Loononderhandelings vir staatsamptenare hervat volgende week

Ayanda Dlodlo. Foto: http://www.gov.za

Loononderhandelings tussen die regering en vakbonde vir staatsamptenare sal na verwagting volgende week Dinsdag hervat.

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, het in ʼn verklaring gesê sy het Vrydag met die leierskap van vakbonde gesels oor ʼn kommer dat die regering voete sleep om die onderhandelings af te handel.

“Die vergadering met die vakbondleiers wys ons toewyding om ʼn lewensvatbare uitslag te bekom vir die werkgewer, vakbonde en die Suid-Afrikaanse publiek,” het Dlodlo gesê. “Ons het met die vakbonde ooreengekom dat die gesprekke spoedig moet hervat. Dit sal Dinsdag, 17 April 2018, gebeur.”

Dlodlo het staatsamptenare versoek om geduldig te wees. Die proses moes al teen hierdie tyd afgehandel gewees het, aangesien jaarlikse verhogings van hierdie maand in werking tree, maar dit sal nou terugdateer word.

“Ons is nou baie nader aan mekaar wat die kwessies op die tafel betref en ons versoek almal se geduld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johanna Botha ·

Meer mense meer geld en minder werk en nog minder verantwoordelik en kundigheid . ..wat n wenresep !

Ina ·

Jy weet nie waarvan jy praat nie. Daar is baie staatsamptenare wat hard werk vir hulle salaris en dienslewering. As jy nie vir die staat werk nie… Los liewer jou kommentaar. Ek werk al vanaf kwart voor 7 in die oggend en vat elke dag werk huis toe omrede baie van ons staatsamptenare toegegooi is onder die werk.

Frank ·

Ina 99% verdien nie eers om in die poste re sit waarin hulle is nie wat nog te sê van n verhoging. Miskien is jy die een wat moet ontwaak.

John ·

Ja, ek het ook slapelose nagte oor die afgeskeepte mensies want die nuwe Apple is op die rakke en daai blinke met alles, net mooi alles ingebou op vier wiele, staan in die vertoonkamer en dan is daar Dubai (spel Kubai) en die nuwe modes vir winter en Eskom se eerste kragfooi-verhogings in 24 jaar en noudat ons nie meer polonie op ons toebroodjies kan eet nie, is Russiese kaviaar mos al wat oorbly… Nee, dis totaal omregverdig om so wreed te wees. Terugwerkend tot by 1911 sal net gepas wees. Veg mense veg… Finans kan dit bekostig en lekker gratis vakansies vir elkeen, familie en vriende elke 3 maande per SAL. Dis mos ook ‘n staatsentiteit.

Pieter ·

Ina, jy is een van die werkendes wat hard werk en ‘n bydrae lewer. Die feit is egter dat die staat meer betaal as die privaatsektor omdat die geld daarvoor uit belastings verhaal word. Wees nou eerlik, hoeveel amptenare is werklik bevoeg en lewer ‘n bydrae?

Ronéll ·

Al julle bitterbekke het geen idee waarvan julle praat nie, na 34 jaar diens in die SAPS, met 22 jaar laas bevordering, daagliks aanmeld vir diens vanaf 6:15 tot 17:00 (om ten minste n duik te maak in my daaglikse plig plus addisionele pligte wat opgelaai word), is die maandelikse salaris feitlik nie eers genoeg om verpligte skuld soos water en elektrisiteit, versekering, brandstof ens te delg nie. Ja daar is seker meer as 50% wat rugryers is en wat met n skoen in hoë poste is, maar harde werkers verdien nie jul smalende aanmerkings nie. As een appel in n kas vrot is, beteken dit nie die hele kas is vrot nie. Gaan kyk in n spieël en herhaal jul neerhalende woorde aan julself, want iemand wat nie respek vir ander onbekende mense het nie, verdien op hulself geen respek. As julle nie iets goed van n ander kan sê nie, bly eerder stil

Johannes van Staden ·

Verdien baie geld maar gesien op tv hoe hulle mekaar se hare doen in werkstyd terwyl die leers langs hulle ophoop. Raak maar eers ontslae van die mense wat n ”job” soek en kry mense wat wil en KAN werk !

Jaco Marais ·

Pieter, dit is baie maklik. Gaan kyk na die minimum vereistes vir ‘n pos in die staatsdiens. Die minimum vereiste vir iemand in ‘n senior posisie is nou ‘n meestersgraad en ‘n admin klerk is ‘n toepaslike graad . Ek is ‘n sakeman en my vrou is ‘n staatsdiens werker. Haar werksdag is 12 ure plus. Haar inkomste betaal die klaende privaat sektor se salarisse in Pretoria want op die ou einde spandeer sy haar salaris op julle besighede. Ek het nog nooit die privaat sektor gesien kla as ‘n staatsdiens amptenaar iets wil koop nie. Sy het geen keuse as om elke sent belasting te betaal nie . Daarenteen weet ons dat die privaatsektor, groot en klein elke moontlike kans gebruik om die minimum belasting te betaal. Alles van die “tuinier” tot etes word afgetrek. Kyk na die toestande waarin die staatsdiens werk teenoor die glimmende geboue van die privaatsektor. Kyk na die inkomstes van die direkteure wat moontlik minder belasting betaal as hulle sekretaresses. As die privaat sektor staak lei dit tot bietjie ongerief. As die staatsdiens staak, kom die land tot stilstand. Die staatsdiens bestaan uit baie mense. Sou jy regtig wou hê die polisie en onderwysers moet minder betaal word oor jy kwaad is oor swak diens deur ‘n klerk by binnelandse sake wat so oorweldig is deur die eindelose stroom woedende mense wat elke dag deur die deure stroom om te deel met iemand op wie hulle neerkyk en beskou as onbevoeg.

CHRISTA ·

Jaco, staatsdiensamptenare het NOOIT meer salaris ontvang as ‘n persoon in die privaatsektor wat soortgelyke werk doen nie, maar in die verlede het ons staatsdepartemente gewerk!! Ons staatshospitale het van die beste dokters en verpleegpersoneel gehad (Chris Barnard het in Grootte Schuur die eerste hartoorplanting gedoen en toe was dit nog ‘n staatshospitaal), ons onderwysers was behoorlik gekwalifiseer en as jy matriekvrystelling gehad het kon jy selfs met daardie kwalifikasie OORSEE in enige universiteit gaan studeer!! Selfs staatsbehuising se mure het staande gebly nadat dit afgebrand is. Vandag se staatsbehuising kan nie eers baie reën oorleef nie!!

Johanna Botha ·

As my besigheid swaer kry of nie geld het nie gaan ek verseker nie nog mense aanstel of salarisse verhoog nie …die staat doen presies dit want die balasting geldjies kom mos getrou in so ons kan vermors en plunder !

C+T ·

Ons weet almal daar is amptenare wat werklik eerlik is, hard werk en probeer om ‘ n diens te lewer. Dan is daar die arrogante amptenare wat dink hulle werk en geen benul het van dienslewering. Ongelukkig kry laasgenoemde ook die verhoging!! Dit moes verhoed kon word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.