Listeriose: Tiger Brands ‘doen alles moontlik’

‘n Mikroskopiese blik op listeriose.

Tiger Brands het Vrydag gesê hulle doen alles wat hulle moontlik kan om die oorsaak van die listeriose-bakterie wat by hul perseel in Polokwane aangetref is op te spoor.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Sondag aangekondig die bron van die listeriose is opgespoor by die Enterprise-fabriek in Limpopo wat deur Tiger Brands besit word. Dit het gelei tot die onmiddellike herroepping van talle vleissoorte soos polonie.

Minstens 180 mense is sedert vroeg verlede jaar in Suid-Afrika dood as gevolg van dié siekte.

Lawrence MacDougall, hoof uitvoerende beampte van Tiger Brands, het gesê alle pogings, energie en tyd word toegewy aan die ondersoek om agter die kap van die byl te kom.

Volgens hom het hulle ʼn span van plaaslike en internasionale wetenskaplike kenners aangestel. “Ons Germiston- en Polokwane-fabrieke bly gesluit terwyl ons ʼn diep skoonmaakproses uitvoer,” het MacDougall in ʼn verklaring gesê.

Hy het bygevoeg die gesondheid van hul kliente is hul nommer een-prioriteit. “Ek is diep bekommerd oor die ontdekking van LST6 by ons fabriek.”

Volgens hom word alle herroepte produkte in ʼn kwarantyn-stoorkamer gehou voor dit verbrand sal word.

MacDougall het verder gesê die herroepingsproses wat Sondag begin het, is byna voltooi. “Ons sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat dit nooit weer gebeur nie. Ons erken ons is betrokke by ʼn nasionale krisis wat verbruikers, kliënte en die industrie geraak het. Tiger Brands wil aan die voorpunt van die oplossing wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Alida ·

Tiger Brands sal alles doen om dit reg te stel maar die bakterie kan ENIGE plek wees. Aaron het nou n stok gekry nou slaan hy net op een plek. Uselesss verby. Groente vrugte kaas melk kan dit almal bevat maar sy Dept weet niks van higiene af nie. Plaas ondersoek hy die hospitale en klinieke. Staats sowel as privaat.

Alida ·

Ek wonder of Aaron n paar jaar gelede opvolginspeksies gedoen het na wurms in die vleismeules van slaghuise of Meat World se bom. Tiger Brands is n gerespekteerde Mpy. Die wat weet wat in polonie en worsies ingaan eet dit in elk geval gladnie.

Cecile ·

Dis nogal eienaardig dat julle ‘n listeriosis uitbreking in Suid Afrika het – en, wie sou dit nou kon dink – ONS het terselfdertyd ‘n listeriosis uitbreking in Australie??? Hier blameer ons spanspek, daar by julle, vleis-kosse. Hoe verklaar mens dit?

Alida ·

Cecile ja dit is n goeie vraag. Spanspek word buite geplant. By ons is gesondheidsinspekteurs veronderstel om ALLE plekke waar kos voorberei word gereeld te besoek maar almal en alle fabrieke gaan net aan tot n ramp die land tref. Ons ministers pronk met hul hoe salarisse en maak staat op onbevoegde werksoekers nie opgeleide mense nie. Plaas stel hulle mense aan met opleiding en integriteit en nie iemand wat val vir R100 omkoopgeld om die probleem mis te kyk nie. Daar moet eers sterftes wees voor hulle wakker word. Nuwe SA.

Deon ·

Enterprise gewoonlik van die beste produkte!!! Ek dink daar moet nie net op een maatskapy gefokus word nie. Hierdie hele debakel kan voor die ANC se deur gelê word!! Daar is mos geen wette meer nie. Vleis word op straat verkoop en daar is geen gesondheidsinspekteurs te sien meer nie!

Alida ·

Cecile ja dit is n goeie vraag. Spanspek word buite geplant. By ons is gesondheidsinspekteurs veronderstel om ALLE plekke waar kos voorberei word gereeld te besoek maar almal en alle fabrieke gaan net aan tot n ramp die land tref. Ons ministers pronk met hul hoe salarisse en maak staat op onbevoegde werksoekers nie opgeleide mense nie. Plaas stel hulle mense aan met opleiding en integriteit en nie iemand wat val vir R100 omkoopgeld om die probleem mis te kyk nie. Daar moet eers sterftes wees voor hulle wakker word. Nuwe SA.

Manna ·

Dit sal my nie verbaas as daar ‘n politieke ondertoon is. Dalk is die spore van listerose daar geplant. In nuwe Suid Afrika is enige iets moontlik. Elke dag is soos ontknoping van nog ‘n riller. Kreatiwiteit om moeilikheid te maak ontbreek definitief nie. As ons die kreatiwiteit net kan omdraai maak ons die land kroon juweel in wêreld.

Pieter ·

‘n Mens kan aanvaar dat baie van die produkte wat in hierdie tipe verwerkte kosse gebruik word ingevoer is. Wie het die verpligte toetse op (ingevoerde voedsel produkte) hierdie produkte gedoen en is listiriose deel van die toetse?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.