Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Robinson, die eienaar van die lodge, se liggaam is omstreeks 9:00 Woensdagoggend gevind.
“Haar liggaam was in ‘n duvet toegedraai. Daar was baie bloed. Sy is vermoedelik met ‘n mes in die nek gesteek.”
Otto sê Robinson het glo vroeër geld getrek om haar werkers te betaal. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê Robinson was ‘n Britse burger en het die lodge bestuur nadat haar man ‘n paar jaar gelede oorlede is. Cameron sê Robinson is glo wreed doodgeslaan.
Volgens Cameron is die polisie besig met ’n ondersoek en na gerugte word twee plaaswerkers vermis, wat moontlik met die saak verband kan hou.
“Nog ʼn wrede moord in Suid-Afrika. Die regering se stadige optrede om misdaad te prioritiseer verwring die beeld wat van ons land na die res van die wêreld uitgestraal word,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.
Die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, het in die afgelope maand aangekondig dat die polisie dringend na plaasaanvalle gaan kyk.
“Ons kan nie meer wag vir die regering nie en hoewel ons mnr. Nhleko se uitspraak verwelkom, beteken woorde niks sonder dade nie. Hulle vat te lank,” het Cameron gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Ek het in baie afrika lande gewerk maar soos hier het ek nog nooit so baie haat gesien nie Word beter behandel as in jou land
Ons land is in sy kanon in. Daar is nie meer respek vir n lewe nie. Di regering kyk anderpad en voel vere…….
Wanneer gaan die afrikaner sien dat geen politieke party en saam sit met die vyand van voor 94 die moorde gaan stop nie.Die tatiek is dieselfde val sagte teikens aan en die wet sien dis as roof al wat anders is dis nie meer kleefmyne en landmyne nie ,maar direk en dis mense ouer as 50 jaar
“And Counting” stilbly is ook n antwoord. Sterkte aan die familie.
Ons benodig n sterk Komando stelsel!! Dis al hoe mens die tendens gaan stop as ons met klein groepies gaan prober staan sal ons geintemedeer word deur die SAP.Maar n sterk groep kan daadwerklik begin toetree en glo my die regeering sal gou die boodskap kry wat opad is en dan sal daar daadwerklik begin aandag gegee word. Ons nodig padblokades patrolies en sterk span wat kan ondersoeke doen forensies en spoorsny daar moet ook n idee aan gewerk word wat dit kan finansier as GOD wil kan ons n ding begin werk tans aan n sisteem waar dit sal… Lees meer »