Listeriose: Nog sterftes aangemeld

‘n Mikroskopiese blik op listeriose.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat nog drie mense aan listeriose dood is.

Die dodetal staan nou op 183. In Gauteng is 98 mense aan listeriose dood, gevolg deur 29 in die Wes-Kaap, 11 in KwaZulu-Natal, tien in die Oos-Kaap, tien in Mpumalanga, agt in die Vrystaat, sewe in Limpopo, sewe in Noordwes en drie in die Noord-Kaap.

Volgens Nios is daar ʼn totaal van 967 gevalle van listeriose aangemeld sedert 1 Januarie 2017. Daar is 749 gevalle in 2017 en 218 gevalle in 2018 aangemeld. In 933 van die gevalle waar geslag aangedui is, was 56% vroue.

In die 930 van die 967 gevalle waar ouderdom aangemeld is, het die ouderdomme van geboorte tot 92 jaar gewissel. Altesaam 79 babas en sewe kinders tussen die ouderdomme van een en 14 jaar is dood; en 46 van die slagoffers was tussen 15 en 49 jaar oud, 23 tussen 50 en 64 jaar oud en 26 ouer as 65 jaar. Die ander twee oorledenes se ouderdom is onbekend.

Volgens Nios is die meeste gevalle in Gauteng aangemeld (59%), gevolg deur die Wes-Kaap (12%), en KwaZulu-Natal (7%). Nios het gesondheidsorgwerkers aangemoedig om bedag te wees op nuwe gevalle aangesien persone wat die afgelope paar weke verwerkte vleisprodukte geëet het nog simptome kan toon. Meer as 290 mense word steeds vir listeriose behandel.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevestig die uitbreking van listeriose in Suid-Afrika is die grootste wat nog ter wêreld aangeteken is. Die bron van die uitbreking is intussen geïdentifiseer as die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane wat polonie, Weense worsies en kouevleissoorte vervaardig. Alle produksie is gestaak en alle Enterprise-produkte is onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Bokkie ·

NIE NET VLEISPRODUKTE NIE< lekker om ENTERPRISE nou al die skuld te gee maar daar is al vegetariers ook dood aan listeriose. Hulle het dit selfs in SPANSPEK gekry . so asb tog . hou op die VLEISDROMMETJIE slaan, ja natuurlik hou op worsies en polony eet . dis die maklike gedeelte, maar onthou ook alle NIE GAAR produkte kan ook besmet wees.

KAS ·

Ek is tans nie meer seker of enige koue vleis vir menslike gebruik aanvaarbaar is nie.Is dit net Enterprise se produkte en Rainbow wat moet vermy word of is daar ander preodukte ook.Kan iemand meer inligting gee.

Casper Labuschagne ·

Die kort antwoord is dat niemand regtig weet nie, die lang antwoord het klaarblyklik daarmee te doen dat listeriose baie wyer voorkom as wat ons sou vermoed. Tiger Brands hou vol dat die spore van listeriose in hul produkte nie genoegsaam is om aan te dui dat die die oorsaak van die siekte is nie. Namate die voorkoms van listeriose voortduur, raak dit al hoe waarskynliker dat polonie dalk nie al die skuld moet dra nie. Ek het self al op die plaas opgemerk dat die voorkoms van bakteriese infeksies, onder andere brusolose, verdwyn sodra die winter intree en ryp voorkom. Dalk het die voorkoms van listeriose heelwat te doen met die geweldige hoë temperature wat ons hierdie somer ondervind het, gepaard met die feit dat meeste binnelandse riviere hierdie somerseisoen nog nie regtig sterk of konstant vloei nie en dat besoedeling van ons waterbronne gevolglik gekonsentreer word.

not in wonderland ·

Hello Kas, ek sal alle sulke produkte vermy, Vriendin van my is op Kersdag oorlede een Listeriose. Soos ek lees maak Enterprise produkte wat onder ander merke verkoop word, soos Woolworths. Ek is dit vertel by ‘n Woolworths-garagewinkel toe ek navraag gedoen het. Die produkte wat langs die verwyderende produkte verpak is, is nog ewe so daar. Is daar nie gerpaat van “cross contimination” nie?

Lollie ·

Het die 79 baba’s ook Enterprise geeet?
Ons land se probleem is higiëne! Voor 1994 was daar gesondheids inspekteure en jy kon nie kos van jou huis maak en verkoop voordat hulle nie kom inspeksie hou het nie. Waar is hulle deesdae? Op elke straathoek word kos gemaak en verkoop. Ou karavane wat uitmekaar val word ook gebruik. Rommel word oral opgemerk. Munisipaliteite doen nie meer hulle werk nie en vir weke lê almal se vullis op sypaadjies en vrot. In ons dorp word soveel water gemors want oral is pype wat bars en hulle is nie haastig om dit reg te maak nie. By die spruit het hulle ń paar jaar terug bloekombome afgesaag. Dit het in die spruit geval. Nou lê dit daar en alles pak om dit aan. Water vloei nie meer nie en die water is grasgroen. Riete neem nou laaste spasies oor. Enige pes sal daar uitbroei.
Waar lê die probleem nou eintlik van siektes ens.? Die mense wat oral aan bewind is! Wil almal en alles blameer maar hulle kan nie hulle werk behoorlik doen nie en die meeste landsburgers kyk daar verby!

Rina ·

Mooi gestel Lollie net soos jy sè maar hul moes ñ sondebok kuier wat nou al die blaam moet dra .Daar gaan nog baie gevalle wees hierdie is net die begin

Zelda ·

Lollie, nou slaan jy die spyker op die kop!! Higiëne, higiëne!! Wie se skuld dit ook al mag wees, ons bly in ‘n vuil land!!

Johan ·

WGO skryf een Omgewingsgesondheidpraktisyn voor vir elke 10 000 van bevolking tans werk ons teen 1:60 000 . So mnr die minister wie is verantwoordelik vir die Esidimeni en Listeriosis , jy wat jou afvee aan WGO standaarde.

STEM ·

Lollie jy slaan die spyker op die kop. Selfs in restaurante ens. doen die gesondheidsinspekteurs nie meer diens nie. Gevolg: Enige ding is reg. Weet van plekke waar kos op die vloer gesit word met aflewering ens.

Pop ·

Mense sal aanhou doodgaan want as jy hospitaal toe gaan weier hulle om bloedtoetse te doen om te sien of jy dit het. Die blaam moet voor ons vrot mediese stelsel gele word. As iemand dit het is dit eenvoudig om te behandel.

LouE ·

Ek sou nie kon dink dat babas onder een jaar nou eintlik soveel polony eet nie? Is hulle seker dat hulle al die bronne opgespoor het? Is daar geen kruis kontaminasie met ander produkte nie?

Spook ·

Theron se products is 100% veilig…. Maar dit gaan my n wyle vat om enige verwerkte vleisprodukte weer te eet

not in wonderland ·

Hello Kas, ek sal alle sulke produkte vermy, Vriendin van my is op Kersdag oorlede weens Listeriose. Soos ek lees maak Enterprise produkte wat onder ander merke verkoop word, soos Woolworths. Ek is dit vertel by ‘n Woolworths-garagewinkel toe ek navraag gedoen het. Die produkte wat langs die verwyderde produkte verpak is, is nog ewe so daar. Is daar nie gepraat van “cross contimination” nie?

snoefie ·

ek stel voor dat niemand hulle blind staar teen enterprize nie. van dag een af, word ons bedrieg oor listeriose. dit is regtig n rassistiese aanval enn groot bewys dat die gesondheidsinspekteurs nie hulle pligte uitgevoer het noe.

Attie ·

Jy maak ‘n wilde stelling…wat is jou kennis van nasionale gesondheidswetgewing, voedselhigiëne, bakteriologie, asook die pligte en werkswyses van “gesondheidsinspekteurs”? Verwag jy werklik die paar “gesondheidsinspekteurs” in SA moet elke liewe voedselproduk monster wat vervaardig en verkoop word? Dink jy hul moet 24/7 aanwesig wees by elke perseel in SA? Weet jy ook dat hul pligte baie verder strek as net voedselhigiëne? Moet die skuld nie dalk eerder op die kwaliteitbeheerbeamptes van groot vervaardigers gepak word nie…mense wat hul dagtaak daaraan wei om te verseker dat maatskappy se produkte moet voldoen aan voedselwetgewing, voordat ons dit koop nie? Was dit nie juis “gesondheidsinspekteurs” wat die bron van die probleem vasgestel het nie? SA se publiek is waningelig, dom kommentaar op sosiale media en sensasionale histerie in media, dra daartoe by dat daar op verkeerde plekke na sondebokke gesoek word.

LB S ·

Ag asseblief, Snoefie, wat de duiwel het dit nou met RASSISME te doen???????????

Paul ·

Ek sien daar word ook nou ‘n ondersoek na die invoere van “wit slym’ aangevra. Dus mag die binnelandse verwerkingsaanlegte dalk nie die vark in die verhaal wees nie.

Die minister van gesondheid was ‘n bietjie vinnig om die sneller te trek.

Bessie Buys ·

Lollie ek stem 100% met jou saam. Groente is ook n groot probleem. Dit word hoofsaaklik uit damme en riviere besproei wat als met riool besmet is. Wie moet ons bedank? Die regering en die munisipaliteite!

DS ·

Lollie ek stem 100 % met jou saam. Higiene is die probleem. Van die os op die jas dis hoekom soveel mense deesdae septisisme na operasies ook kry – en dan praat ons van in privaat hospitale. Staan in ‘n hospitaal se toilette besig om my neus te poeier – kom ‘n SUSTER uit een van toilette en loop uit sonder om haar hande te was. Skuus en nou gaan sy iemand se wond met daai ongewaste hande versorg. Ag nee sies man.

JD ·

Glo defnitief nie dat NET enterprise of tiger brands produkte besmet is nie. Mense is dan al dood van vrugte o.a spanspek en groente.
Daar is dan gese dat die mielies besmet is d w s dit is iets in die grond of wat in die grond in gewerk word – kompos, 321, ens.
Die minister van gesondheid het wel gese dat enterprise polokwane die oorsprong v d bom is. HKM? Die gesondheids inspekteure word dan omgekoop. Hulle is onbevoeg. Dit is eintlik die gesondheids departemente se skuld wat hulle moes geletterde en gekwalifiseerde mense indiens geneem het. Dis maklik om die probleem op ander af te skuif. They have to carry the responsibility for the mistakes.
‘n doktor van gesondheid het eendag gaan besoek afle by ‘n voedsel vervaardiger. Hy se toe hy die fabriek binne gestap het het die hele plek na mens uriene gestink. Die aarbeiders gebruik sommer hoekies om te urineer.
Nou vra ek… Waar is die kamma inspekteure???

Lee ·

Sovêr my kennis strek eet babas nie polony en goed nie. Hang af hoe klein hulle is. Baie jammer maar ek glo nie dat dit net Enterprise produkte is nie. Dalk moet die gesondheids department beter toets en kyk wat saam met dit geeet was.

Pediater ·

Die babas wat listeria kry is meestal pasgeborenes wat dit in utero by hul geinfekteerde moeders kry.Swanger vrouens is besonder vatbaar.So ń baba is dikwels dodelik siek by geboorte.
Ek het 2 babas behandel vir listeriose.Beide se moeders het in gegoede areas gewoon en hul kos gekoop by dieselfde plekke waar ek koop.
Wat het verander in ons land met betrekking tot voedsel die laaste jare?Ons het ń ongewone kombinasie(uniek in die wêreld)van ń uitgebreide moderne voedselverspreidings netwerk en onhigiëniese voedselhanteerders.
Daar is bloot te veel mense wat aan jou kos vat wat nie hulle hande was na hul by die toilet was nie.Sommige was nooit hulle hande nie.
5 tot 10 persent van mense dra listeriose in hul dermkanale.
Handewas moet jy by jou moeder leer van kindsbeen af.As dit nie in jou kultuur is nie gaan jy nie as volwassene dit aanleer nie.
Die voedselhanteerders kan nog deur middelbestuur geforseer word om hande te was maar ons weet middelbestuur is nou getransformeer na mense van dieselfde kultuur.
My opinie is dat transformasie ons hierdie epidemie besorg het.

Susan ·

Dankie vir hierdie inligting, dokter. Ek het ook gewonder hoe kry die pasgebore babas dan listeriose. Ek het ‘n besigheid gehad in ‘n sentrum waar daar verskeie wegneemete plekke was. Die personeel van die winkels het ‘n badkamer gedeel. Ek het hoeveel van daardie werkers, wat die kos hanteer, daar gesien uitkom uit ‘n toilet en hulle stap net uit sonder om hande te was. Ek het ook al die kakkerlakke gesien wat in die vreeslike vuil kombuise krioel. Ek het nie een keer ‘n gesondheidsinspekteur daar gesien nie.

Johanna Botha ·

Hierdie probleem se wortels le by die onbevoegde staat se mense wat inspeksie moet doen ….kyk nou mooi dit gaan ook n Life Esedimeni wees !

marous ·

Esidemi se mense ook polonies ingekry? Dra malaria muskiete salami rond ? Het daar ham in die riviere beland? Het die hospitale se lee kaste weense worsies in ? Is gesondheids inpekteurs so skaars soos vark spek in sekere lande ? Kan ‘n mens homself dagvaar?

Katriena ·

Ek het grootgeword op n varkplaas en verskeie groente. Glo my varkvleis gesonder as al die groente….

Lynne ·

Ek is so afgesit in kos! Julle wil nie weet nie! Nooit weer take~aways of uiteet vir my nie!

LB S ·

‘n Baie bekende Pizzaplek (ek weet nou nie of dit net die een in ons buurt was nie, sms ontvang), het verlede naweek adverteer : Two large pizzas for R100 this weekend only!
Wou hulle dalk gou van hulle ham ens. ontslae raak?

Vicky ·

Ons was ALS! Ek leer tot my kids om n piesang te was. Want jy skil die piesang en so vat jy aan jou eet gedeelte ook as die skil af is… Ai mense. Dit is nie net enterprise nie.

Boy van die Suburbs ·

Die WGR se bevinding verbaas my glad nie! Suid-Afrika is bekend vir sy vrot standaarde op alle terreine!

Nie blind ·

Ek stem saam met snoefie. Dink hierdie was ‘n poging wat gevaal het om baie meer mense uit te wis. Dis glad nie moeilik om ‘n bakteriee in die kosverwerkers te laat beland nie. Het menigde kere met verbasing toegekyk hoe hierdie fabrieke se masjiene lyk wanneer ons instandhouding moet gaan doen. Baie werkers weet waarvan ek praat, maar nie een praat uit daaroor!

LB S ·

Wel dit kon nie ‘n RASSISTIESE poging om mense uit te wis gewees het nie, want almal, wit en swart, eet hierdie produkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.