Lodge-eienaar se moordverhoor uitgestel

Herman van Tonder. Foto: Via Facebook.

Die verhoor van Herman van Tonder (50), die eienaar van die bekende Mbizi-lodge buite Bela-Bela in Limpopo wat van die moord op sy vrou aangekla word, het nie vandeesweek begin soos verwag nie.

Van Tonder het Maandag in die rondgaande hof in Lephalale verskyn, maar die verhoor was nie gereed om voort te gaan nie en is gevolglik na November uitgestel. Die verhoor is van 4 tot 15 November op die hofrol geplaas.

Maroela Media het vroeër berig Van Tonder is byna vier jaar ná sy vrou, Elrina, se dood van haar moord aangekla. Luidens die akte van beskuldiging was Van Tonder en Elrina die aand van 5 November 2014 alleen by die huis. Van Tonder het die volgende oggend met sy vrou se liggaam by die hospitaal opgedaag. Volgens die staat was Elrina reeds dood.

“[Van Tonder] het beweer sy het in sy teenwoordigheid gesterf aan natuurlike oorsake en/of siekte. Dit was duidelik dat sy al ʼn geruime tyd dood was en sy het enkele sigbare beserings gehad.”

Elrina van Tonder. Foto: Via Facebook

Volgens die staat het ʼn nadoodse ondersoek later getoon dat Elrina verwurg is.

Luidens mediaberigte het Van Tonder glo kort voor Elrina se dood ʼn polis op haar lewe van R3 miljoen tot R7 miljoen verhoog. Op die lys van getuies wat tydens die verhoor deur die staat opgeroep sal word, verskyn die name van twee verteenwoordigers van Old Mutual in Pinelands, Kaapstad. Ander getuies sluit in die polisieondersoekbeampte en dokters by die Warmbad Staatshospitaal en St. Vincent- private hospitaal op die dorp.

Van Tonder is in Januarie verlede jaar in hegtenis geneem en op borgtog van R15 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

GREEDY ·

Weereens oor geld……Arme vrou dood, en as hy skuldig is gaan hy tjoekie toe…..
Wonder of sulke mense dink hulle sal nie uitgevang word nie…..

cor ·

Hoop hy is skuldig , gaan in elk geval skuldig bevind word al is daar geen getuies nie

Cherokee ·

Jy ‘hoop hy is skuldig’. Jy kan gerus daardie stelling verduidelik.

AndreD ·

Uitgestel vir nog 8 maande………….???? Iemand is besig om tyd te koop…..

Dries du Toit ·

Intussen maak Mbizi nog baie geld. En is daai geld al geblaas. Die saak is al stokoud

Bamsie ·

Ai, die manne kan moor. As hy haar gewurg het was dit n persoonlike wrede moord. Soos in die Rhode geval.

Cherokee ·

Twee vrae wat opduik.
1. Of die eis uitbetaal is.
2. Hoe hy met homself saamgeleef het daardie byna 4 jaar voor hy aangekeer is (asook nou natuurlik).

humor ·

Hierdie knap regters bevind die man sommer voor verhoor skuldig. Swuig liewer dan sal die haat in jou nie so prominent wees nie.

Francois ·

Ek het Mbizi gekamp waar my buurman en hulle as vriende GEPARTY tot ek hulle 1 uur die nag stil gemaak het.

Bietjie baie ·

Die saak neem baie lank, hulle moes hom binne daardie week van haar dood al in die hof gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.