Loononderhandelings vir staatsamptenare hervat volgende week

Ayanda Dlodlo. Foto: http://www.gov.za

Loononderhandelings tussen die regering en vakbonde vir staatsamptenare sal na verwagting volgende week Dinsdag hervat.

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, het in ʼn verklaring gesê sy het Vrydag met die leierskap van vakbonde gesels oor ʼn kommer dat die regering voete sleep om die onderhandelings af te handel.

“Die vergadering met die vakbondleiers wys ons toewyding om ʼn lewensvatbare uitslag te bekom vir die werkgewer, vakbonde en die Suid-Afrikaanse publiek,” het Dlodlo gesê. “Ons het met die vakbonde ooreengekom dat die gesprekke spoedig moet hervat. Dit sal Dinsdag, 17 April 2018, gebeur.”

Dlodlo het staatsamptenare versoek om geduldig te wees. Die proses moes al teen hierdie tyd afgehandel gewees het, aangesien jaarlikse verhogings van hierdie maand in werking tree, maar dit sal nou terugdateer word.

“Ons is nou baie nader aan mekaar wat die kwessies op die tafel betref en ons versoek almal se geduld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Meer mense meer geld en minder werk en nog minder verantwoordelik en kundigheid . ..wat n wenresep !

John

Ja, ek het ook slapelose nagte oor die afgeskeepte mensies want die nuwe Apple is op die rakke en daai blinke met alles, net mooi alles ingebou op vier wiele, staan in die vertoonkamer en dan is daar Dubai (spel Kubai) en die nuwe modes vir winter en Eskom se eerste kragfooi-verhogings in 24 jaar en noudat ons nie meer polonie op ons toebroodjies kan eet nie, is Russiese kaviaar mos al wat oorbly… Nee, dis totaal omregverdig om so wreed te wees. Terugwerkend tot by 1911 sal net gepas wees. Veg mense veg… Finans kan dit bekostig en lekker… Lees meer »

Pieter

Ina, jy is een van die werkendes wat hard werk en ‘n bydrae lewer. Die feit is egter dat die staat meer betaal as die privaatsektor omdat die geld daarvoor uit belastings verhaal word. Wees nou eerlik, hoeveel amptenare is werklik bevoeg en lewer ‘n bydrae?

Johannes van Staden

Verdien baie geld maar gesien op tv hoe hulle mekaar se hare doen in werkstyd terwyl die leers langs hulle ophoop. Raak maar eers ontslae van die mense wat n ”job” soek en kry mense wat wil en KAN werk !

Jaco Marais

Pieter, dit is baie maklik. Gaan kyk na die minimum vereistes vir ‘n pos in die staatsdiens. Die minimum vereiste vir iemand in ‘n senior posisie is nou ‘n meestersgraad en ‘n admin klerk is ‘n toepaslike graad . Ek is ‘n sakeman en my vrou is ‘n staatsdiens werker. Haar werksdag is 12 ure plus. Haar inkomste betaal die klaende privaat sektor se salarisse in Pretoria want op die ou einde spandeer sy haar salaris op julle besighede. Ek het nog nooit die privaat sektor gesien kla as ‘n staatsdiens amptenaar iets wil koop nie. Sy het geen keuse… Lees meer »