Lolly Jackson-moord: Verhoor skop af

George Louca op 26 Maart 2014 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

George Louca op 26 Maart 2014 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

George Louca, van Ciprus, wat beskuldig word van die moord op die Teazers-baas Lolly Jackson, se verhoor gaan na verwagting Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof wat in Palm Ridge aan die Oos-Rand sit, begin.

Louca is voorheen na ʼn plek van veiligheid geskuif en het vir veiligheidsredes sy vorige hofverskyning deur ʼn videoverbinding bygewoon.

Die verhoor sal na verwagting  tot 6 Maart voortduur.

Louca het in Februarie na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy sy finale appèl teen sy uitlewering van Ciprus verloor het. Hy het glo uit Suid-Afrika gevlug nadat Jackson op 3 Mei 2010 in ʼn huis aan die Oos-Rand doodgeskiet is.

Louca het glo kort na die moord vir Joey Mabasa, voormalige hoof van die misdaadintelligensie-eenheid in Gauteng, geskakel en erken dat hy Jackson vermoor het.

Louca staan ook tereg op aanklagte van geldwassery en die besit van gesteelde goedere. Dié saak sal in ʼn streekshof aangehoor word.

City Press en EWN het Sondag berig dat hulle in besit is van ʼn beëdigde verklaring waarvolgens die Tsjeggiese sakeman Radovan Krejcir, die sneller getrek het. Volgens die berigte het die forensiese konsultant, Paul O’Sullivan, gesê het dat Jackson, volgens Louca, geskiet is ná ʼn “verbale en fisiese geskil oor geldwassery”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.