Literêre wêreld treur ná moord op Tom Gouws

Tom Gouws. Foto: Via Facebook

“Sy dood is ʼn groot slag vir sy gesin, maar die literêre wêreld het ook ʼn sleutelfiguur verloor”.

Só het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gereageer op die dood van die bekende digter en skrywer dr. Tom Gouws (56) wat Woensdagaand koelbloedig in sy huis op ʼn landgoed in die ooste van Pretoria doodgeskiet is.

Gouws was besig om ʼn belangrike bydrae oor die digter Breyten Breytenbach vir ʼn publikasie van die Akademie te skryf. Die redakteur van die publikasie, dr. Francis Galloway, het gesê dat hy onderneem het om die bydrae “binne dae” te lewer. Die misdadigers is weg met ʼn rekenaar waarop die bydrae waarskynlik geberg is.

Gouws was ʼn briljante student aan die destydse PU vir CHO, tans die NWU, waar hy later ook sy eerste akademiese pos in die Departement Afrikaans en Nederlands beklee het, het sy eertydse departementshoof, prof. Jacques van der Elst, gesê.

Hy was later ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria en die destydse Universiteit van Boputhatswana in Mafeking. “Sy dood is ʼn groot slag vir sy gesin, maar die literêre wêreld het ook ʼn  sleutelfiguur verloor,” het Van der Elst namens die Akademie gesê.

Gouws het nie net naam gemaak as akademikus nie, maar was ook skeppende kunstenaar. Hy het in 1990 as digter met die bundel Diaspora gedebuteer. Daarna het nog vier digbundels gevolg: Troglodiet in 1995, Syspoor in 2002, Ligloop in 2010 en Stigmata in 2012. Hy het in 2011 die ATKV-prys vir poësie vir Ligloop ontvang. Sy drama, Nag van die lang messe, is in 2005 met die Nagtegaal-teksprys bekroon.

Volgens die Akademie was Gouws ʼn meningsvormer in literêre kringe en was hy benewens digter en dramaturg ook die skrywer van talle akademiese artikels en resensies in wetenskaplike tydskrifte en in koerante.

Gouws het ʼn hoofrol gespeel in die ontdekking van jeugdige literêre talent met sy beoordeling van die Akademie se jaarlikse Poortkompetisie vir skoliere en studente.

Maroela Media het vroeër berig Gouws, sy vrou, Retha, en hul een seun is omstreeks 20:00 oorval toe hulle tuis gekom het. Gouws is met iets oor die kop geslaan en in die bolyf geskiet.

Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Retha en hul seun is ongedeerd. Hulle is ná die aanval na een van hul ouer seuns se huis waar hulle tans woon.

Gouws is op 2 Augustus 1961 gebore. Hy laat sy vrou, ses kinders en talle kleinkinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eish ·

Die dae van ons jare — daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
PSALMS 90:10 AFR53
Psalm van Moses.

Hierdie land is eenvoudig n lewensdief op sy beste.

Anita ·

Nie d land nie maar wel d mense wat d moorde pleeg en volgens satan se wil optree

Anoniem ·

Dis si hartseer nog een op statistieke van moord beste is ons moet orania toe gaan

susan ·

Waar ‘n dogtertjie tot die dood gemartel is en nir eens die bure reageer het nie?

Wonder ·

Hoe het die misdadigers in die eerste plek ingekom. Dis mos in ‘n sekuriteitskompleks. Mense trek juis na hierdie komplekse, omdat hulle glo dat hulle daar veilig sal wees. Hier is ‘n slang in die gras. Kon die “sekuriteit” van die kompleks moontlik betrokke wees?

Theresa ·

Nee wat. Sekuriteitkomplekse het hul waarde verloor. As jy BAIE gelukkig is, is dit nog wat die naam sê. Maar dalk is daar werklik goeie wagte en/of sekuriteitskameras wat iets vasgevang het wat ‘n oplossing kan bied.
Sterkte aan die familie en vriende – ons moet nooit gewoond raak aan die situasie in ons land waar ons geliefdes vermoor word nie.

Pandora ·

Leeskringseminare in Welkom, leeskringe waar jy met soveel passie gepraat het oor jou taal en sy letterkunde. Daar is een van jou optredes (lesings) wat ek nooit sal vergeet nie: Die kommunikasie tussen vrouedigters en wat hulle vir mekaar gesê het. Jou humorsin en jou liefde vir mense sal my altyd by bly. Ek sou graag plekke met jou wil ruil.

Anita ·

Dit is met groot leedwese wat ek van ‘n begaafde en geliefde man lees. Mag sy gesin en familie hierdie gebeure en gemis met Sy hulp verwerk.

E.K. die eerste ·

Gaan lees asb sy pragtige gedig hie rop Maroela onder “afrikaans”

marous ·

Hy was wit en is op aandrang deur swartes vermoor …soos al die ander . Punt

Ralph ·

Stem. Amper nooit hoor ons dat wit moordenaars swart gesinne teister en vermoor. Toe Chris Hani vermoor is het die land amper in vlamme en anargie verval .

Hanna Hoekom ·

Nog n lewe so sinneloos en wreed weggeneem! Nog n belastingbetaler minder… Hier is n volksmoord aan die gang! En niemand knip n oog nie. Die buiteland wat so hard teen Apartheid geveg is, is nou stom. En ons sit met die gebakte pere.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.