Lonmin het Maandag aangekondig dat die voorsitter van sy raad en direkteur, Roger Phillimore, aan die einde van April aftree.
“Brian Beamish, ʼn onafhanklike nie-uitvoerende direkteur wat op 1 November 2013 by die raad aangesluit het, sal van 1 Mei 2014 sy pos inneem as waarnemende voorsitter van die raad van direkteure,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.
Beamish, ʼn ingenieur, is al 36 jaar lank by die Anglo American-groep, hoofsaaklik in bedryfs- en leierskaprolle.
“Ek is tevrede dat my opvolger so ʼn ervare en bekwame leier is,” het Phillimore oor Beamish se aanstelling gesê.
“Roger was ʼn steunpilaar vir my sedert ek by Lonmin aangekom het,” het Ben Magara, hoof uitvoerende beampte, gesê. “Ek sal altyd dankbaar wees vir sy ondersteuning en wyse raad.” -SAPA