Listeriose-uitbreking: ‘Regering moet ook skuld aanvaar’

Dr. Aaron Motsoaledi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die regering vermaan om medeverantwoordelikheid vir die uitbreking van listeriose en die gevolglike sterftes te aanvaar.

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, moenie net die vinger na voedselmaatskappye wys nie.

“Hy tree nou op asof sy departement onskuldig is deur voedselmaatskappye te laat straf en slagoffers se families met regsoptrede by te staan, terwyl hierdie krisis waarskynlik deur gebrekkige regeringsoptrede ontstaan het en beslis daardeur vererger is.”

Brink sê die huidige listeriose-uitbreking is die grootste uitbreking van dié siekte in menseheugenis. “In ander lande is die probleem hokgeslaan lank voordat bykans 200 mense dood is. Hoekom is die bron van dié uitbreking nie vinniger opgespoor nie? Waar was die gesondheidsinspekteurs wat hul werk moes doen? Waarom het die munisipaliteite nie hul funksies na behore verrig nie? Dít is vrae wat gevra moet word omdat die krisis nog nie werklik in bedwang is nie.”

Volgens hom onthef die SAKP en EFF terselfdertyd die regering van alle blaam terwyl hulle die voedselbedryf as die enigste skuldige wil uitkryt en verder wil laat reguleer. “Hulle wens die staat selfs geluk met die hantering van die krisis en bestraf die privaat voedselbedryf, terwyl baie meer mense al weens nalatigheid of doelbewuste optrede in staatshospitale en van besmette munisipale water gesterf het,” sê hy.

Brink sê die regering het steeds geen verdere tasbare stappe aangekondig of gedoen om listeriose verder te beperk sedert die Enterprise-fabriek in Polokwane as die moontlike bron geïdentifiseer is nie.

“Dr. Francois Mellett, ’n onafhanklike vleiskundige van Stellenbosch, het juis aan Rapport gesê dat die staat se huidige oorsekerheid nog verkeerd bewys gaan word. Kenners het ook aan die koerant gesê hulle glo nie die Enterprise-fabriek was so onhigiënies dat dit die enigste of selfs grootste bron van listeriose kon wees nie.”

Die organisasie stel tans ’n verslag oor listeriose saam om die krisis behoorlik te ontleed. Brink sê onafhanklike kenners word by die verslag betrek om feite oor die uitbreking te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
dominique kotze

En wat van rotte plaag oral…in Brakpan is daar n Plastic City waar honderde mense in AAKLIGE omstandighede woon?ek sien muise rond skarrel in die Checkers by Carnival Mall gereeld!!

Willie

Ek wonder wat is volgende wat gaan uitbreek,Munisipaliteit asgate en rommel wat nie bestuur word?????

snoefie

ek is bly om te sien afriforum noem enterprise nou die MOONTLIKE oorsaak nie die besliste oorsaak nie. ek wonder steeds hoeveel van die gestorwenes het regtig siek geword van n enterprise produk eerder as daardie sypaadjie smous se heerlike kos.

Toenou

Ag WAARVOOR het die regering al skuld aanvaar? Die naweek sien ek hulle beskuldig JAN VAN RIEBEECK vir die waterkrisis in Kaapstad. NEEWAT ek het opgegee met die regering .. dit gaan ook nie beter raak nie, dit is ‘n droom. Solank die regering GEEN verantwoordelikheid vir die grondkwessie (waarvoor daar baie geld begroot was) aanvaar nie, en ook nie vir die Sassa gemors, blatante haatspraak en rassisme jeens minderheidsgroepe en die Life Esidimeni tragedie en Marikana slagting nie, en ook nie vir die toestand van die staatshospitale en waterkrisis in Kaapstad nie sal hulle VERSEKER geen skuld aanvaar vir… Lees meer »

PIPPIE LANGKOUS

Ek stem heelhartig saam met hierdie berig. Enterprise is nie alleen die oorsprong hier nie – Ek is bly daar is verdere ondersoeke – Hier gaan nog goed uitkruip wat hulle gesigte gaan laat rooi word (As dit enigsins kan!!!)