Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Sondag die vinger na Enterprise Foods se Polokwane-fabriek gewys as die skuldige onderneming wat die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika betref.
Motsoaledi het tydens ʼn mediakonferensie by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (Nios) gesê nagenoeg 180 mense het tot dusver aan dié uitbreking gesterf. Volgens hom is altesaam 948 al met die siekte gediagnoseer.
Motsoaledi het gesê daar is onderhoude gevoer met altesaam 109 mense wat listeriose het om te probeer bepaal watter kossoorte hulle geëet het kort voordat hulle siek geraak het. Volgens hom het 93% van die mense aangedui dat hulle in die afgelope paar maande verwerkte vleis soos polonie, Weense worsies en ander kouevleissnitte geëet het.
Volgens hom het dit aan die lig gekom nadat nege kinders jonger as vyf jaar in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal opgeneem is. Die pediater het glo vermoed dat listeriose ʼn moontlike oorsaak vir hul hospitaalopname kon wees, waarna ʼn ondersoek na die crèche wat hulle huisves van stapel gestuur is. Twee polonie-handelsmerke is glo aan toetse onderwerp en het positief vir listeriose getoets.
Verskeie groepe, onder wie die wêreldgesondheidsorganisasie, het Enterprise Foods se Polokwane-fabriek daarna besoek en ʼn uitgebreide voedselproduk- en omgewingsmonsterneming uitgevoer.
Die uitbrekingsbakterie, bekend as ST6, is gevind in minstens 16 omgewingsmonsters van die fabriek. Die bakterie kom glo natuurlik in die omgewing voor.
Die meeste gevalle van listeriose is sedert die uitbreking in Gauteng aangemeld.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
44 Kommentare
Hoe kan jy siek word as jy die afgelope paar maande viennas geeet het. Hoe lank vat dit dan voor jy siek word
Uitbraak en nie uitbreking nie!!
Ek lees graag jul nuus maar sien gereeld taalblapse.
Ek hoop die gesinne hier betrokke neem daai maatskappy hof toe. Is ‘n skande!!!!!!
Dit neem 2 of met 70 dae voor jy enige symptoms wys
Skandelik ,sal maar net nie die geproseseerde vleis koop nie waar is die gesondheids inspekteurs of bestaan daar nie meer so iets nie.