklik is vir kwesbare groepe.

Die departement het egter wel maatreëls ingestel om tydig met die besmette afval af te reken.

Besmette afval mag aanvaar word by gelisensieerde verbrandingsfasiliteite, nieverbrandings- of medeverwerkingsfasiliteite, of mee weggedoen word by ʼn klas A-opvulterrein. “Klas A-opvulterreine is spesiaal vir die aanvaarding van gevaarlike of skadelike stowwe ontwerp en nie toeganklik vir mense om deur rommel te krap nie,” het die departement gesê.

Afvalbehandelings en -verwyderingsfasiliteite sowel as provinsiale en munisipale owerhede is volgens haar in kennis gestel van dié maatreëls. Dit alles het plaasgevind voor daar aangekondig is voedselprodukte kan na verskeie aanlegte vir wegdoening vervoer word.

Sy het gesê die maatreëls wat ingestel is, sal die grondwetlike reg van alle mense op ʼn veilige en gesonde omgewing beskerm.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Sondag aangekondig die bron van die listeriose-uitbreking is opgespoor by die Enterprise-fabriek in Limpopo wat deur Tiger Brands besit word. Dit het gelei tot die onmiddellike onttrekking van talle kouevleissoorte soos onder meer polonie.

Minstens 180 mense is sedert vroeg verlede jaar in Suid-Afrika dood weens dié siekte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Paul ·

En dit het ‘n krises gekos voor julle dit erken en aandag daaraan gee. Ek sit juis my swart sakke eers uit na ek sien die mense wat weekliks op Vrydae in die vullissakke grawe is reeds verby. Dit irriteer my tot in my siel in dat ander mense so in jou vullissakke kom grawe. Meestal lê die gemors na hulle daar weg is die wêreld vol.

As dit maar al was wat hul intrek in ons buurt geneem het.

Paul ·

O ja, en dan word die huis- en tuin afval se sakke by tye eers na twee of drie weke verwyder. Dit het al langer hier op die sypaadjie gelê. Een jaar het ons rotte in die erf gewaar. Die uile het snags ‘n fees gehad. Snaaks dat dit ‘n krises kos voor bewaring agterkom waaroor dit gaan om hiegienies te leef.

Maar steeds het ons mense wat in die haglikste toestande in parke en by die ingang na die woongebied kom uitkamp, op kartondose lê, die dag so deurbring om te kyk of iemand hulle nie raaksien en ‘n werkie aanbied nie. Hulle word natuurlik vroeg oggend deur taxis aangery. Wie die taxies betaal weet nugter. En al hulle weg is, lyk dit daar soos ……

Paul ·

Terwyl die antie dit hier bo sê, kan ek getuig dat daar niks in ons dorp verandser het nie. Hoeveel dorpe en stede is daar in die land en sy wil voor gee dat sedert verlede week het hulle in alle munisipale distrike in die land voorsorg getref en nou is als reg. Moet ek dit werklik glo? En die grawers in die vullissakke? Ek neem aan julle het vir hulle kennisgewings gepos, of hulle per e-pos of sms laat weet.

Dafer ·

Die perd is alreeds uit die stal uit! Hou streng maatreels m.b.t. higiene in stand, anders gaan dit aanhoudend gebeur!!!!

Produkte nog op rakke ·

Ons was onlangs in Lydenburg Checkers en al die polonies – rainbow en enterprise produkte was nog in die yskaste. Waar is die inspektere wat na dit moet omsien of wag hulle vir nog a paar sterftes?

Joshua ·

Hierdie listeriose is al vir n jaar lank aan die gang wat mense se lewens eis-wat het die ANC toe al begin te doen behalwe om te wag om iemand behalwe hulself te blameer vir hul (ANC) se onbevoegdheid en nalatigheid.

Martin ·

Daar is nog steeds winkels wat die produkte op die rak het.

John ·

Ons land is vuil, met hospitale bo aan die lys. Afrika hou nie van reels nie want dit druis in teen menseregte, so glo hulle en iets wat jy nie sien nie, kan jou mos nie siek maak nie. Handskoene wat aan kos en dan aan die vuil asblik vat en afveelappe wat soos die aarde lyk, is vollop in die meeste winkels selfs in bekende supermarkte. Sou ‘n klient net iets se word die oe hemelwaarts gedraai. Broodmandjies is oud en smerig en krummels maande oud wat rotte snags laat smul. Dit ook nie net swartmense wat laks is nie. Wie sal die miljoene in ons land opvoed tov gesondheidsake, as die massa net altyd teen alles skop as sulks Westerse-magswette? Hoe is die Jode in die ou dae nie op die harde manier geleer om higiene toe te pas nie. As mense nie wil leer nie, is die graf hul voorland. Punt.

Casper Labuschagne ·

Hokaai, me Minister, nie so vinnig nie. Die kans dat hawelose mense besmette voedsel sal inneem is besonder gering. Minder as ‘n duisend mense het tot dusver listeriose opgedoen en 180 het gesterf. Tot ‘n week gelede was miljoene polonies en ander verwerkte vleissoorte weekliks verkoop. Terwyl ek nie betroubare statistiek het nie, sou raai dat die kans om listeriose op te doen minder as een uit ‘n honderdduisend kan wees, sou jy verwerkte vleis in ‘n supermark koop. Daarby hou Tiger Brands vol dat ja, daar is wel spoorelemente van listeriose in hul proewe vanaf een enkele fabriek, maar dit is glad nie beslissend om van ‘n besmetting te praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.