Lodge-eienaar in beskuldigdebank oor ‘verkragting’

Argieffoto

Argieffoto

Die eienaar van verskeie gewilde hotelle en lodges in Port Elizabeth het onskuldig gepleit op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding.

Johann Dreyer sal Donderdag weer in die Port Elizabeth-streekshof verskyn wanneer landdros Lionel Lindoor na verwagting uitspraak sal lewer op een aanklag van verkragting en twee aanklagte van seksuele aanranding teen Dreyer.

Twee vroue het vandeesweek via video-verbinding teen Dreyer getuig oor die beweerde voorvalle wat glo in 2014 plaasgevind het. Albei vroue was ten tyde van die voorval werknemers van Dreyer. Hulle het Dinsdag hul getuienis afgesluit.

Die staat het ook Dinsdag sy saak afgesluit. Dreyer is die eienaar van talle bekende verblyfplekke, waaronder Beacon Lodge, Crow’s Nest en die King’s Tide Boutique Hotel langs Port Elizabeth se strandfront.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Ek kan nie getug van wat die ware toedrag van sake is nie maar dit wil deesdae lyk of dit mode geword het om oor seks mans te verkla.
As hy skuldig is moet hy verseker die paksla wat. Wat gebeur sou hy onskuldig wees? Loop die vrouens dan weg met ‘n glimlag op hulle gesigte en die man se naam is daarmee heen?

Berhalet Beukes ·

Nog ‘n artikel waarvan ek die anderkant van die storie sou wou hoor.

waarheid ·

Ek hoop regtig nie die dames het hom valslik beskuldig nie, dan moet hy hul maar vir naamskending vat, maar o wee behoede hom, mag hy bitter swaar gestraf word. Dit lyk na ‘n mode om werkers wat verlee is oor hul werk seksueel te misbruik. Die feit dat mens klomp eiendom het beteken nie almal moet lê vir jou nie!!!!!!!! Mans en vrouens verskil oor seks en mans moet ‘n vrou se reg respekteer!!!!!!!

kobus ·

Waarheid, ek wonder maar net hoeko byna twee jaar vat om ‘n saak aandadig te maak. Ek gooi nie klippe nie, maar dit is maklik vir ‘n vrou om toe te gee en daarna eise te syel en as dit nie realiseer nie dan gaan maak sy ‘n saak teen die mans persoon. Vat maar vir die onlangse sake wat uit die hof gegooi is in Amerika. Soos ‘n vorige opmerking dit stel dat al is die persoon onskuldig is hy klaar deur die gemeenskap skuldig bevind en dit is sy geld wat hom los kry. Tog so jammer

ekke ·

In vandag se lewe is dit so maklik om ryp ryp te gil. Sien, hulle sluit jou eere toe en daarna vra hulle vrae. Dit steek my dwars in die krop. Ek stem soos talle ander saam, as jy skukdig is – dra die pakkie – maar wat as jy nie is nie. Hoe bewys jy jou onskuld. Wat van mense wat nie so wel af is soos hierdie man en net die beste kan in kry om hulle saak te veg nie? Ja, hulle beland agter tralies en klaar. As die persoon se storie verskil, wat van leen verklikker toetse wat die dames moet aflê – ? Ek glo tog van hierdie dinge is nie altyd soos mense wil hê dit moet wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.