Listeriose-uitbreking: ‘Regering moet ook skuld aanvaar’

Dr. Aaron Motsoaledi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die regering vermaan om medeverantwoordelikheid vir die uitbreking van listeriose en die gevolglike sterftes te aanvaar.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, moenie net die vinger na voedselmaatskappye wys nie.

“Hy tree nou op asof sy departement onskuldig is deur voedselmaatskappye te laat straf en slagoffers se families met regsoptrede by te staan, terwyl hierdie krisis waarskynlik deur gebrekkige regeringsoptrede ontstaan het en beslis daardeur vererger is.”

Brink sê die huidige listeriose-uitbreking is die grootste uitbreking van dié siekte in menseheugenis. “In ander lande is die probleem hokgeslaan lank voordat bykans 200 mense dood is. Hoekom is die bron van dié uitbreking nie vinniger opgespoor nie? Waar was die gesondheidsinspekteurs wat hul werk moes doen? Waarom het die munisipaliteite nie hul funksies na behore verrig nie? Dít is vrae wat gevra moet word omdat die krisis nog nie werklik in bedwang is nie.”

Volgens hom onthef die SAKP en EFF terselfdertyd die regering van alle blaam terwyl hulle die voedselbedryf as die enigste skuldige wil uitkryt en verder wil laat reguleer. “Hulle wens die staat selfs geluk met die hantering van die krisis en bestraf die privaat voedselbedryf, terwyl baie meer mense al weens nalatigheid of doelbewuste optrede in staatshospitale en van besmette munisipale water gesterf het,” sê hy.

Brink sê die regering het steeds geen verdere tasbare stappe aangekondig of gedoen om listeriose verder te beperk sedert die Enterprise-fabriek in Polokwane as die moontlike bron geïdentifiseer is nie.

“Dr. Francois Mellett, ’n onafhanklike vleiskundige van Stellenbosch, het juis aan Rapport gesê dat die staat se huidige oorsekerheid nog verkeerd bewys gaan word. Kenners het ook aan die koerant gesê hulle glo nie die Enterprise-fabriek was so onhigiënies dat dit die enigste of selfs grootste bron van listeriose kon wees nie.”

Die organisasie stel tans ’n verslag oor listeriose saam om die krisis behoorlik te ontleed. Brink sê onafhanklike kenners word by die verslag betrek om feite oor die uitbreking te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

dominique kotze ·

En wat van rotte plaag oral…in Brakpan is daar n Plastic City waar honderde mense in AAKLIGE omstandighede woon?ek sien muise rond skarrel in die Checkers by Carnival Mall gereeld!!

Willie ·

Ek wonder wat is volgende wat gaan uitbreek,Munisipaliteit asgate en rommel wat nie bestuur word?????

snoefie ·

ek is bly om te sien afriforum noem enterprise nou die MOONTLIKE oorsaak nie die besliste oorsaak nie. ek wonder steeds hoeveel van die gestorwenes het regtig siek geword van n enterprise produk eerder as daardie sypaadjie smous se heerlike kos.

Toenou ·

Ag WAARVOOR het die regering al skuld aanvaar? Die naweek sien ek hulle beskuldig JAN VAN RIEBEECK vir die waterkrisis in Kaapstad. NEEWAT ek het opgegee met die regering .. dit gaan ook nie beter raak nie, dit is ‘n droom. Solank die regering GEEN verantwoordelikheid vir die grondkwessie (waarvoor daar baie geld begroot was) aanvaar nie, en ook nie vir die Sassa gemors, blatante haatspraak en rassisme jeens minderheidsgroepe en die Life Esidimeni tragedie en Marikana slagting nie, en ook nie vir die toestand van die staatshospitale en waterkrisis in Kaapstad nie sal hulle VERSEKER geen skuld aanvaar vir die listeriose nie.

PIPPIE LANGKOUS ·

Ek stem heelhartig saam met hierdie berig. Enterprise is nie alleen die oorsprong hier nie – Ek is bly daar is verdere ondersoeke – Hier gaan nog goed uitkruip wat hulle gesigte gaan laat rooi word (As dit enigsins kan!!!)

V ·

Die gesegde: “van sit en staan kom niks gedaan” Omskryf die regering. Hulle doen nie hulle werk nie, en as die poppo die fan slaan, sit hulle terug en pleit bewusteloos of blammeer iemand anders. Wanneer hulle uiteindelik uitgevang word… dan maak”sorry” mos alles reg. Kyk bv na die Esidemenie tragedie. Sal die bevelgewers ooit gestraf word vir strafbare manslag? Hulle gooi net so ‘n paar randjies in die rigting van die naasbestaandes en dan herontplooi hulle so vining as wat hulle in vorige poste aangestel was. Wat is die waarde van ‘n lewe vir die regering? Hulle traak-my-nie-agtige houding dood mense.

Jacoba ·

Daar is hopeloos te min Gesondheidsinspekteurs om hierdie werk 100% te kan doen. Hulle word net nie aangestel nie en die rede is meestal daar is nie fondse om personeel aan te stel nie. Waar gaan die fondse heen wonder ek! Die Inspekteurs wat daar is kom glad nie by al hul werk uit nie. Hulle is oorwerk. Ek sien dit daagliks om my.

christa ·

In die nuwe SA is alles moontlik. Geleerde mense is van ontslae geraak en die nuwe SA kan nie die appel eet wat hulle gehap het nie.

Ella ·

Ek stem volkome saam. Die regering het invoer van hoender uit Brazilie, en ander onder verdenking lande, goedgekeur. Vroeer jare was ons selfonderhoudend nou is dit nodig om dinge in te voer agv van
skadelike landboubeleid. Vat die regering ook hof toe nie net Tiiger Brandewyn

Ella ·

Ek stem volkome saam. Die regering het invoer van hoender uit Brazilie, en ander onder verdenking lande, goedgekeur. Vroeer jare was ons selfonderhoudend nou is dit nodig om dinge in te voer agv van
skadelike landboubeleid. Vat die regering ook hof toe nie net Tiger Brands.

ne ·

Dis maklik om die apie nou op andermense se skouers te plaas! Die regering is altyd onskuldig!!!! Waar is die gesondheid inspekteur nou ter sprake? Daar is geld vir blink karre en Nkandla – maar nie geld vir noodsaaklike dienste nie. Kyk hoe VROT dit by die plakkers kampe. Kyk hoe lyk ons paaie….

Landi ·

Die onvermoë van munisipaliteite en regering om voldoende gesondheidinspekteurs aan te stel en hulle werk ordentlik te kan doen dra ook grootliks by tot die probleem. Gaan kyk maar by meeste slaghuise, veral kettingwinkel slaghuise en restaurant kombuise, hoe vuil dit daar is. BBBBEEEEEEE kan ook voor die deur gegooi word want orals word mense in posies ingedruk wat hulle nie kan behartig nie of nie voor gekwalifiseerd is nie en dit veroorsaak baie probleme

Dalk word my brief nou geplaas

Robert Naude ·

En moet ook nie van die regering se afgeforseerde AA beleid vergeet nie.

Michael Barnard ·

In kroonstad by P#P kry nog koue vleise op die rakke maar op ander plekke word dit verweider

Lee ·

Die Minister van Gesondheid kan nie eers sy Hospitale in stand hou nie nou kamstig Enterprise blameer. Ek dink persoonlik dis nie ‘n Enterprise probleem nie daar is iets dieper. Dalk was dit ou kos en iets anders wat saam met dit geeet was of potte en panne was vuil wat gebruik is. Die vrou wat Kersdag dood is het in elk geval geen van daai tipe produkte ooit geeet nie. Maklik vir die Regering om die blaam op iemand anders te sit want hulle weet nie wat die oorsaak eintlik is nie.

Alida ·

Tiger Brands gaan nie net goedsmoeds al die blaam vat nie. Die Gesondheidsdept is SKULDIG aan BAIE dinge. Tiger Brands sal die beste regsverteenwoordigers aanstel glo vir my. As Aaron dink hy gaan hierdie rondte wen maak hy ‘n fout.

Lena Jonk ·

Ek dink SA se groot fout met al die siektes is die vuil water wat geeet en gedrink word. Geen kiem sal dit kan weerstaan nie.

Alida ·

Die water is ‘n groot probleem maar die eintlike probleem is die mense wat nie geleer word hoe om higiene toe te pas nie. Die verpleegsters beweeg van een bed waar hulle ‘n pan verwyder na die volgende pasieint sonder om hulle hande te was. Waar is die ou dae toe die susters en matrone die verpleegsters op hulle tone gehou het. Dit bestaan lankal nie meer nie. Hulle werk met siek mense en die kieme word oorgedra want hulle is nie opgelei nie. Werkskepping was aan die orde van die dag en is net aangestel om die syfers hoog te hou. Sommiges het geen benul wat hulle doen nie. Die minister kry die geld en die voordele en basta met die res. Baie kan voor Aaron se deur gelê word. Die slim mense moet net genoeg ondersoeke doen.

Hans ·

Die probleem begin by basiese gesondheids beheer wat eenvoudig nie behoorlik gedoen word nie.

Oom Piet ·

Gesondheids Department het laasjaar alreeds gewaarsku dat vermoed word, geidentifiseerde maar moeilik oorsaak opsporing, van die dodelike listeriosis epidemie vermoedelik van verkoelde verwerkte vleis produkte afkomstig is.
Alle fabrikante kon en moes van toe af hul aankope, produksie an verpakking aanlegte weekliks met listeriosis dodende baie warm stoom onder streng toesig deeglik kiemvry skoongespuit versekerd aanhou bedryf het. Feit is Regerings opsporing en vele inspeksie toets resultate het die algehele produkte herroeping afgedwing, met slam-dung oorsaak klas aksie namens alle aangesteektes en oorledenes in aanloop,

Fanus ·

Waar om te begin soek na die oorsaak van alle probleme is maklik,die vervanging van kundige personeel op elke vlak moontlik,in iedere posisie denkbaar,met onkundige,ongeskoolde,maar polities korrekte personeel.Dis die perfekte resep vir alles waarmee ons te doene kry daagliks,die korrupsie,die dubbele standaarde,die algemene verval van hierdie land van ons.en ek wil waag om te voorspel,dat hierdie nog net die tippie van die ysberg is.The best is yet to come.

peter jooste ·

Dit is die goewerment se verantwoordelikeheid om gesondheids inspekteurs te stuur om seker te maak voedself produseerders se fasiliteite is skoon in higienies. Selfde met die mense wat dood is onder sorg. As die sous trin leegloop dan wat gan gebeur?

Katrina ·

Die riool stroom in ons riviere, ons water word daagliks verder besoedel. Listeriose het heerlike broeiplekke! Daar skuil baie meer agter die enterprise storie, maak maar somme. Wie gaan die meeste voordeel trek as die fabriek sluit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.