Lolly Jackson-moord: Verhoordatum vasgestel

George Louca op 26 Maart 2014 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

George Louca op 26 Maart 2014 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA

George Louca, die Ciprioot wat beskuldig word van die moord op die Teazers-baas Lolly Jackson, het Vrydag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Landdros Eric Mhlari het aangekondig dat Louca se verhoor van 26 Januarie tot 6 Maart in die Johannesburgse hooggeregshof wat in Palm Ridge aan die Oos-Rand sit, sal plaasvind. Louca word aangekla vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Louca het in Februarie na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy sy finale appèl teen sy uitlewering van Ciprus verloor het. Hy het glo uit Suid-Afrika gevlug nadat Jackson op 3 Mei 2010 in ‘n huis aan die Oos-Rand doodgeskiet is.

Louca het glo kort na die moord vir Joey Mabasa, voormalige hoof van die misdaadintelligensie-eenheid in Gauteng, geskakel en erken dat hy Jackson vermoor het.

Louca staan ook tereg op aanklagte van geldwassery en die besit van gesteelde goedere. Dié saak sal in ‘n streekshof aangehoor word.

Lees ook:
Louca in hof oor Lolly Jackson-moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.