Lolly Jackson-moord: Louca bly in tronk

George Louca op 21 April 2015 in die hof Foto:  Narissa Subramoney, eNCA

George Louca op 21 April 2015 in die hof Foto: Narissa Subramoney, eNCA

George Louca, die man wat glo die voormalige Teazers-baas Lolly Jackson vermoor het, sal nie uit die gevangenis vrygelaat word nie, al is hy glo dodelik siek.

Regter Geraldine Borchers het Woensdag in die Suid-Gauteng hooggeregshof, wat in Palm Ridge gesit het, Louca se aansoek vir vrylating van die hand gewys. Die departement van korrektiewe dienste het Maandag ʼn hofaansoek gebring in terme van artikel 49 van die Wet op Korrektiewe Dienste, wat voorsiening maak vir verhoorafwagtende gevangenes wat terminaal siek is, om vir mediese sorg vrygelaat te word.

Louca se regspan het aan die hof gesê dat hy in die finale stadium van longkanker is en dat ʼn dokter vergroeisels in sy keel gekry het, wat beteken dat hy waarskynlik mettertyd aan verstikking sal sterf. Louca het versoek om na sy familie in Ciprus te gaan en het beloof dat hy in September terug sal wees vir sy verhoor.

Borchers het egter sy versoek geweier. “Enige bevel wat ek maak vir sy vrylating sal die staat permanent verhoed om hom te vervolg.” Sy het nie geglo dat Louca werklik na Suid-Afrika sal terugkeer nie, omdat hy reeds oor die grens na Mosambiek geglip het ná Jackson se moord en gesê het dat hy eers sy geheime adres in Ciprus sal bekendmaak sodra hy weet dat hy veilig is.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jakes ·

Vra maar net: Hoekom loop Shaik, Selebi en kie dan nog buite rond?

Hannelie ·

Nee jakes! Ek wil ook weet oor Shabir, maar Selebi is darem mos al ‘n rukkie heen! Daar staan glo op sy grafsteen geskryf: “Glo julle nou dat ek siek was?”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.