Lodge-bestuurder in hof oor bedrog

Die Lodge-bestuurder , Rhodes Hattingh (Foto: Verskaf)

Die bestuurder van ’n bekende lodge in Nelspruit het Dinsdagoggend in die Nelspruit-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklagtes van bedrog en diefstal.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die beskuldigde, Rhodes Hattingh (39), is in Januarie 2012 as die algemene bestuurder van ‘n lodge buite Nelspruit aangestel.

Volgens Sekgotodi het Hattingh glo vervalste fakture namens verskaffers aan die lodge uitgereik vir dienste wat nooit gelewer is nie. Hattingh het die geld wat hy só ontvang het, na sy persoonlike bankrekening oorgeplaas.

ʼn Ondersoek deur die Valke het tot Hattingh se dagvaarding op 24 Julie gelei.

Hy sal na verwagting weer op 18 September in die hof verskyn.

Intussen sal ʼn voormalige bestuurder en ʼn voormalige finansiële hoof van die Eden-distriksmunisipaliteit aan die Suid-Kaap na verwagting 10 November in die George-streekshof verskyn vir beweerde bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê hierdie munisipale amptenare het klaarblyklik tussen November 2010 en Augustus 2011 in die geheim voltydse dienskontrakte met die Kannaland-munisipaliteit en die Eden-distriksmunisipaliteit onderteken. Dit het hulle in staat gestel om salarisse van albei munisipaliteite te ontvang.

Hulle het só glo meer as R2 miljoen by die munisipaliteite gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

saggiespraat ·

Ek het al in die lewe geleer DIE HERE SAL ALTYD VOORSIEN al is jy op die punt
van opgee of desperaat, en jy verdien dit nie eers dalk, lug net op jou kop en bid en
hy sal n beter pad gee wat kan help… En jou gebed moet uit jou hart kom nie jou mond
en geduld is nie altyd lekker maar so die moeite wert. Jesus kyk na sy mossies so ook sal na jou kyk…

Anoniem ·

Adri, ek kan ook van die Here se voorsiening getuig. Wanneer dinge vir ‘n mens die donkerste voorkom breek daar lig deur.

Niklaas ·

Kansvatters en oneerlikes is orals te vinde . In elke dorp of stad. En onder elke ras .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.