Listeriose: Tiger Brands was hande in onskuld

‘n Mikroskopiese blik op listeriose.

Tiger Brands het Maandag geweier om verantwoordelikheid te dra vir die uitbreking van listeriose in die land en het ontken dat daar enige direkte verband is tussen sy produkte en die dood van 180 mense wat met dié siekte gediagnoseer is.

Laurence MacDoughall, Tiger Brands se uitvoerende hoof, het Maandagmiddag by ʼn mediakonferensie in Johannesburg gesê verbruikersveiligheid is van sleutelbelang vir die maatskappy.

MacDoughall het gesê juis daarom het die maatskappy besluit op ʼn vrywillige herroeping van sy produkte as deel van regstellende stappe in reaksie op die departement van gesondheid se onthulling dat verwerkte kouevleissoorte een van die bronne van die siekte is.

Die aantal gevalle van listeriose wat deur laboratoriumtoetse bevestig is, is tans meer as 900.

MacDoughall het erken dat hulle lae vlakke van listeriose in Februarie ontdek het, maar het gesê aangetaste produkte is onder kwarantyn geplaas en die produksie daarvan is gestaak.

“Daar is geen direkte verband of ooreenkoms tussen die sterftes en ons produkte nie, nie waarvan ons in dié stadium kennis dra nie. Ek kan nie om verskoning vra vir iets waaroor ek nie duidelikheid het nie. Ek is nie bewus van enige siviele regstappe teen die maatskappy nie,” het MacDoughall gesê.

“Ons het nog altyd met dringendheid opgetree wanneer die departement van gesondheid of die nasionale verbruikerskommissie enige kommerwekkende kwessies onder ons aandag gebring het. Ons produkte het deurlopend onder 10 CFUs/g getoets.”

MacDoughall het gesê die maatskappy aanvaar geen bewerings dat die gehalte van dié voedseltoetse gedaal het nie. Die maatskappy handhaaf volgens hom slegs die hoogste gehalte wat standaarde en protokol betref. Die maatskappy werk tans daaraan om die listeria-bakterie heeltemal by sy vervaardigingsaanlegte uit te skakel.

Die bestuur van die maatskappy hanteer boonop tans nog die finansiële gevolge van die produkherroeping nadat sy aandeelprys met 7% getuimel het.

Tiger Brands is gedwing om al hul kitsklaarprodukte van die rakke af te haal nadat dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, beveel het dat alle verwerkte vleissoorte wat deur Enterprise en Rainbow Chicken Limited vervaardig is, herroep moet word.

Motsoaledi het bevestig dat die bron van die uitbreking by die Enterprise-voedselvervaardigingsaanleg in Polokwane, ʼn Tiger Brands-filiaal, is. Die uitslae van die toetse het bevestig verwerkte vleisprodukte van die Enterprise-fasiliteit in Germiston bevat die L. monocytogenes-bakterie.

Lees alle vorige berigte oor listeriose op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Met al wat n staats departement is in totale verval weens onbevoegde personeel en n afrika kultuur rakende dringendheid… glo ek bitter min van die skielike vinger wys van die minister. Skokkend om te moet sien en ervaar hoe n land agv kader ontplooiing en vervalle standaarde letterlik al wat eens in beheer siektes en peste moet trotseer. ANC LEGACY.

Ralph ·

Stem volkome saam met jou Johan. Plaaslike regering wat kwansuis toetse laat doen het laat ook veel te wense oor met hul take rakende die riool, vuil water en bowenal swak en korrupte dienste. Glo nie hul kan enige vinger wys nie.

Piet Snot ·

Johann, ek’s bevrees jy’s reg.
Aaron Motsoaledi is nie juis ‘n figuur wat vertroue inboesem nie – ek neem sy aansprake maar met ‘n knippie sout.

Yolandi ·

Ja dis nou so maklik nou dat iemand blameer kan word! Die minister kry n klop op die skouer omdat hy die bron opgespoor het. Hoe akuraat hy is sal ons nie weet nie. My vraag is wat van die 1000de mense wat nou sonder n werk gaan sit danksy die minister se aantuigings? My vraag is ook kom dit dan in vark voor of hoe ontstaan dit? is vars vleis ook in gevaar? Hoe het hy die gevoltrekking gemaak?

feite ·

Ek kan nie dink dat dit die waarheid is nie. ‘n Plek wat al vir soveel jare weet wat die gesondheids reels is en daarby hou en dan skielik beskuldig word sonder dat hulle tyd kry om hulleself te verdedig….. Kry die feite reg en meer as genoeg bewyse voor jy so te se ‘n plek toemaak-die verbruiker betaal op die einde vir die verlies

DewaldS ·

‘n Kennis van my was ‘n matrone in ‘n hospitaal. Sy voorspel hierdie siektes (en nog baie erger) al ‘n geruime tyd. Beskawing is ‘n lekker ding maar dit het onderhoud nodig, anders kan party aspekte van dit nogal gevaarlik wees.

Amelia ·

Dalk maar net dalk moet die fabrieke maar hul water laat toets wat deur die staat aan hul verskaf word. En ja daarna kan hul dalk al hul personeel n vroee pensioen gee met al die geld wat die staat agv skadevergoeding moet betaal. En dan staan die fabrieke leeg en die personeel is weg en die staat probeer polony ens van donkieperdevleis maak. Of dalk is daar weer n regstellende aksie personeellede by die fabrieke en weet hul net van regstellende aksie maar niks van kieme en al dai goeters nie. Laat toets jul water en laat dan kyk na jul personeel of gedoen is wat volgens die ou Suid Afrika nog wet was. As dit uitgeskakel is, dagvaar dai ministers.

Andrew ·

Dit is baie interressant om te sien hoe gou die minister na die media hardloop met die uitslae.

Tiger Brands produkte is lank reeds nie deel van my aankope nie, maar mens moet in hiedie geval ook kyk na die vervoer en berging van voedsel by afsetpunte. Ek wens ek kon wys wat mens sien in die koelkamers, stoorkamers en kombuise van eetplekke – ek is nie ‘n gesondheidsinspekteur nie, maar my beroep neem my dikwels na hierdie omgewings. Die toestande daar laat mens dikwels tweemaal dink of jy selfs by die voordeur wil instap.

In hierdie geval praat ons van mense wat siek word en sterf van voedsel, maar hoekom is almal so stil oor hoeveel mense jaarliks sterf aan infeksies wat hul in hospitale opdoen? Dokters is bang om chirurgiese prosedures uit te voer in sommige hospitale. Pasiente word opgeneem vir minder ernstige siektes, maar tel die sg hospitaalkiem op en word ernstig siek en talle sterf.

Waar is die department van gesondheid in hierdie geval?

Oscar ·

Wat het geword van GESONDHEIDSINPEKTEURS? Is daar nog sulke goed en hoe gereeld maak hulle ‘n draai by slaghuise en fabrieke waar voedsel vervaardig of verwerk word? Alles wat goed was moes vernietig word want dit het die ‘ou regime’ verteenwoordig .. dit is hoekom allerhande goggas nou oral uitklim .. finansieel, gesondheidsgewys, dienslewering . oral is daar chaos omdat alles wat gewerk het vernietig moes word om plek te maak vir ‘n vierkantige blokkie wat hulle weer in ‘n wiel wil omskep . en dan die eer daarvoor kry . maar mind you na die res van AFrika gekyk gaan dit ‘n blokkie bly!
Vreemd dat by Life Esidimeni almal net om verskoning kon vra vir soveel mense se lewens .. hierdie ouens moet ook maar net ‘jammer se’. Ek wil nie onsimpatiek teenoor die slagoffers se families klink nie, maar dit lyk asof alles nie ewe ‘ernstig’ geag word in SA nie.

Henry59 ·

Eina, hulle weet al van Feb maar het nie dadelik die verandwoordelike ding gedoen nie, hulle moet maar vir hulle kry………………… Gister by Pick en Pay opgelet hulle no name produkte nog op die rak. Wat van al die ander maak produkte wat langs die Enterprise op die rak gestaan het? Is dit dan nie ook besmet nie? Die produkte word saam gestoor, vervoer en op die rakke vertoon……sal maar vir eers verby alles hou. Het nogal saam met die vol pakke in my vrieskas ook n halwe pak ondek, was by die dokter met griep simtome…….. Hierdie is een groot vet gemors.

Lee ·

Ek glo die storie gladnie. Op Sowetan is ‘n artikel van ‘n vrou wat Kersdag oorlede is van dit en sy het gladnie eers Enterprise produkte geeet nie. Daar moet dalk getoets word wat die mense saam met dit eet. Die storie is ‘n wolhaar storie hulle weet nie wat om te sê nie dan kyk hulle na groot maatskappye wat dit kan bekostig om ‘n dip te vang. Dalk lê die probleem in die gaarmaak

PJC ·

Gelukkig weet ń mens nie altyd van die snaakse dinge wat met ons kos gebeur voordat dit by ons uitkom nie. Ek het nog altyd so lekker gesmul aan Enterprize se produkte, sommer al die soorte omdat hulle die lekkerste gesmaak het.

Sarel swartbrand ·

Dit is n skande nou is die kos nie eers meer veilig nie wat moet of kan die verbruiker doen ek weet ek sal nie weer polonies of geproseseerde vleis koop of eet nie maar wat as kaas of melk volgende is.

woeker ·

eers was gesê mense kan net listeriose kry van vars vrugte en groente en rou vleis. nou is dit skielik van verwerkte, gekookte produkte. het motsoaledi en die gesondheidsdepartement toe gejok uit onkunde of jok hulle nou om enterprise te diskrediteur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.