[Video] Lokprent van Oscar-fliek bekendgestel

‘n Skermskoot van ‘n toneel uit die lokprent van Oscar Pistorius: Blade Runner Killer.

ʼn Rolprent oor die wêreldbekende paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, en die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, word eersdaags uitgereik.

Entertainment Weekly het Vrydag die lokprent van Oscar Pistorius: Blade Runner Killer bekendgestel wat handel oor die tragiese gebeure van 14 Februarie 2013 toe Steenkamp in ʼn badkamer van Pistorius se huis in Silver Lakes in Pretoria doodgeskiet is.

Pistorius is van die moord op Steenkamp aangekla en het tydens die hofverrigtinge, wat wêreldwyd uitgesaai is, aangevoer hy het Steenkamp deur die badkamerdeur geskiet omdat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het. Pistorius is aanvanklik aan strafbare manslag skuldig bevind, maar sy skuldigbevinding is later na moord verander en hy is ʼn vonnis van ses jaar tronkstraf opgelê.

Die staat se appèl teen Pistorius se vonnis sal op 3 November aangehoor word, net ʼn week voor die bekendstelling van Oscar Pistorius: Blade Runner Killer wat op 11 November op die Amerikaanse televisiekanaal Lifetime vertoon sal word.

Daar is nog geen datum bekendgemaak wanneer die rolprent in Suid-Afrika uitgereik sal word nie.

Volgens die webtuiste Deadline word die rolprent vanuit Steenkamp se oogpunt vertel en fokus dit op die gebeure wat tot Steenkamp se dood gelei het, die glanspaartjie se verhouding, die gebeure op Valentynsdag 2013 en die hofverrigtinge wat daarna gevolg het.

Andreas Damm, ʼn Suid-Afrikaanse akteur wat in New York in die VSA woon, vertolk die rol van Pistorius, terwyl die rol van Steenkamp deur Toni Garrn vertolk word. Die rolprent is deur Eric Tomosunas vir Thinkfactory Media vervaardig met Norman Stone as regisseur.

https://www.youtube.com/watch?v=XSFWh0wh4Go

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ronel ·

Dis nou een fliek wat ek nie sal kyk nie. En nee. Ek was nie een van daai wat hom gekruisig het nie, ek stel net nie belang in sy doen en late nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Waarom die rolprent gaan kyk as ek alles lewendig op televisie gesien het? Dis ‘n baie hartseer storie en ek wil niks meer weet as wat ek gesien het nie.

Mornay ·

Gaan hy kan aan spraak maak op “royalties”

Waar is die geleerde vriende ( vrae maar net)

Moeg vir oordeel van ander ·

Kan hulle nie nou maar vir Oscar uitlos nie. Moeg vir mense wat oordeel omdat Hy n moordenaar genoem word so asof almal se lewebs so vlekloos is. Dalk net het hy reeds sy saak met God reggemaak hkm nou aanhou met die man. Nooit sal ons besef waardeer hy nie ook moet gaan nie . Ek weet hoe ek gevoel het toe ek ver van God af was alleen en verwerp. God kyk anders na hom as wat die wereld na hom kyk..God kom juis vir die wat verlore is nes ek en die res van ons.. God vergewe maar die mens oordeel. Jy mag die daad oordeel maar met versigtigheid. Nou n rolprent maak en hom nog meer verneder. uiters swak.w

Piet Pompies ·

Ag nee wat, luister na al die kla kouse, hierdie is ‘n fliek wat gemaak is vir mense om na te kyk en te geniet. Al is dit gegrond wees op sekere waarhede bly dit nog steeds ‘n fliek, so los die voorbedagte rade en geniet wat aangebied word.

christa ·

wil hom nou nog meer belangrik laat voel en sy kop nog 5 sentimeters laat swel. ‘n moordenaar moet geen publisiteit kry nie.

Nina ·

Christa, voel jy dieselfde oor elke ander fliek wat nog ooit oor nie-fiktiewe, bekende moordenaars (en ander misdadigers) gemaak is?

E.K. - ek sê net! ·

Sug… laat iemand nou wragtig hieruit wil geldmaak! Dan skryf iemand hierbo dis ‘n “fliek wat gemaak is vir mense om na te kyk en te geniet”. Geniet? Hoe geniet mens iets wat net hartseer vir hele klomp mense beteken het. Nee wat man, dis goor en regtig al ‘n afgesaagde storie.

Snoefels ·

Natuurlik gaan mense dit geniet, as daar n ongeluk langs die pad is en mense het seer gekry, dan bondel mense langs die ongeluk op en staar vir ure ? Hoekom ? Ons hou van ander mense se lyding vir een of ander rede, solank dit net nie ons self is nie

Stormrider ·

Ag tog, die rolprent voel vir my verkeerd op so baie verskillende vlakke. Dis ‘n tragedie en gaan ter wille van sensase en vermaak soveel ou wonde oopkrap…..

wicus ·

LET ME PUT IT THIS WAY ,,,,,,, EK GAAN NIE MY GELD MORS NIE ,, MY BELASTING GELD IS KLAAR VIR DIE SAAK GEBRUIK

Steven ·

PS: Oscar het nooit in Silver Lakes gebly nie. Sy huis was in die Estate langsaan…Silver Stream

Ig ·

Hier gaan ons alweer.Moes die filmmakers nie net gewag het tot na sy verlengde tronkstraf van 15 jaar nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.