Loop lig hier vir kapings in Gauteng

hijackVolgens die polisie se jongste misdaadstatistieke was daar van 1 April 2015 tot 31 Maart 2016 meer as 7 300 aangemelde kapings in Gauteng. ʼn Lys is intussen beskikbaar gemaak van sogenaamde hoërisiko-kapingsareas.

Die lys is deur die National Hijack Prevention Academy bekend gemaak.

Volgens dié liggaam is die volgende areas in Pretoria hoërisiko-kapingsareas:

  • Paul Krugerstraat
  • Die R55 in Erasmia
  • Burnettstraat, Delfilaan en Garsfonteinweg
  • Die verkeersligte in Stormvoëlweg
  • Die verkeersligte in Watermeyerstraat
  • Die verkeersligte in Nelson Mandelarylaan
  • Die kruising van Lynnwoodweg en Simon Vermootenrylaan
  • Die kruising van Lynnwoodweg en Hans Strijdomrylaan
  • Die verkeersligte in Walkerstraat
  • Die verkeersligte in Duncanstraat
  • Die kruising van Lynnwoodweg en Universiteitsweg
  • Die Rigel-afrit op die N1
  • Die kruising van Simon Vermootenweg en Pretoriastraat
  • Die kruising van Simon Vermootenweg en Farrowstraat
  • Die kruising van Simon Vermootenweg en Lynnwoodweg
  • Die Lynnwoodweg-afrit op die N1
  • Die Hans Strijdomrylaan-afrit op die N4
  • Die kruising van Hans Strijdomrylaan en die R21
  • Die Atterburylaan-afrit op die N1
  • Die kruising van Schoeman- en Duncanstraat
  • Die kruising van Schoeman- en Hildastraat
  • Die kruising van Schoeman- en Grosvenorstraat

Hoërisiko-kapingsareas in Johannesburg:

  • Die hoek van Kelvin- en CR Swartstraat
  • Die hoek van Pretoriaweg en CR Swartstraat
  • Die hoek van Elgin- en Pretoriaweg
  • Die Linksfieldweg-afrit op die N3
  • Die Booysensweg-afrit op die M1
  • Die Nelson Mandelabrug
  • Wolmaransstraat tussen Claim- en Nuggetstraat
  • Die hoek van Harrowweg en Saratogalaan
  • Die hoek van Harrowweg en Abelstraat
  • Die Houghtonrylaan-afrit op die M1
  • Die hoek van Jan Smutsrylaan en St. Andrews
  • Die hoek van Krause- en 17de Straat
  • Die Heidelbergweg-afrit op die N17
  • Die verkeersligte in Kyalamiweg
  • Die Beyers Nauderylaan-afrit op die N1
  • Die Rivoniaweg-afrit op die N1 in Sunninghill
  • Die kruising van Grayston- en Rivoniaweg en die kruising van Graystonweg en 11de Straat.
  • Empireweg-afrit op die M1
  • Jan Smutsrylaan/William Nicolweg in Hydepark
  • Witkoppenweg
  • Bramley
  • Die kruising tussen Christiaan de Wetrylaan en Wilgeroodweg in Roodepoort
  • 11de Laan in Fairland
  • New Roadweg-afrit op die N1
  • William Nicholweg-afrit op die N1

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sarie ·

Dankie vd inligting. Ongelukkig is die hele Oos Rand ‘n “HOTSPOT”!!!

Jo-anli ·

Die hele Wesrand ook so Krugersdorp en Randfontein ook praat uit ondervinding.

Ella ·

Hoekom as hulle weet dis ‘hotspots’ doen hulle nie iets daaromtrent nie? Sit ligte op, kap die bosse uit, sit kameras op, sit polisie daar 24/7!! Dis ook sommer werkskepping! Dis darem mos nou net te maklik vir die polisie. Waarsku die publiek, en as hulle daar gehi-jack word, dan is dit hulle eie skuld, want hulle is mos gewaarsku. Dis so belaglik.

Hoe gemaak? ·

Baie dankie, maar WAT moet ons doen as ons van hierdie paaie elke dag moet ry om by die werk en huis te kom? As ek in my kar sit en iemand kom na my toe aangeloop met ‘n rewolwer, help dit nie ek weet dit is ‘n hotspot nie, of iemand slaan my ruit stukkend nie, jy kan dit nie keer of afweer nie, iemand kom staan langs jou kar, kyk in jou oe en slaan jou ruit stukkend, jy sit met ‘n kar wat in rat is waaruit jy nie net kan spring nie, gaan jy beter af wees as jy uitspring? Beveilig dan die hotspots of maak seker dat daar sigbare polisiering is ..

Simon ·

Dankie vir die inligting.
Sal ook meer wil weet. Skirminkels is seker ook maar karakters van gewoonte.

Mees algemene dag van maand en tyd van die dag sal goeie by kom ended inligting wees.
Net miskien kan n soortgelyke van patron ge-identifiseer word.
Al hoe wel as ek die skirminkel was sou ek so lukraak moontlik wil toeslaan.
Nog tans sal n soort van patron ontstaan deur na info te kyk.

Fanie Erasmus ·

So eintlik sit die veiligheidsdienste met al die info wat hulle benodig om `n groot impak te maak op kapings na hierdie berig?

jaco ·

My kommentaar het niks met motorkapings te doen nie, maar die volgende val my op: Paul Krugerstraat, Hans Strijdomlaan, Jan Smutsweg: dis alles name uit die sogenaamde apartheidsjare. waarom is dit dan nie verander na die name van freedom fighters nie?

anton ·

jaco want dan sal ons gewone mense nie weet waar hierdie strate is nie. :-)

Lance ·

Die poliese gee n lys en was hulle hande nou ….hulle weet van die areas so mens sal dink hulle is daar en probeer die mense vang …..maar NEE .. …Polisie is net SO PATETIES !

Jef ·

Sal maar n helikopter moet inhuur om my werk toe te vat of gaan hulle my in die lug ook kom kaap eish.

Basjan ·

Beteken dit nou dat hierdie plekke die enigste is waar hijackers wettiglik mag werk?

Johanna Botha ·

Eintlik deur niks daaraan te doen stem die polisie saam met die onwettige bedrywighede en keur dit eintlik goed …hellll die SAP is pateties !

Sue ·

Lynnwood en Simon Vermooten…mense jaag in beide strate na 9 in die aand in iedergeval so teen 120kmph. Geen hijacker kan hulle injaag nie. Kry eerder Metro cops op die paaie..nie vir hijackings nie..maar vir spoed en dronk bestuur!

Alida ·

Ai mense bedaar tog tenminste wys die SAPD die punte uit. Ons kan niks doen of dit verhoed nie maar ons kan tenminste meer oplettend wees by alle robotte of stopstrate. As mens jou oe oophou en om jou kyk kan jy miskien soiets verhoed. Vra my ek is daardeur en kyk heeltyd rond. Probeer net en hou op om altyd die polisie uit te skel. Almal is nie korrup nie.

Martie ·

O maar hul noem nie DF Malan in pretoria nie almal vrees df malan en ek glo nie dis al die plekke nie

GES ·

Padtekens wat sg “hotspots” aangedui het is verwyder in die verlede. Wat is die nuutse benadering?

My tweesent bydrae ·

Hulle het ingange by huise vergeet . Dit sluit elke huis in Suid Afrika in .

Dan ·

Feitlik die hele Pretoria, of sal mens sê Gauteng, is ‘n “hotspot” vir kapings en ander misdaad. Ek was onlangs in Pretoria se middestad – en dit was die heel laaste keer. Absoluut ongelooflik. En ek sien toe nie eens EEN liberalis of “verligte” wat daar rondloop en inkopies doen nie. Dieselfde onlangs in Durban opgemerk. Hoekom is die mense wat so gretig vir hierdie bedeling gestem het nie in daardie areas nie? Julle het mos regte en die Grondwet sal julle beskerm, of hoe verstaan mens julle “redenasies”?

Johanna Botha ·

Dan jy is SO reg in jou waarneeming …presies waar is die verligtes …agter tralies en deure vasgekeer in hulle eie selfgemaakte tronke met geen vooruitsig na jare se belasting bydaers om eers n pensioen van die korrupte staat te kry nie…so daar het ons dit !

snoefie ·

vraag is….., noudat die hotspots geidentifiseer is, wat gaan sapd daaromtrent doen? gaan seker vir die kapers wenke gee oor hoe om te keer dat jou prooi ontsnap EN hoe om te keer dat die kapers nie raakgery word nie.

Blom ·

En wat van die hoek in Garsfonteinweg by Woodlands?????? Daai hele Woodlands area is n gevaar. Wys net hulle wys iets maar doen niks nie. So is ons ooit veilig in die land of erder iewers????

sarie van heerden ·

Die dag en tyd van kapings het ook verduidelikings nodig. Vrydae middag hier by 4nm want dan begin die polisie se naweek. Ons is 4uur op ‘n Vrydag gekaap en dit is die inligting wat aan ons gegee is toe ons dit rapporteer. Die kapers is aangekeer maar die dag toe die saak voorkom het die aanklaer ‘n groot tandpyn gehad en het verder niks van die saak geword nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.