Lonmin-werker sterf glo weens epilepsie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Lonmin-werker is dood nadat hy glo by die myn se K3-opleidingsentrum ʼn epileptiese toeval gekry het.

“Een van ons kontrakteurs het Donderdagoggend ʼn epileptiese toeval gekry en ongelukkig daarvan gesterf,” het Sue Vey, ʼn woordvoerder van Lonmin, Vrydag gesê. Nooddienste is ontbied, maar die man is op die toneel dood verklaar.

Werkers van Anglo American Platinum, Impala Platinum en Lonmin het Woensdag teruggekeer werk toe nadat die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) se vyf maande lange staking tot ʼn einde gekom het.

Vey het gesê dat alle werkers, wat ná die staking teruggekeer het, weer mediese toetse en opleiding moet ondergaan voordat hulle met hul werk kan voortgaan. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.