Lonmin-mynwerker sterf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Mynwerker is die naweek by Lonmin se myn in Marikana naby Rustenburg dood.

Die myn het in ʼn verklaring gesê Siphilo Makhende is Saterdagoggend ernstig beseer in ʼn grondstorting by die E3-skag van die myn.

Makhende, ʼn rotsbooroperateur, is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling, maar het Sondagoggend aan sy beserings beswyk.

ʼn Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is van stapel gestuur in samewerking met die departement van minerale hulpbronne en die onderskeie vakbonde.

Makhende se familie in die Oos-Kaap is in kennis gestel en hulle ontvang bystand van die myn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hendrik Havenga ·

Innige simpatie met famile, baie respek vir die rotsboorders. Mees gevaarlike werk ondergronds. Nie n man se maat nie.

Lida ·

Daardie myn is vervloek en moes al lankal gesluit gewees het

charlene ·

Ek verstaan nie hoe gebeur sulke goed nog nie?? Ek sê die myn moet gesluit word nie want dis onregverdig daar is baie mense wat daar werk wat om `n eerbare maar baie gevaarlike manier geld verdien. Maar ons tegnologie kan seker nie so sleg wees dat ons kan sien daai gedeelte is onstabiel – ek meen ons kan aarbewings voorsien voor dit gebeur (ok wel soms) maar hulle kan nie bevind die skag is onstabiel??? Dis onskuldige mense wat sterf.

daleen ·

Wie dink jy is jy Lida om so n uitspraak te maak! Het jy besluit die myn is vervloek! wat n belaglike stelling wonder of jy so gou so wees om so n aantuiging te maak dat die myn lankaal gesluit moes gewees het as een van jou familie lede daar gewerk het! Die myn verskaf duisende werk aan mense wie se families afhanklik is van die inkomste. Miskien moet jy eerder niks se as om so n dom uitlaating te maak! Indien die myn sou sluit sal daar n enorme rippel effek wees wat jou dalk jou werk kan kos! Dink twee keer voor jy praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.