Listeriose: Minister wil slagoffers in regstappe bystaan

Aaron Motsoaledi. Foto: ANA.

Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, het Donderdag gesê sy departement sal die slagoffers van listeriose en hul families bystaan met inligting om regstappe te doen teen die maatskappye wat voedsel verkoop het waarin die dodelike listeriose-bakterie aangetref is.

“Ons sal al die inligting gee aan lede van die gemeenskap wat ʼn regsgeding wil begin. Ons sal vir hulle die data en die kundigheid gee om hulle in dié proses by te staan,” het Motsoaledi in die parlement gesê toe hy gereageer op die vurige debat oor die uitbreking wat reeds meer as 180 lewens geëis het.

Twee maatskappye, Enterprise en Rainbow Chicken Limited (RCL), is bedien met kennisgewings om produkte vanweë veiligheidsredes te onttrek nadat daar listeriose in monsters wat op hul persele geneem is aangetref is.

LP’s het daarop aangedring dat Motsoaledi verseker dat maatskappye wat gesondheids- en veiligheidswette oortree het, vervolg moet word.

“Daar is geen manier, ongeag wat die DA sê, daar is geen manier dat ons gaan stilbly nie. Wette is beskikbaar om mense verantwoordbaar te hou en hulle gaan gestraf word ingevolge die beskikbare wetgewing,” het die minister in antwoord op DA-LP Lindy Wilson se vraag reageer.

Wilson het gesê dit is algemeen bekend dat die minister aangekondig het die oorsprong van die uitbreking het begin by die Enterprise-fabriek in Polokwane asook by Rainbow Chicken. “Terwyl ek nie hier is om een van die twee fabrieke vry te spreek vir die rol wat hulle gespeel het in die lewensverlies in Suid-Afrika nie, bevraagteken ek of hulle alleen hiervoor verantwoordelik is,” het Wilson gesê.

Die ander partye het vurig gereageer op die DA se stellings en die party daarvan beskuldig dat hul maatskappye wat deur wit mense besit word wil beskerm.

“Die feit van die saak is dat meer as 180 mense dood is as gevolg van dié maatskappye wat wins bó die veiligheid van mense stel,” het Elsabe Ntlangwini, LP van die EFF gesê.

Sy het ook gesê dit is in Suid-Afrikaners se DNS ingewortel om nie die oortredings van wit-maatskappye te bevraagteken nie.

Wilson meen die Enterprise- en Rainbow Chicken-persele moes elke drie maande inspeksie ondergaan het. Sy het klem gelê op die ernstige tekort aan omgewingsgesondheidsbeamptes wat in staat is om dié inspeksies uit te voer.

Narend Singh, LP van die Inkatha Vryheidsparty, het gesê hy verwag van die maatskappye wat as die bron van die uitbreking geïdentifiseer is om wettiglik aanspreeklik gehou te word vir hul aksies, dat hulle met die owerhede moet saamwerk en die betrokke families moet bystaan.

“Geen hoeveelheid ‘wetlike-poësie’ kan hul vryspreek om primêre verantwoordelikheid vir die sterftes te dra nie,” het Singh gesê.

Enterprise se polonie is deur die departement as een van die bronne van die uitbreking geïdentifiseer. Dié maatskappy word besit deur Tiger Brands. Tiger Brands is in 2007 ʼn reuseboete van R99 miljoen opgelê vir die prysvasstelling van brood.

Ahmed Shaik Emam, LP van die Nasionale Vryheidsparty, het Tiger Brands daarvan beskuldig dat die maatskappy “voortgaan om van die armes te steel”.

“Daar moet vergoeding wees, hierdie maatskappye moet aanspreeklik gehou word en hul arrogante houdings moet nie verdra word nie. Hul moet verantwoordbaar gehou word,” het Shaik Emam gesê.

Laurence MacDougall, die hoof uitvoerende beampte van Tiger Brands, het Maandag tydens ʼn perskonferensie geweier om verantwoordelikheid te aanvaar vir die uitbreking en het enige direkte skakel tussen die maatskappy se produkte en die sterftes ontken.

Dit kom ná die departement gesê het meer as 16 omgewingsmonsters van die Enterprise fabriek in Polokwane positief getoets het vir die ST6-bakterie wat  Listeria monocytogenes tot gevolg het.

LP’s het ook die versterking van gesondheidsinspekteurs regoor die land geëis.

Motsoaledi het saamgestem maar gesê die hulp van die LP’s word benodig om veranderinge aan dele van die grondwet aan te bring wat die funksie van die voorsiening van gesondheidsinspekteurdienste aan munisipaliteite toeken, eerder as die nasionale regering.

“Dit was ʼn fout vir die grondwet om daardie werk vir plaaslike regerings te gee omdat baie munisipaliteite eenvoudig nie die taak kan uitvoer nie omdat hulle basiese dienste het wat hul moet uitvoer soos vullisverwydering, ens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Alida ·

Ja Aaron waar is die inspekteurs wat veronderstel was om ondersoeke te doen op ALLE plekke waar kos voorberei/verwerk enof verpak word. Nou skrik jy wakker. Is daar inspekteurs wat die hospitale besoek want dit vrot daar en mense gaan dood. Hierdie bakterie kom voor in groente en vrugte ook dus kan Enterprise nie alleen verantwoordelik gehou word nie. Skep werk en stel opgeleide en ek bedoel opgeleide mense aan om die plekke te inspekteer nie net werksoekers nie.

JA hoor ·

Het die MINISTER ook die LIFE ESIDIMENI se slagoffers met REGSTAPPE bygestaan? KAN iemand dalk antwoord of druk julle elkeen van hulle familielede net ‘n geldjie in die hand en glo dit gaan self weggaan? Dit is maar net die REGERING se skuld .. verslapping van gesondheidsmaatreëls, invoerbeperkings, verslapping en verswakking van alles in Suid Afrika het direk hiertoe bygedra.

Alida ·

Natuurlik stop hulle die slagoffers net met geld en LW ons geld. Hy sit mos goed daarin. Ek sê nie Enterprise of Rainbow is onskuldig nie maar ongelukkig het hulle dit eerste daar gekry. Dit gaan ‘n lang uitgerekte duur saak word want Enterprise en Rainbow gaan dit nie net goedsmoeds aanvaar nie. Die groente en vrugte moet ook ondersoek word. Die plukkers in die lande en boorde en het geen toiletgeriewe en kan nie na ‘n toilet gaan wat naby is nie. Dus maak jul eie afleiding.

Alida ·

Aaron met wie se geld wil jy die families bystaan. Jou departement versuim om hulle werk te doen en mense bewus te maak van higiene iets wat duidelik nie by sommige mense bestaan nie. Stel gesondheidsinspekteurs aan wat bevoeg en bekwaam is om hulle werk te doen.

NEE ·

KOMAAN MINISTER WAT DOEN JY AAN LIFE ESIDIMENI?? DIE LISTERIOSE VIRUS KOM OOK IN WATER VOOR? WAT DOEN JY AAN JOU DEPARTEMENT VAN HEALTH?? WAT VAN DIE HOSPITALE WAT IN VIESLIKE TOESTANDE IS?? AG asb man weer ‘n witch hunt teen die BLANKES .. pateties!

Ag asb tog ·

Minister van gesondheid nogals spoel sy mond uit. EERSTENS hoekom het jou gesondheidsinspekteurs nie hulle werk gedoen nie? Hoekom het julle nie toetse op die produkte gedoen VOORDAT dit die land binnegekom het nie?? Hoe weet jy dit kom nie in die water ook voor nie? HOE LYK DIE HOSPITALE deesdae? Hoeveel mense gaan daar dood maar jy wys ‘n vinger na TIGER BRANDS? Heksejag . maak eers voor jou eie morsige deur skoon voordat jy ander aanvat! JA dit moet natuurlik aangespreek word, maar VREEMD met hoeveel ywer hulle altyd iets teen wittes aanpak en teen hulle eie departemente en eie ondersteuners GEEN optrede aanvoer nie ..

wilma ·

Ek verstaan die bakterie is al ongeveer 40 jaar met ons. Na aanleiding van die spanspekke in Australia waar die bakterie skynbaar veroorsaak is deur bemesting wonder ek wie aanspreeklik gehou gaan word indien die bemesting deur diere voorsien is!

Paul ·

Wilma, dan voeg ek graag by, hoe kan die regering die twee instansies aanspreeklik hou, of verwag dat hulle aanspeeklikheid vir die dood van daardie mense moet aanvaar sonder konkrete bewyse. Dit is nou maar ongelukkig soos die regstelsel is, mens kan jou ook nie self aanspreeklik hou nie. Miljoene der miljoene rande is ter sprake en ongeag die sentiment aan lewensverlies, moet die instansies ook wetlik in terme van hul polisbewoordings optree. Dit verontskuldig hulle nie, maar soos enige mens wat beweerdelik in derglike gevalle die “skuldige” is, moet daar sekerheid verkry word.

Dan wat die DA betref, sal mens graag ook die uitslae wil sien van die ander instansies wat daardie produkte verkoop. Verdermeer is daar beweer dat die “wit slym” wat in die produkte gebruik word van oorsee af kom, as dit so is, is dit getoes dat die oorsaak nie daar is nie. Weer net, so maklik soos aanspreeklikheid aanvaar is dit nie, jy is die antwoorde aan die wëreld, jou maatskappy en aandeelhouers verskuldig.

Alida ·

Die DA moet hierdie “slim” Dr in die parlement aanvat oor sy treurige hopelose vuil en morsige departement.

Vra net ·

Sal net graag wil weet waarom is daar nie ook so baie sterf gevalle in die ander lande wat Enterprise produkte invoer, bv Namibia. Dit is ‘n bewys dat hulle nie alleen daarvoor blameer kan word. Maar die regering stel eerder daarin belang om die wit maatskappy toe te maak, sonder om aan al die werkers te dink – nog meer toelaes, meer druk op die belasting betalers.

Amelia ·

Dit is tyd dat firmas op hul eie onkostes, elke druppel water laat toets en die betrokke mense/munisipaliteite dagvaar vir die kieme in die water, want dit is daai water wat die kouevleis en voorbereiding gebruik word. Ek wens ek kan net in die dowes se ore gaan skreeeeeeeee, DIT IS ONS WATER WAT AAN ONS VOORSIEN WORD!!!! Ek kan nie glo dat ministers so stupid kan wees om nie 1 + 1 se antwoord kan kry nie. Iewers moet iemand begin doodgaan van dit wat vuil is.

piper ·

ja dit gaan weer oor geld. die maatskapye het geld so hy wil hulle ry. aan die dept. gesonheid wat nie geld het nie word nie geld ge eis word nie en word mense nie vervolg nie nadat al die mense by hulle dood is nie, hy wil nou maar net weer die witman bykom. sy eie gemorste word net onder die mat gevee word. hy gaan elkgeval net ons geld en tyd mors om te vervolg. dit gaan bitter moeilik wees om te bewys dat enige van die mense dood is spesifiek dood is agv die produkte.

Elvira Bothma ·

Terwyl jy besig is met die slagoffers, sluit ook sommer die slagoffers van plaasmoorde, en aan alle deur misdadigers in.

Griki ·

En moet ook nie die nalatige voertuigbestuurders wat mense se dood veroorsaak vergeet nie. Die man wat voor ‘n trein ingery het en 10 skoolkinders se dood veroorsaak het, is oorspronklik vir net 6 jaar tronk toe gestuur, het vroeg op parool uitgekom en toe sommer sy paroolvoorwaardes verbreek en is weer tronk toe gestuur. Waarom kan daar nie finansiële eise teen hom ingestel word nie, wat van taxibestuurders/-eienaars en andere?

Casper Labuschagne ·

Die minister loop ‘n risiko omdat die voorkoms van listeriose klaarblyklik steeds voortduur nadat die betrokke maatskappye se produkte van die rakke verwyder is. Wys net hoe gou daar ‘n aanname gemaak word dat eienaarskap van ‘n vervaardiger gegrond op ras iets te doen het met die voorkoms van ‘n bakterie wat dalk veel wyer versprei is. Persoonlik weet ek nie hoe dit lyk waar polonie vervaardig word nie, maar ek sien daagliks hoe haglik dit lyk waar straatsmouse kos voorberei en verkoop en ek is slegs verbysterd dat daar wel so min builepes voorkom, laat staan nog listeriose.

piper ·

hy kan by sy hospitale gaan soek vir besmetting. sal daar baie gevalle kry. so dagvaar nou die hospitale ook.

Willie ·

Dis al lankal apartheid se skuld… did nooit die patetiese onbevoegtheid se skuld nie…

bgj van der westhuizen ·

ek wil graag weet word gese wit maatskapy wie is die aan deel houers in die maatskapy en hoeveel is regtig wit en hoeveel is swart wand al die maatskapy moet moet swart eienaars ook he regering is besig om vir hom self te lieg ek stem saam as alle skuldig is moet hulle betaal maar dit sal nie lewens trug bring nie en die regering is ook skuldig want as die inspekteurs hulle wer gedeon het sal dit nie gebeur het nie

marous ·

Die minister en sy familie moet in ‘n staats hospitaal gaan bly …vir die res van hul lewens …verniet

Ekke ·

Kyk ek het nou lekker gelag vir daai laaste paragraaf. Die munisipaliteite kan nie die inspeksies doen nie , want hulle is besig met dienste soos vullisverwydering ens… hier by ons lê die swartsakke al vir 3 weke, hulle kan nie eers die eenvoudigste vorm van diensverskaffing hanteer nie, hierdie regering maak my in elk geval siek …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.