Little Foot nou heelwat jonger

(Foto: Wits)

Wetenskaplikes meen nou Little Foot, een van die bekende fossiele van ʼn menslik voorsaat, is jonger as wat voorheen vermoed is.

Little Foot is 2,8 miljoen jaar oud, aansienlik jonger as die 3,7 miljoen jaar wat prof. D Granger van die Purdue-universiteit in die VSA voorheen bereken het. Dié ouderdom is vasgestel deur die kwarts waarin die fossiel gevind is te ontleed.

Die eerste beendere van Little Foot is in 1980 in die Sterkfontein-grotte noordwes van Johannesburg gevind. Die res van die beendere is sedert 1997 opgegrawe.

Prof. Jan Kramers van die Universiteit van Johannesburg en prof. Paul Dirks van die James Cook-universiteit in Australië het met dié nuwe inligting vorendag gekom.

“Al die ander hominiedfossiele wat uit die Wieg van die Mensdom kom is tussen 2,5 en 1,5 miljoen jaar oud en Little Foot se 3,6 miljoen maak nie sin nie,” het Kramers aan Maroela Media gesê.

Indien Little Foot 3,6 miljoen jaar oud is, sou dit beteken dat hy ouer as die fossiel Lucy is. Lucy word beskou as die oudste voorouer, met ʼn ouderdom van 3,2 miljoen jaar, wat in 1974 in Oos-Afrika opgegrawe is. “Die nuwe voorgestelde ouderdom pas baie beter in by die tydlyn van die fossiele wat in die Wieg van die Mensdom opgegrawe is. Dit verander die konteks van die fossiel, maar dit maak hom nie minder belangrik nie.”

Die twee wetenskaplikes het die berekeningsproses anders aangepak as in vorige pogings. Granger het destyds bereken hoe lank die kwarts ondergrond was. “Ons het gefokus op hoe lank verskillende dele van die kwarts, wat langs die fossiel was, saam op dieselfde plek was,” het Kramers gesê.

Daar was moontlik ʼn grotkamer bokant die grot waar Little Foot opgegrawe is. Tussen die twee grotkamers is ʼn opening. “Little Foot het op ʼn manier deur die boonste grot geval in die laer grot in, saam met die ouer gronddele,” het Kramers verduidelik. Hierdie scenario verduidelik waarom daar twee verskillende berekeninge vir die ouderdom van Little Foot is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

julius ·

Hierdie fout met hulle berekening is ‘n duidelikke bewys dat geen wetenskaplikke vertou kan word nie. Dink ‘n ander liegstorie uit want niemand glo julle meer nie.

Carla ·

So moet asb nie weer medisyne drink of met jou kar ry of basies enige iets nie, want dit is alles afkomstig van wetenskap. Sonder wetenskap was die helfte van die mense al dood.

Gert ·

As jy in evolusie glo, glo jy nie in God nie. Hou op om die snert te versprei!!!! God het die mens in sy beeld gemaak en God is verseker nie ‘n aap nie.

Ekwilibrium ·

Nou wie’t die aap geskape? Is Sy skepping dan nie volmaak nie? Die mensdom gedra homself erger as ‘n trop ape, hoekom is dit dan so moeilik om te aanvaar?

E.K. - ek sê net! ·

Aan sekeres wat kommentaar hierbo gelewer het: “Better to remain silent and be thought a fool than to speak and remove all doubt.”

leon ·

E.K. Let asb daarop dat jy en ander “evolusionists” al in menige internasionale debatte verkeerd bewys is. Navorsing en feite rondom “carbon dating” en ander vals evolusie teorieè, is wyd beskikbaar vir diegene wat nie vrees vir die waarheid nie. God het die mensdom en elke ander vorm van lewe op aarde geskape….feit. Enige ander teorie / mening is presies net dit … teorie.

Ange ·

@E.K – ek se net, Wetenskaplikes het gevind dat mense wat beindruk is met kwotasies wat pseudo- intelligent klink is nie intelligent nie. Dalk moes jy maar jou eie raad gevolg het.

Gaan lees maar op oor hulle bevinding. Google:

“Scientists find link between people impressed by wise sounding, profound quotes and low intelligence”

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Leon – dus het God ook hierdie Littel Foot geskape. Ange – bedaar. Of laat ek herhaal wat ek eers geskryf het : Better to remain silent…nee toemaar..

Nico K ·

Leon, ek sê nie alles wat die wetenskaplikes sê oor ewolusie is bewysbaar nie, maar hoekom wil jy ewolusie verkeerd bewys. As dit reg bewys word, gaan jy dan nie meer aan die Bybel glo nie? Ons weet nou mos alreeds dat die Bybel is nie reg dat die aarde op vier pilare staan nie, en ons weet dat toe Joshua tot God gebid het, God nie die son laat stil staan het nie. As ewolusie reg is, gaan dit niks aan my geloof aan die Bybel doen nie. As dit al is wat jou geloof aan die Bybel gaan laat vashou, verstaan jy nie die boodskap van die Bybel nie.

Cherokee ·

Nico K (as die K vir kotze staan mag ons mekaar dalk perssonlik ken) ek lief jou jou antwoord! Vriend, jou kommentaar kan nie op verbeter word nie. ‘Probeer om raak te lees dìt wat deur mense gesê is en besef dàn wat gesê is deur die Seun van die God van alle gode en die Koning van alle konings. Dankie Nico, vir ‘n raak raak raak antwoord op wat gevra is.

Adoons ·

Leon, die Bybel leer duidelik dat die verskillende tale by die Toring van Babel ontstaan het. Geld dit met ander woorde vir Afrikaans as taal ook? Voel jy dieselfde oor mense wat beweer dat Afrikaans uit Nederlands ontwikkel het en Portugees uit Latyn uit as wat jy voel oor mense wat weens die wetenskaplike bewyse wel evolusie aanhang? As jy saamstem dat Afrikaans uit Nederlands ontwikkel het en nie by die Toring van Babel ontstaan het nie, is jy mos nie konsekwent nie.

Fritz ·

Ai ai ai, volwasse mense wat nogsteeds soos kinders oor geloof baklei.

Cherokee ·

Soos kinders oor geloof baklei? Dìt is wat jou kommentaar is tewyl Geloof (hoofletter) dìt is wat ons toekoms bepaal? Jy moet dit oorweeg om ernstig in gesprek te raak met Hoër Intelligensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.